ISBN 978-0-620-66984-9 (epub)
ISBN 978-0-620-66985-6 (mobi)
ISBN 978-1-53344873-6 (Gedrukte boek / Printed book)
Wanneer Yolanda vir Marius Van der Sandt, die skrywer, ontmoet is dit liefde met die eerste oogopslag. Alle verloop reg en die verhouding groei vinnig. Yolanda weet gou genoeg dat hy die man is wat sy wil hĂȘ.
Wanneer sy hom egter weens ‘n misverstand verstoot, is hy weg en kan sy die wiel nie terug draai nie. Hoe lank moet sy wag? Sal hy haar vergewe? Sy het hom veroordeel en hom nooit ‘n kans gegee om homself te verdedig nie. Is hy vir haar verlore?
Wanneer sy die nuus kry dat hy terugkom is sy uit haar nate, maar die noodlot probeer keer …..
Hierdie boek bevat ‘n toneel van seks en is nie geskik vir lesers onder sestien nie.
Goodreads.com resensies:
Johnny Weizmuller (5 ster)
Hierdie is die skrywer se debuut boek. As dit die gehalte is van sy verhale gaan ek nog lank hierdie skrywer se boeke koop. Dit was oor en oor die moeite werd.
Dit is die tipiese liefdesverhaal, maar anders as die kort boekies wat jy oopmaak en dan is dit reeds klaar gelees. Hierdie is ‘n lekker lang verhaal.
Elke dag gebeur iets en die liefde tussen die jonger Yolanda en die ouer Marius word goed beskryf. Hul gevoel vir mekaar, hul eerste soen, die eerste keer wat hy aan haar gevat het maak hulle werklike mense. Die kuisheid om te wag tot daar ‘n ring aan hul vinger is maak die vrhaal wenslik vir die leser. Daar is net een toneel in die hele boek, naby aan die einde. Die manlkke karakter is volop grappies en verrassings.
Die leser kry saam met die karakters seer toe die breuk tussen hulke ontstaan. Die leser is net so bevrees toe die operasie gedoen word. Die vreugdes raak die leser se hart net so. Yolanda se beurt word uitstekend beskryf. Haar ontluiking van ‘n jong student tot volkome vrou word baie goed beskryf.
Hierdie boek is beslis ‘n boek wat ek weer gaan lees. Ek beveel dit aan vir almal wat ‘n goeie boek kan waardeer. JW.
Elsa Naude (5 Ster)
Yolanda se beurt is ‘n boek wat ek werklikwaar geniet het om te lees. Dit is beslis een wat ek vorentoe weer gaan lees en sal aanbeveel.
Die skrywer slaag daarin om die twee hoofkarakters voor die leser te stel as ‘n ongelukkige man en ‘n vrou wat nog nooit geluk ervaar het nie. Sy weet wat is haar beperkings.
Hul liefde groei deur die boek en die liefde is skoon en mooi beskryf. Hul liefde word voor ‘n baie groot toets gestel, maar ware liefde deurstaan alles.
Die skrywer beeld versoekings uit en hou die karakters by hul beginsel dat hy wil wag tot daar ‘n ring aan haar vinger is.
Yolanda se verhouding met haar ouer susters en moeder word baie natuurlik aan die leser uitgebeeld. Haar verhouding met haar vriendinne is soos ek dit in die alledaagse lewe sien. Die einde is verrassend en die sneesdoekies moet nader getrek word.
Die taalgebruik is so mooi. Die karakters praat soos ons praat en nie soos in ‘n letterkundige werk nie. Die humor is goed. Die meisie se bereidheid om haar vrees op te offer vir die hoofkarakter is baie natuurlik. Die karakter Anne is puik.
Wat ek van hierdie boek hou is dat die storie nog lank nie klaar is na die groot vraag nie. Nog baie gebeur.
Elsa.
Koop:
Elektronies:
Teen $6.99 (mobi weergawe) of $12.00 (Slapband).