ISBN: 978-1-311-77097-4
Hierdie boek is interaktief en dus kan die leser kies of hy of sy die Erotiese Weergawe (waar seks beskryf word) of die Romantiese Weergawe (Waar seks nie beskryf word nie), wil lees, deur die kies van ‘n skakel.
Waaroor die boeke gaan:
Anton se begeerte:
Hugo Smit, musiekonderwyser en liedjieskrywer se hele lewe stort in duie toe sy vrou en twee dogters hom wegjaag, na Melanie hom valslik beskuldig het van ontrouheid, omdat hy nie by haar wou slaap nie. Sonder sy dogters is hy dood. Hulle wil hom nie weer sien nie. Hy versin sy dood en neem ‘n nuwe identiteit aan.
Linda Bekker se lewe kom wreed tot stilstand toe haar Pieter aan ‘n hartaanval sterf. Sy is werkloos en moet vir klein Angela sorg. Sy ontmoet die nutsman wat liedjies skryf, Anton Beukes en sy kry weer geluk.
Sy moedig haar man aan om te sing by die skool en hy maak ‘n sukses. Hy het ook haar dogtertjie aangeneem as sy eie. Maar Linda sien die hunkering in hom om weer sy dogters te sien en hulle net een keer vas te hou.
Elizna, ‘n musiekliefhebber merk op ‘n dag op dat iemand haar oorlede pa se musiek skryfstyl naboots. Hy gebruik dieselfde uitdrukkings. Sy begin na hierdie nabootser soek, maar kan hom nêrens opspoor nie.
Beide susters, Elizna en Jolene se geluk word onder hul uitgeruk toe hulle die nuwe treffer op die radio hoor, nog net een keer, van ‘n vader wat sy dogters nog net een keer wil vashou. Hy sing van die skok in hul oë en die veragting toe hulle hom weggejaag het. Hulle besef hoe hul pa moes voel, veral omdat hulle weet hul oorlede pa is onskuldig.
Wanneer hulle een dag, na ‘n lang soektog die geleentheid kry om na die realiteitsprogram van Wouter op die televisie te kyk, besef hulle Anton Beukes is hul oorlede pa, en hy leef. Hulle woon selfs sy konserte by, maar sekuriteit weerhou hulle om hom te sien en weer versoen te raak.
Adri:
Adri het Morné onwetend lelik afgejak en hy het aanstoot geneem toe sy gesê het hy sal nie by haar pas nie. Dit was Morné se eerste liefdesskuif op Adri. Morné het gevolglik in die buiteland gaan werk vir nege jaar na hy vir een jaar vliegopleiding ondergaan het. As radio omroeper is sy getaak op een oggend in haar vriendin Ronel se plek te gaan vlieg op die ontbyt verkeersvlug. Tot haar skok besef sy die vlieënier is Morné. Sy kon hom na al die jare nie vergeet nie.
Hul vriendskap bly platonies en sy besef spoedig sy is nog lief vir hom, maar hy wil niks weet nie. Na verloop van tyd word sy sy buurvrou en verdiep hul vriendskap en kry sy hoop. Onwetend, omdat sy nie oop kaarte met hom gespeel het hoekom sy hom nie na die dans kan vergesel nie, maar dat sy saam met haar kollega gaan, vevreem sy hom weer. Nou het sy geen hoop nie. Sy begin desperaat raak, want hy neem ander vroue uit, en sien haar net as platoniese vriendin.
Sy word mettertyd in die bestuurspos aangestel by Meyer Industries en sy werk nou saam met hom, maar van romantiese vooruitsigte is daar geen sprake nie. Hy wil ook nie met haar praat dat sy kan verduidelik nie. Haar vriendinne gee haar raad, maar sy maak geen vordering nie. Haar vriendinne staan haar by met raad.
Sonja se Sonde:
Die boek waaroor almal praat. Die boek gegradeer met aanbeveling dat elke vrou dit moet lees.
Sonja het die ideale huwelik en die man van haar drome. Hy aanbid spreekwoordelik die grond waarop sy loop en sy kry alles wat haar hartjie begeer. Hy koop vir haar ‘n nuwe huis en sy laat haar ophou werk. Hy ondersteun haar in haar naaldwerk stokperdjie en hy koop alles wat sy wil hê. Hy bemin haar met ‘n passie. Sy sweef letterlik van geluk.
Sonja het egter ‘n geheim. Sy kan nie werklik van haar verlede vlug nie. Haar eerste fout was om te swyg.
Wanneer sy afgepers word, en sy vrees dat Jacques haar mag los as hy haar geheim uitvind, swig sy en is sy ontrou. Sy word deur haar man op heterdaad betrap.
Haar hele vesting van huweliksekuriteit verkrummel en is nou slegs ‘n huis van kaarte. Sy smeek om vergifnis en hy jaag haar nie weg nie.
Sonja besef egter hy is gebreek en sy besef haar huwelik hang aan ‘n uiters dun draadjie. Sy vrees hy gaan vertroosting soek in die arms van ‘n ander vrou. Sy kry geen geleentheid om van haar sonde te vergeet nie, want die media, televisie, tydskrifte en rolprente is vol van buite-egtelike verhoudings en ontrou en sy word telkemale aan haar verraad herinner.
Hoe gaan sy hieroor kom, sonder om hom van haar verlede te vertel? Hoe gaan sy hom oortuig dat sy nie afleiding gesoek het omdat hy haar nie vervul het nie? Hoe kan sy hom oortuig hy is alles in haar lewe?
Hy glo haar nie. Hy glo hy is ontoereikend. Hy glo sy wil haar brood aan beide kante gebotter hê. Sal ‘n ander vrou hom kan leer? Sal ‘n ander vrou se boesem die seer in sy hart kan verminder? Ontrouheid aan sy kant met ‘n ander vrou uit wraak, is dit nie suiwer onvergewensgesindheid nie? Is Sonja se daad nie maar net werklik haar desperate poging gewees om vir haar huwelik te veg nie?
Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.
Koop:
Elektronies:
Teen $5.69 (moni weergawe) en $19.99 (slapband weergawe)
EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).
Slapband:
Teen $19.99 (Slapband)
EFT is nie vir Createspace moontlik nie.