Boswa in bou

EK deel graag hier met u die bou van my boswa, die modulêre tipe van konstruksie metode wat ek gekies het. Ek wou nie deur die probleme gaan om die onderstel te bou nie en gevolglik het ek gekies om die onderstel, klaar te koop, waar ek die boks kan bou. Deur die onderstel self te bou (dit is toelaatbaar), moet jy ‘n ingenieur aanstel om jou onderstel te sertifiseer en dit kos duur en kan nog duurder word as jy iet moet oor sweis. Hier is die proses van begin tot einde van die “Boskasteel Mk1.” Die boks bout vas op die onderstel en ek kan dit weer verwyder en ander een of tipe tydelik heg. Dit wor as “Kokerbak” geregistreer.

EK het die onderstel by Vtec gekoop op grond van hierdie prentjie en die onmiddellike reaksie van Jan van Trailerrent, Goodwood.

Hier is die onderstel wat ek ontvang het. Die vloer is 595 mm bokant die grond. Die bande is 15 duim.

Die onderstel is lekker stewig en van 75 x 38 x 5 mm kanaalstaal vervaardig.

Die A-raam is gesertifiseer en van goeie ontwerp.

Die Chevron en nommerplaat moet verwyder word sodat daar plek is vir die boks op die volle voetafdruk van die onderstel. Ek gaan dit op die deur aan die agterkant heg.

My sleepwa se gesertifiseerde dravermoeë is op die plaatjie. Nou is ek wettig om swaarder as 750 kg te gaan, maar ek moet eers ‘n ander sleepvoertuig koop. Dit sal met tyd kom.

Die eerste verandering was die inbou van skokbrekers. Ek het die 1976 VW kewer se skokbrekers gekoop. Dit is ‘n standaard grootte wat altyd beskikbaar is oor die toonbank. Ek het beplan oor grootte en beweeglengte en dit was die naaste en goedkoopste en was sommer van die rak af beskikbaar. Ek het self die koppelstukke vervaardig en vasgebout na galvanisering. Ek het hoë sterkte boute gebruik.

Daar is voorsiening gemaak vir die beweging van die as na agter soos die bladvere “platter” sal buig soos gewig gelaai word of as die wa oor knikke beweeg.

Hier is die agteraansig van my voorlopige plan. Ek teken net gedeeltelik. Die res is in my kop. Ek is deeglik bewus in my agterkop dat ek die plan nog heelwat gaan aanpas met verloop van tyd.

Hier is die sy-aansig.

Na bestudering van my plan en vergelyking met sonpaneel groottes en ook die hanteerbaarheid daarvan het ek die plan gewysig. Die witter merke van Tippex is sigbaar.

Die sy-aansig het ook heelwat verandering. Ek het die sydeur voor groter gemaak om plek te maak vir ‘n opvou tafel. (Byvoeging: Ek berg nou die sonpaneel voor).

Ek bou in modules. Ek het vêr gevorder met my elektriese paneel. Dit moet behoorlik getoets word voor dit ingebou word.

 

Ek het 4 x 80W panele gekoop en het hulle twee-twee met skaniere om dit hanteerbaar te hou.

Ek het die agterkante versterk as beskerming. Die panele moet nog sakke van seil kry en bedraad word.

Ek het die Victron 100V 30A MPPT sonkrag reguleerder. Ek het drie opsies om die panele te koppel.

 

Op die oomblik is die tweede opsie die beste een om te neem en doen ek my beplanning so. Ek het amper die volledige idee hoe groot die neuskas gebou moet word. Ek sal ook eersdaags die toetse doen om te kyk of my krag opset korrek funksioneer.

 

Hier het ek die sleepwa se agterkant in sig. Die nommerplaat stut moet weg, want die agterste swaaideur moet daar kan oopmaak. Ek sal later die chevron en nommerplaat op die swaaideur monteer.

Die vloerplaat is 2mm gegalvaniseerde plaat. Ek het dit geheg met Sikaflex 552, hebried poliyuritaan gom, waarmee motors se panele geheg word. Wanneer die boks se raam op kom, word dit vasgebout, dwarsdeur die vloer ook. Die nommerplaat en chevron is verwyder.

Vooraansig. Die sleepwa kry sy eerste oefening. Ek pak heelwat stene op om die plaat tydens die droogword van die gom vas te hou.

Volg ook die vordering op die 4×4 Community forum. U kan die ander forumlede se kommentaar lees. Kliek hier om daarheen te gaan.

Die eerste pak snitte is gemaak. Die hoeke moet noukeurig gemeet en gesny word. Geen foute mag gemaak word nie.

Die plan word noukeurig gevolg. ‘n Gedeelte word beplan soos ek vorder.

 

Die hoeke moet volkome haaks wees. Dit is nie onderhandelbaar nie. Ek gebruik my sweistafel se hoeke as gids. Die staal word vasgeklem om beweging te voorkom tydens sweis.

 

Ek het driehoekies ingesweis om buiging te voorkom. Totdat die bak vasgeheg is, is dit effens buigbaar, want 25 x 25 x 1.6 mm vierkant buisstaal is maar dun.

 

Die eerste vertikale paaltjies is nogal ‘n taak om akkuraat te sweis. Eers as die dwarslatte op is, sal die stabiliteit beter wees.

 

Die boks is nou voorsien van die eerste dwarslatte en dit gaan beter. Die struktuur is jou baie meer stabiel en sterker.

 

‘n Klein bietjie verder. Die basiese uitleg is meer verstaanbaar.

 

Nou is die kompartemente meer sigbaar. Ek kolsweis net eers alles aanmekaar en dan sweis ek alles behoorlik.

 

Hier is ‘n skets van die hoof laai wat agter uit skuif. Dit is die mees ekonomiese ontwerp vir my.


Is Lood Kristal batterye besig om terug te val in verrigtingsvermoë?

Ek weet ek gaan dalk op geharde gebruikers van Lood Kristal batterye se tone trap, maar laat dit dan maar so wees.
Ek het heelwat navrae gedoen en navorsing op Internet, omdat ek die korrekte, ingeligte besluit wil neem oor watter battery of batterye ek in my slaapwa moet bou. Ek benodig ten minste 200Ah. Ek verkies een battery instede van twee wat in paralel gekoppel is. Op hierdie stadium is ek nie geïnteresseerd in ‘n gewone loodsuur battery nie. Dit is te beperk vir my idees. Vir ‘n klein bietjie meer in koste, kan ek soveel beter kry.
Ek het vrae gevra op ‘n populêre forum en selfs deur privaat boodskappe. Ek het ure en ure se navorsing aanlyn gedoen en my keuse is ‘n OmniPower AGM/Gel OPR hibried battery met 240Ah kapasiteit, na ‘n mede forumlid voorgestel het ek sal dalk na hierdie battery se spesifikasies wil kyk. Hy was so reg gewees.
Hoekom nie ‘n Lood Kristal nie?
‘n Betta 200Ah lood kristal kos R8000.00 (afgerond.- kos meer)
Die Omnipower AGM/Gel hibried OPR 240 Ah is R5000.00 (R4400.00 plus btw).
Dit is drasties goedkoper en ek moes weet of die R3000.00 meer vir die lood kristal my werklik R3000.00 se beter verrigting sal gee, of indien ek die goedkoper opsie neem, sal my verrigting met amper die helfte daal?

Spesifikasies vir die Omnipower 240 Ah:

4300 siklusse vir 20% DOD (48 Amps bruikbaar van die 240 kapasiteit)

2800 siklusse vir 40% DOD (96 Amps bruikbaar)

1800 siklusse vir 60% DOD (144 Amps bruikbaar) [lood kristal het 2100 siklusse, jy kry slegs 120Ah van die 200A kapasiteit]

1000 siklusse vir 80% DOD (192 Amps bruikbaar) [lood kristal ook 1000 maksimum, maar die lood kristal is beperk tot 60A]

300 siklusse vir 100% DOD (240 Amps bruikbaar) [lood kristal 500, maar lood kristal is beperk tot 200A]

Self ontlaai tempo:

100% tot 50% – 10 maande (40°)

100% tot 50% – 13 maande (30°)

100% tot 55% – 18 maande (20°)

100% tot 70% – 18 maande (10°)

Laai teen 14.4V

Luier/dryf teen 13.65V.

Ek sal nooit die battery in my leeftyd kan opgebruik nie (ek kan nog net soveel jare leef). Ek het genoeg krag reserwes om ook ‘n ysmaker deur ‘n omskakelaar te kan bedryf. Die groot prysverskil is net nie regverdigbaar vir my nie. Kyk maar na die grafiek en sien self dat die lood kristal nie so goed doen soos adverteer in my persoonlike mening nie.
Daar is ook nog steeds ‘n hoë syfer van mislukkings ten opsigte van lood kristal batterye. Hulle hou nie van hoë hitte of skok nie. Hoekom betree nie meer battery vervaardigers nie die veld van lood kristal batterye nie? Is die gel batterye besig om meer koste-effektief te raak? Ek is van mening dat die nuwe gel hibriede die lood kristal batterye nou ‘n regverdige pak slae gee ten opsigte van koste en werkverrigtinge.
Teen amper dubbel die prys, lood kristal is nie dubbel die werkverrigting nie. Volgens die grafiek is die OmniPower hibried, wat binnekort vrygestel word, ‘n heelwat beter, ekonomiese opsie. Van R5000.00 tot R8000.00 is ‘n 60% toename. U kan ook argumenteer dat R3000.00 37.5% is van R8000.00, maar dit is nie belangrik nie. In die kamp omgewing is die lood kristal nie besig om soveel beter te presteer as wat die koste meer is as die nuwe Omnipower hibried nie.
Ek kan met gemak werk met 40% van die hibried battery se kapasiteit, en dit gee my 96Ah, met ‘n leeftyd van 2800 siklusse, of selfs 60%, wat my 144Ah gee teen 1800 siklusse. Wat meer het ek nodig? Ek kan nou my kampyskas, ligte, ‘n ysmaker, dalk nog ‘n yskas of frieskas, ek kan al my selfone en skootrekenaars laai, en selfs ‘n mikrogolfoond of koffiemaker deur ‘n omskakelaar (spaarsamige gebruik natuurlik).
Dit is my persoonlike mening en hoekom ek die keuse gemaak het om nie ‘n lood kristal battery te koop nie, maar die goedkoper hibried.

(Bywerking 2023-06-13: Nou is Lithion batterye die beter opsie, maar ek het reeds gekoop. Dit sal my nog jare hou. Lithion is egter otsettend duur).


Die boks, sonder die sybokse en neusboks is nou basies daar. Nou is daar heelwat sweiswerk en skoonmaak wat voorlê voor die plate vaskom. Die boks is nog net geklamp aan die bak. Dit sal later vasgebout word.

 

Die onderskeie kompartemente kan onderskei word vir die wat weet wat beplan. Die agterdeur se hoeke is versterk om die groot en swaar deur te dra.

Die wa van voor. Ek het die voorkant met ‘n X van platyster versterk.

 

Ek maak seker dat daar volle penetrasie is vir maksimum sterkte.


Ek het vandag heelwat gesweis. Nou is daar heelwat hoekslypwerk om te doen en dan nogmaals sweis. Ek sal binnekort met die sy bokse begin. (Bywerking: Ek het die idee van sybokse laat vaar want dit is onwettig om die gasbottels in ‘n houer te berg).

Ek het my Omnipower 240 Ah gel/agm battery gekry. Dit weeg 62kg. Dit het nie uitstaande pole nie. Ek moet 8mm boute gebruik om die kabels te heg.

Ek het my battery getoets en gelaai. Ek het dit ontvang op 12.8 V. My laaier het ek op maksimum gestel en dit het op 14.9 A begin laai. Dit het gelaidelik begin sak. Hier wys dit 4.2 A. Die kamera is te vinnig om die flikkerende LED te lees.

Dit het lank geneem om te laai tot vol. Die bettery het geensins warmte opgetel nie.


 Ek het Saterdag die Sonpanele getoets soos ek verduidelik het. Twee in serie, parallel gekoppel aan twee in serie. Dit werk een honderd persent. Ek het my boor op die inverter getoets en dit werk ook. Hier is die laaier nou op toets. Ek is heel tevrede. Dit is opmerklik dat die Adendorf batterylaaier beter werk op die AGM battery, want die Black and Decker het al afgeskakel en aangedui dit is vol. Hierdie een loop nog lank op die stadige, lae amps van 2.6A.

 

Ek het die battery monitor nog nie gekoppel nie. Die Shunt is egter in plek. Die swart draad wat opgerol is, is die bluetooth module. Die UPT draad is lewenslank. Ek gaan kyk of ek nie ‘n kortetjie kan kry nie.

 

Die battery is nogal groot. 480 mm lank.

 

Die standaard Loodsuur diep siklus battery (105 Ah), teenoor my nuwe  (240 Ah) AGM/Gel Hibried monster.


29 April 2018

Ek het weer verder gewerk aan die sleepwa. Daar was heelwat sweiswerk en hoekslypwerk wat gedoen moes word. Dit is steeds nie klaar nie.

 

Die sleepwa se boks is onderstebo om die ongemaklike sweiswerk te kan doen.

 

Die sleepwa is bakloos. Ek merk die plek waar die bak sal lê om die Soudaflex the smeer.

 

Ek het ‘n volledig herboude Engel 80L gekoop by Danie van Fastener Warehouse vir R4000,00. Hy werk soos ‘n bom. (Bywerking: Hierdie ou is net basies, 12v en 220V. Dit skakel nie af as die battery laag is nie. Dit is al wat ek nodig het).

 

Die bak is op die onderstel. Ek moes die eerste twee plate voor die hegting heg omdat ek nie met klinknaels agter die modderskerms kan bykom nie.

 

Die gom peul uit toe ek die boute vasdraai. Dit is behoorlik geseêl.

 

Ek heg die boks aan die onderstel met voldoende boute. Dit voldoen ook dan aan die defenisie van Kokerbak, waarvoor die lisensie op die onderstel uitgereik is. Ek kan enige bak heg sonder om die sleepwa weer deur die toets te sit. Die regterkant se bout is nie in die pad van die agterdeur nie.

 

‘n Kompromie is aangegaan. Die bout is nou nie in die pad van die agterdeur nie. (Van bo gesien).

 

Die kombuis se ribbe word onder versterk om die gewig te kan dra.

 

Die vloer is geheg en aluminium hoek word gebruik om die hout se hegting te versterk. Lym word ook gebruik.

 

Die boks is ongeveer 1400 mm wyd, 400 mm diep en 500 mm hoog. Dit is redelik groot.

 

Buiten Alcolin lym, gebruik ek aluminium hoek en skroewe om enige buiging te keer.

 

Links kan gesien word dat die kant voor geheg word met aluminium aan die hoof boks se raam.

 

Die basiese kombuiskas is klaar. Dit sal later met poliuretaan behandel word.

 

Die sye is ook gestut en gegom.

 

Die stofie is op ‘n raam van “lip channel” gemonteer. Die gietyster pootjies waarmee die stofie uitkom breek te maklik. Hier is die stofie binne gly gidse gemonteer sodat dit maklik kan in en uit getrek word, sonder om die rubbers van die deur te beskadig of om die houtwerk te krap. Ek het dit so ontwerp dat dit verwyder kan word as ek dit eendag moet vervang. Die rakkies word bo-oor dit gemoteer en dan sal dit meer professioneel lyk as nou. Hierdie stofie het twee groot branders en sal koffiewater gou tot kookpunt kan bring. Op regterkant kan gesien word dat ek voorsiening gemaak het vir die staal stroke waaraan die deur rubbers geheg word. Ek sal dit later heg.

 

Die raam van die neuskas is in ‘n gevorderde stadium. Dit sal binnekort gewys word. Die elektriese paneel is al getoets en werk na wense. Ek het die kombuisraad gekoop, maar onse genade, dit is vrek duur.


Die papierborde en papierbord houers is bo en voldoende houers is onder vir koffie (twee soorte), tee, Cremora, Suiker, Warm sjokolade en versoeter. Ek sit hierdie kruideniersware hier, omdat dit ‘n hele paar keer per dag gebruik gaan word.

 

Die ketel pas net mooi in. Ek sal later die rekke in sit om alles in plek te hou terwyl ons ry.

 

Die laai is nou gebou in die linkerkantste helfte bokant die stoof. Die handvatsel sal later aangheg word.

 

Uit ‘n ander oog.

 

Die laai is toe. Dit is net groot genoeg om regs toe te laat vir die ketel en, koffie en papierborde.

 

Die boonste laai is in plek, met voorsiening vir Pap borde, Klein bordjies en bekers.

 

Die laai is toe. Ek sal later die voorkant toemaak. Wil nie nou hout sny daarvoor nie.

 

Die borde is links en ook ‘n snybord. Regs is twee groottes glase. Onder is die broodblik om brood vars te hou. Ek het die gaping hoog genoeg gemaak sodat ek hom voor kan lig oor die rubber wat die deur seël.

 

Skuins aansig dit gee beter beeld van kombuis. Ongeveer twee derdes is klaar.

 

USB Sok. Die vier USB sokke is 2.4A elk en sal selfone teen maksimum spoed kan laai. My 240 Ah battery sal dit nie eers voel nie. Onder is ‘n Hella sok.

 

Laaste derde van kombuis. Die brandblusser is links geheg. Bokant hom die 220V sokke en die USB sok kom net onder dit. Hier gaan ek rakkies maak vir ander benodigdhede soos speserye, waterlose handsaniteerder, die elektrise ketel, ens. Die kombuis kry nog ‘n groot Laai bokant die yskas vir die kastrolle en groot lepels. Alles kry 12V ligte.


30 Junie 2018

Hierdie laai het ek laat buig vir die twee stelle sonpanele. (Bywerking: Ek gebruik dit nou vir die tafels).

 

Ek moes hier ‘n kompromie aangaan deur die neuskas hoog en wyd te bou, maar kort weens beperkte spasie. Die handrem se hefboom vat heelwat plek. Hierdie neuskas se inhoud is egter heelwat meer as wat dit op die oog af voorkom. Dit gaan drie deure hê en my elektiese stelsel en kragopwekker huisves.

 

Hier is die neuskas se sy-aansig. Die plate sal eersdaags geheg word. Hierdie kas is groot genoeg om my hele elektriese stelsel te huisves. My kragopwekker kom ook hier. Hallo, kritiseer maar, ek sit ‘n kragopwekker by want ek kan en wil. Dit kan my dag dalk red. Laat hom agter in ‘n toe bakkie loop en hy is sagter as ‘n motor wat luier.


2018-10-17

Ek het weer verder gevorder met my neuskas se bou.

 

Ek gebruik die swaardiens konsertina tipe klinknael tipe om die klinknaels van vlekvrye staal te heg.

 

Ek het nie lank gewerk voor een van die tande gebreek het nie. Ek kon los tande kry na ‘n gesoek en ek het ook geleer hoe om die klinknael toestel in te stel dat die tande optimaal knyp. Hierdie een is vinnig en trek diep, maar hou nie van kortsteel klinknaels nie.

 

Die boks van die sleepwa se voorkant is geheg met Soudaflex gom en klinknaels. Ek heg die kosmetiese hoek aluminium heel laaste.

 

Die plate word met Soudaflex gegom en ook met ‘n paar klinknaels geheg. Agterna, wanneer die hoeke kom, word baie klinknaels gebruik. Ek gebruik 4.8 x 16 mm mariene graad vlekvrye staal klinknaels. Die wit strepies wys waar is die dwars vierkante buisstaal. Nou kan klinknaels akkuraat geplaas word.

 

Vloer van neuskas word van binne af bo-op dwarslatte geheg.

 

Plate word na gom geklamp om behoorlike hegting te verseker. Dit moet ook waterdig wees.

 

Die gom word mildelik aangewend om behoorlik te versprei. Hier is dit om die gebuigde hoekysters te heg vir die deur se rubbers.

 

Die deurrubber hoekysters word rondom elke deuropening geheg.

 

Die binnekant van deuropening is sigbaar.

 

So gaan die deurrubbers lyk en heg.

 

My hand wys idee van skaal.

 

Die gom peul uit onder druk, wat wys dit seël behoorlik.

 

Die deur se opening wys nou mooi detail.

 

Behoorlike klamping is nodig.

 

Die kosmetiese hoek aluminium word ook gegom en geklamp.

 

Die aluminium hoek profiel moet in lengte smaller gesny word om in te pas. Ek klamp reguit staal vas as gids en sny dan met dun lem hoekslyper.

Die hoek profiel van aluminium gaan bo-oor die L profiel wat rubber vashou. Dit vertoon nou ook kosmeties mooi en word met gom en genoegsame klinknaels geheg.

 

Hierdie deur holte is amper klaar. Nog net drie kante moet hoek profiel kry. Die rooi word met poliuretaan verf geverf, wat minimum sewe jaar bestand teen direkte son bied. Dan kom rubbers op en word deurtjies gehang.

 

Op die dun gedeelte plaas ek smal aluminium profiel wat dieselfde dikte is as die trapplaat wat ek gebruik. Die kosmetiese hoekprofiele gaan dit in geheel bedek.

 

So gaan dit lyk voor ek die rooi kakie verf en die rubbers oor druk.

 

Tussen die hoof boks en die neuskas in ‘n dun spasie. Bo-oor die gate plaas ek digte skuimrubber, wat saamgepers word as ek die boute styf draai. Dit sal dan verhoed dat vog mag deurdring. Ek moet hier nog die twee groot gate doen. Die elektriese kabels word deur die groot gate geryg.

 

Gate soos gesien van binne groot bok af.

 

Die neuskas is gemonteer.

 

Die sponsrubber kan tussen die twee lae plaat gesien word.

 

‘n Watertenk sok van 40 mm is hier gebruik, geseël met Soudaflex. Gesien vanuit neuskas.

 

Gesien vanuit boks. Vog sal nie hierdeur dring nie. Die plate se skerp kant sal ook nie die drade deur skuur nie.

 

Die elektriese paneel is nou vasgeheg.


2019-01-05

Ek het  verdere vordering om te rapporteer. Dit is oor ‘n tydperk gedoen.

 

Nou gereed om met die “klerekas” te begin. Die raam is teen roes behandel. Regs in die middel kan die sleepwa se voorkant gesien word met die tenk uitlaat waardeur die drade gaan loop.

 

Hier het ek by die neuskas die elektriese sok geïnstalleer. Ek gaan nog ‘n klein deurtjie regs maak waardeur die sonpaneel se drade moet gaan.

 

Die raam is gedeeltelik geverf met poli-uretaan verf. Die rooi gedeeltes is so met ‘n doel gelos, dit is waarteen die plate met soudaflex geheg word.

 

Agteraansig. Die blink laai/rak wat sigbaar is, is die gleuf waarin my twee sonpanele skuif. Ek het 4 x 80W panele, wat ek in 2 dubbel panele geheg het wat soos ‘n boek toeskanier. Elkeen het sy eie toerits swaardiens seil sak om dit te beskerm.

 

Bo-aansig van die sonpaneel rak.

 

Die “klerekas”, soos gesien vanuit die yskas kompartement.

 

Die swaardiens kompartement. die vloer sal dik wees om swaar goed te kan hanteer. die lelike hoekaluminium sal nie van agter af gesien kan word nie. dit hou die sonpaneel rak vas. Vanaf die punt waar die kamera nou kyk kom ‘n plank plaat wat dit toemaak.

 

Agteraansig. Die swaardiens rak het nog nie sy vloer nie. Regs is die “klerekas” sonder die kante en bo is die sonpaneel rak.

 

Hier heg ek die aluminium hoek om die kante van die “klerekas” te heg. Dit sal nie in die pad wees van die kompartement se skeidingsplaat van laaghout nie.

 

Die opening het nou reg rondom aluminium hoek, met genoeg gaatjies in om die laaghout afskorting behoorlik te heg met skroewe. die mooi kant is wat jy sien. Die lelike kant word deur die laaghout afskorting op ‘n latere stadium bedek.

 

Die dik plankvloer is voorlopig geheg. Dit kan swaar artikels hanteer.

 

Die “klerekas” se kante is geheg en lyk nou netjies. Ek be-oog om twee seil sakke te maak wat mooi in hierdie holte pas vir my en SWAMBO. geen plek gaan vermors word nie. (SWAMBO: “She who always must be obeyed”).

 

Agteraansig. Regs is die “klerekas”, middel die swaardiens rak en links die kombuis. Ek gaan hierdie twee holtes vul met ‘n dikker laag hout. bo-oor die agterkant kom ‘n dun vel laaghout. Die agterkant van hierdie drie kompartemente is omgeveer 100 mm dieper as die agterdeur. Aan hierdie twee lae hout kan ek skroewe indraai wat gewig kan dra om klein boogsaag, byl, hammer, ens te dra. Ek wil dit nie buite wys om mooi te lyk nie, dit word te maklik gesteel.

 

Die swaardiens rak se vloer word met taximat bedek.

 

Hier begin ek met my yskas se laai. Die rooi is die 2 gebuigde stroke en ek het die koeëlaers met boute geheg Die geroeste hoekyster is die koeëlaers wat sywaartse beweging beheer.

 

Die hoekyster pas mooi en die beweging word op en af en ook sywaarts beheer.

 

Nog ‘n foto.

 

Geheelbeeld in lengte gesien. Ek het verkeerd gemeet en geboor. Dit werk egter uit.

 

Dele uitmekaar gehaal en geverf.

 

Inmekaar gesit en gate geboor onder vir hegting.

 

Regter en linker glykanaal.

 

Die kompartement skeiding van laaghout se hegtings groef word geheg

 

Van nader gesien.

 

Die laai se twee kanale word op ‘n plank strook gemonteer sodat die laai bo-oor die rubber van die deur kan beweeg. Hier is ‘n L strook met stukkie rubber geplaas om perspektief te gee.

 

Die eerste kant is geheg. Dit is nou hoog genoeg om te verseker dat die bewegende stuk bo-oor die rubber sal beweeg. Links (agter die kant) kan die aluminium hoekie gesien word wat die kompartement afskorting onder gaan vashou.

 

Die laai se meganisme is monteer. Die spasie links maak voorsiening vir twee opvou tafels.

 

Die hout plank is monteer waarop die yskas gaan staan.

 

In die oop posisie.

 

Die kompartement skeiding van laaghout is nou in posisie. Regs word ‘n blok eers oopgelaat. Dit sal geredelik verwyderbaar wees as dit eers bedek is, want dit gaan die bedrading van die kombuis bedek.

 

Die binnekant. Die stopper is in posisie sodat die laai nie te “diep” ingestoot kan word nie. Die battery word hier gemonteer, bokant die stopper. Die kompartement se linkerkant is nou mooi geverf en vertoon ietwat beter.

 

In perspektief.

 

Baie kan in hierdie foto gesien word. Die stopper wys dit is op maksimum oop. Die bewegende dele gaan bo-oor die rubber. Dit is vêr genoeg oop dat die yskas se deksel kan oopswaai en nie aan die sleepwa raak nie. koeëllaer 2de van regs hou steeds die bewegende deel in plek.

 

Van nader gesien. Die laai sal nie te vêr uitgaan en uitglip nie.

 

In perspektief met die deurrubber.

 

Die laai skuif diep genoeg in om verby die rubber te gaan en nie in die pad te wees van die deur nie.

 

Sypaneel in perspektief.

 

Ek het bietjie teespoed ook gehad tydens hierdie konstruksie. Ek was twee keer in hospitaal vir operasies en met die gepaardgaande periodes van herstel en tans het ek my gewrig beseer.


2019-07-28

Ek het weer verder gevorder met die bou, ten spyte van my besige skedule.

 

Die groot battery is op sy hout staander geplaas en die vier skroefdraad penne gaan dit vas klamp.

 

Die grootte van die battery kan gesien word. Omdat dit ‘n Gel / ATM hibried is, is dit dieselfde krag stoor waarde as vier 102 Ah loodsuur batterye. Waarde vir geld. Ek kan 80% benut, m.a.w. 196 Amp. Regs van die battery is die spasie waar die opvou tafels geberg gaan word.

 

Die battery se spesifikasies. Dit word gesien van die yskas se kant.

 

Die laai vir die yskas kan mooi gesien word. Regs is die kombuis en links is die neuskas. U kan nou die idee vorm hoe groot is die spasie vir die opvou tafels.

 

Die yskas is nou op sy plek.

 

Die yskas van die ander kant af gesien.

 

Die yskas uitgeskuif. Dit gaan heeltemal uit die sleepwa uit, sodat ek die deksel kan oopkry.

 

Die deur gaan net-net verby die sleepwa se kant.

 

Die kombuisie begin vorm aanneem. Die laaghout word geverf met ‘n poli-uretaan basis verf. Dit is duursaam en vertoon nie te onaardig nie. Ek verf tussendeur die ander werk.

 

Ek kan die yskas op 220V of 12 laat loop. Ek het twee Heller sokke geplaas om krag na die sytent of na bo te neem. Ek heg alle drade behoorlik.

 

Tussen die werkery deur, laai ek die battery weekliks om dit vol te hou. Dit is enige battery se behoud. So leer ek ook my stelsel ken. Deurdat ek dit self gebou en ontwerp het, kan ek dit self regmaak as iets fout gaan.

 

Ek heg ribbe tussen-in vir die dak.

 

Tussendeur beplan ek steeds.

 

Messelaai.

 

Die kombuis se dop.

 

Meer plaat word geheg.

 

Die plaat word geheg vir die deur se kosyn. Die regop gedeelte van die plaat is vir die deurrubbers. Die gaping kan gesien word om voorsiening the maak dat die rubber tussen die plaat en die hout kan ingaan.

 

Die gaping is hier duidelik sigbaar.

 

Meer rubberplaat word geheg.

 

Ek moes voorsiening maak daarvoor dat die kabel waaraan die werksblad hang uit die laaghout kan skeur. Nou is dit sterk genoeg.

 

Ek het aan die onderkant ‘n wye waster geplaas om sywaartse beweging te verhoed.

 

Hier is die linkerkant. Die kabels moet nie aan die rubber raak nie.

 

Die Rubberplaat word vooraf geverf.

 

Ek sny ‘n stukkie uit waar die plate oorvleuel. Dit vul ek later met gom op.

 

Ek gebruik voldoende Sudaflex, en sny dit wat uitpeul later weg.

 

Die kosmetiese aluminium hoek profiel word gegom.

 

Die profiel kan mooi gesien word aan die onderkant. Ek moet die klinknaels nog doen.

 

Die profiel word links gegom. Die grys gom wys waar ek die deurrubber plaat gevul het. Dit word later swart geverf.

 

Nog ‘n aansig.

 

Werk aan die agterdeur se kosyn begin.

 

Linkerkant. Die opening van die reuse laai vir die kruideniersware word aan die onderkant gesien.

 

Tussen die deur en die hout is so ongeveer 50mm spasie. Hier kom my byl, grafie, saag, ens. Ek is nie Rambo nie en niks word buite vir kosmetiese doel vertoon nie. My goed sal dus nie so maklik gesteel kan word nie.

 

Tussendeur moet ek tog seker die kombuis se toerusting toets. Die pan word by Makro verkoop en is van vlekvrye staal gemaak.

 

Die stofie werk.

 

Die pan moet eers warm word. Ek het so ‘n klein bietjie olie ingegooi.

 

Roerbraai van uie en sampioene.

 

Dan kom die boerewors.

 

Die pan trek skeef van te veel hitte. Gelukkig trek dit weer reg as ek die ergste afdraai. Die biefstuk sou in elk geval verbrand het.

 

Slegs kruie word op gegooi. Ek sout agterna on sagtheid te verseker. Hier is geen tekort aan hitte met hierdie stofie nie.

 

Doeksag. Geniet met ‘n lekker rooi wyntjie.

 

Hier kan die vlekvrye staal blad gesien word vir die pasmaak opvou tafel. Daar kom nog een vir die skottelgoed wasbak en afdroograk. As die spasie dit toelaat, sal ek nog ‘n tafel byvoeg. Vir diegene wat wonder hoekom die tafelblad net so breed is as wat die yskas hoog is, daar kom ‘n reuse laai bokant die yskas vir die potte en braaipan en ander los goed.

 

Aan die voorkant moet ek hierdie ringe heg voor ek die dak heg. Dit is om voorsiening te maak vir die houer waarin ek in die toekoms ‘n sonpaneel wil heg om die battery te laai terwyl ek ry.

 

Die stofie is weer op sy plek.

 

Nog ‘n aansig van die ringetjie.

 

Die ligging van die ribbe word gemerk. Dit vergemaklik die plasing van klinknaels.

 

Die hout stafie sluit die opening as die dak op is. Aan die regterkant van die rib Link, is hoek profiel geheg om die lasplek van die dak te versterk.

 

Die gom peul orals uit. Hoek profiel sal die hoeke netjies afrond.

 

En nog meer gom.

 

Die patroon weerskante van die las is amper perfek. Die las sal deur ‘n plat profiel versteek word en dan sal niemant dit agterkom nie. Die daktent kom in elk geval bo-op.


2020-03-15

Ek het verder gevorder.

 

Ek het konneksie blokkies gebruik om die drade te heg. Dit is nou geheel en al uit die pad van die bewegende laai en die laai sal nie enigsins die drade se isolasie beskadig nie.

 

Ek het hier ‘n monster van die rubber geheg sodat dit duidelik is die bewegende laai gaan nie daaraan raak nie. Ek verwys meer na die strook waaring die bewegende slot skuif. Dit steek verder uit as die laai self.

 

Die yskas is op sy plek. Die hout strook is net om die linker rubber metaalstrook te klamp terwyl die Soudaflex gom droog raak. Links is die tafelblad nog in die verpakking.

 

Die Staal strook word behoorlik gegom om waterdig te wees. Aan die linkerkant kan die toekomstige tafelblad gesien word.

 

Vanuit ‘n ander oog gesien. In die middel onder, kan die kakiekleur hoekyster gesien word waarmee die raam op die onderstel geheg is. Hier kon ek die boute van bo, deur die raam gebruik nie, want anders is dit in die pad van die deur.

 

Gesien vanuit die regterkant van die sleepwa. Die laai se beweging is so beplan dat daar voldoende spasie vir die drade gelaat is. Die hegblokkies is uitstekend vir hierdie doel. Die yskas bewegende laai se lang arms gaan onderdeur die battery (wit).

 

Die gom word mildelik aangewend om te verseker dat dit waterdig sal wees.

 

Hier is die gom wat oortollig was verwyder na dit behoorlik droog geword het.

 

Die klerekas se kosyn word geheg. Ek moes maar enige moontlike manier gebruik as jy nie genoeg klampe besit nie.

 

Die wa begin nou vordering wys en na iets te lyk. Hier is die kombuis en links daarvan is die yskas. Langs die yskas kom die twee tafels. In die neuskas kan ook twee klein tafeltjies kom. Bokant die yskas kom die potte laai.

 

Die dakrak vir die daktent is nou geheg. Dit is gegalvaniseerde staal. Dit is sterk genoeg om die tent se gewig te dra met twee volwassenes. Hulle kan maar dik wees.

 

Die dakrak metaal is behoorlik geheg met vlekvrye staal klinknaels.Voor en agter die boks word twee ringe geplaas. Ek kan dan op ‘n latere stadium sonpanele op die tent plaas met rekke geheg. Aan die voorkant kan ek ook ‘n seiltjie span om klippe te keer.

 

Nog ‘n aansig van naby van die laai se beweging bo-oor die kables. Daar is genoeg spasie dat die drade nie geraak word nie.

 

Hier kan die regterkant ook gesien word. Die bewegende deel beweeg bo-oor die drade en net links van die dik rooi draad van die battery.

 

Die blokkies kan gesien word waarlangs nog bedrading moet loop. Na dit met twee skroewe geheg is, is daar steeds ‘n gat vir die kabel bandjie. Dit mag primitief voorkom, maar ek wil nie by die kampplek sukkel nie. Die drade wat na die neuskas loop word in die vierkantige pyp geplaas. Die tafels sal dan nie hieraan kan raak nie.

 

Die bedrading in die neuskas begin nou besig raak namate ek die ligte ook gekoppel het.

 

Aan die onderkant, links en regs, kry die tafel kompartemente ‘n keer strokie, om die drade te beskerm.

 

Binne die tafel kompartement. Die skekelaars is goedkoop en kan sommer daar en dan herstel word, langs die kamp. Die LED ligte kos R20.00 elk en elkeen het ses LED liggies in. Ek het daarvan ook ekstra gekoop. Dot gebruik baie min krag. Die swart boksie is my bluetooth skakel. Die battery monitor sal met my foon konnekteer en ek sal die battery se status kan monitor vanaf my foon.

 

Ek het skoongemaak en die kanale bedek. Dit lyk beter en enige derde party sal dit maklik kan uitpluis.

 

Die kombuis se ligte brand. Ek sal later ‘n lig maak wat die tent ook kan verlig rondom die kombuis.

 

Die agterkant kry ook ‘n lig. Ons moet binne-in die laai kan sien. Daar is ook die swart konneksie boksie. Twee fone kan daar gekoppel word vir laai en uitbreiding na twee 12V kanale. Bokant is die rak vir die sonpanele.

 

Nabye aansig van die drie sokke.

 

Die vervaardiger spesifiseer die laaie se spoere as 1400 mm, maar dit is 1420 mm. Ek was dus genoodsaak om dit self korter te maak dat dit kon inpas.

 

Daar is drie stukke wat korter gemaak moes word vir beide spore.

 

Stutte word van hout gemaak, om die gewig te kan dra en eweredigheid te verseker. Die gate in die hout gelaat, is vir toekomstige uitbreidings.

 

Die stut is hier op sy sy. Die spoor word vasgebout teen die smaller hout en rus op die dikker een. Dit kan dus nie sywaarts beweeg nie en kan gewig dra.

 

Reg vir finale hegting binne die wa.

 

Hier is die prentjie duidelik. Die spore raak nie aan die deurrubbers nie.

 

Nog ‘n aansig.

 

Die spoor bestaan uit drie dele. Die buitenste (grootste) deel is staties vasgebout en net die binneste twee beweeg konsertina na buite en raak nie aan die rubber nie.

 

Hier werk ek binne die laai ruimte. Nogal groot.

 

Die paneel tussen die yskas en die kombuis bedek drade en moet kan oopmaak indien nodig. My hout het hier min geraak en ek wou nie ‘n nuwe vel laaghout koop nie. Ek het die paneel van drie stukke gemaak wat ek gelas het. Dit word geverf.

 

Hier is die pottelaai, met twee kompartemente. Dit skuif bo-oor die yskas in. Die binneste deel is platter omdat dit onder die sonpaneel laai inskuif. Al die groot kombuisware kom ook hierin.

 

Die laai op sy plek om konteks te wys.

 

Die laai kan van die ander kant af gesien word. Die yskas is nou op 220 V gekoppel. Die wit kabel is ingeprop. Die 12 V kabel is opgerol in die yskas se handvatsel. Die battery sok is net onder die 220 V een. Ek sal later die spasie bokant die battery benut.

 

Hierdie hegblokkies (25 mm) is soliede plastiek en baie sterk. Ek gaan dit by die deure en tafels gebruik.

 

Swaardiens skaniere word vir die agterdeur gebruik. Daar is drie. Ek smeer dit ook gom voor ek dit vasbout.

 

Vasgebout en waterdig.

 

Ek hou die plank dat u kan sien hoe die skanier gebuig is om voorsiening te maak vir die kosmetiese hoek aluminium en dus uiters geskik is vir hierdie doel.

 

Aan die linkerkant kom daar drie van hierdie klampe. Die gewig van die noodwiel is ‘n faktor wat nie buite rekening gelaat moet word nie. Ek vat liewer geen kanse nie.

 

Daar is genoeg ruimte tussen die deurraam en die laaispoor vir die rubbers.

 

Moes ‘n klein stukkie afsny om in te pas.

 

Die regterkant se stut is geheg en ingevou.

 

Die pottelaai se skuif sal dit in plek hou.

 

Gesien vanuit die neuskas. Die rubbers se stroke staal word behoorlik gegom en met klinknaels geheg.

 

Die yskas kompartement se kosyn word nou voltooi.

 

Die neuskas se hoeke word voltooi. Daar is nog klinknaels wat geheg moet word.

 

My gereedskap is te lank om die klinknaels in die klein deuropeninge te heg.

 

Hierdie een werk, maar ek sukkel met die vlekvrye staal klinknaels. Na ‘n paar raak dit veeleisend. Ek het maar twee stukke staal pyp oor die handvatsels gedruk vir hefboomaksie. Dan werk dit makliker.

 

Die bedrading word netjies saamgebind.

 

Die klinknaels hou net nie op nie.

 

Selfs die modderskerms moet dig gemaak word.

 

Die laste in die plaat moet kosmeties bedek word.

 

Sukkel lank genoeg en jy maak ‘n plan. Die vierkantige kanale is sommer oor die handvatsels gedruk. Nou is die hefboomaksie genoeg en dit werk maklik. Die gehalte van die toestel is goed, want dit hou steeds na al die misbruik.

 

Ek het ‘n nommer 2 Aluminium potjie bestel om gewig te bespaar. Dit is lig en werk uitstekend.

 

Kombuisdeur se vlekvrye staal blad. Hier is dit nog met die plastiek bedek dat dit nie moet krap tydens hantering nie.

 

Die plat “bak” is die korrekte grootte en ek kan nou met die deur begin.

 

Die geraamte word van aluminium vierkantige kanaal gebou. Weerskante is versterking vir die kabels se hegting en die skaniere onder (naaste aan die kyker).

 

Ek maak van superplastiek hegblokkies gebruik op die hoeke.

 

Die kabels se hegting word noukeurig gemeet sodat die gate korrek geboor kan word.

 

Die kombuisdeur het nie werklik ribbe nodig nie, want die vlekvrye staal blad maak dit baie sterk. Dit dien egter as ‘n werksblad en dus voeg ek dit in om te keer dat die plaat hol buig weens gewig.

 

Die werksblad hang aan die eerste kabel. Die deur is terselfdertyd die kombuis se werksblad, daarom is die binnekant (bo as die deur oop is) van vlekvrye staal. Die kombuis se ligte brand ook duidelik genoeg. Daar kom later nog ‘n lig wat die hele tent gedeelte rondom die kombuis sal verlig. Dit gebruik amper geen krag nie.

 

Nuwejaarsdag het ek die potjie ingewy. Dit werk soos ‘n droom. Dit het baie gou sy hitte, soveel vinniger as ‘n ysterpot en dit maak baie maklik skoon. Dit is ongelooflik lig en hanteerbaar.

 

Die kombuis begin na iets lyk. Ek het een berekeningsfout begaan en derhalwe pas die broodblik nie meer in die kassie regs van dit nie. Die deur keer dat ek dit in kan skuif. Ek sal nou maar ‘n messelaai daar inskuif. Die broodblik kan kom waar hy nou staan.

 

Beide kabels is nou geheg. Die plastiek sal ek heel laaste aftrek. Die deurrubbers moet nog later geheg word.

 

Die koffie en tee stasie aan die regterkant van die kombuis kan nou duidelik gesien word. Die ketel is vir gas. Die tweeplaat stofie is onder, op metaal strokies sodat dit uit kan gly sonder om die hout te verslyt. Die papierborde en papier bordhouers is heel bo. Die messelaai is links onder en die bo dit, die bekers, klein bordjies en pap borde.

 

Die twee laai is oop. Die messelaai is onder en bo die bekers, klein bordjies en pap borde.

 

Nog ‘n aansig om beter perspektief te gee. Die onderste laai beweeg gemaklik bo-oor die deur en die toekomstige rubbers.

 

Die kombuis van voor. Dit is nou duidelik dat die blad te hoog is vir die broodblik. Bokant die holte is medium en groot glase. Die groot borde is links, en saam met dit die snyborde. Die speseryrakkie is ook sigbaar en ‘n elektriese ketel waar 220V krag beskikbaar is.

 

Die stofie trek gemaklik uit en links van die laaie is die waterpas aangebring.

 

Hierdie strook het oorgebly na ek die stofie gemaak het. Ek het dit gehou om later die houers vir die twee gaskanne te maak.

 

En toe besoek die geluksengel my. My broer het hierdie twee saagmasjiene aan my geskenk. Dit sal my werk drasties vergemaklik.

 

Hierdie plankie gee die perspektief beter mee waarom die broodblik nie meer inpas nie.

 

Die kompromie is egter meer voordelig. Ek los die broodblik waar hy nou staan en voeg hierdie rakkie in die gleuf. Die messe en goed wat nie elke dag gebruik word nie, kom hierin en die laaitjie vir die lang msse bo-op. Dan sal die laai bo-oor die deur kan beweeg, maar is vlakker.

 

Die werksblad sal nie in die pad wees van die vlakker laai nie, en die area onder dit is nie verlore nie.

 

Die groot laai se dra wieletjies.

 

Die wieletjies is geheg. Dit is bedoel om te verhoed dat die laai hol trek onder gewig. Dit is reg bokant die sleepwa se dwarslatte.

 

Daar is twee rye van drie elk. en heel agter is twee statiese dra punte.

 

Die laai se kante is aluminium plat en die bodem is 20mm laaghout.

 

Die wieletjies loop op spore en sal nie in die hout vore vreet nie.

 

Die binnekant van die laai word met swart poli-urethaan verf behandel.

 

Toe raak ek mak. Ek het die aluminium met my hand vasgehou. Die saag het die strook gegryp en om my vinger gevou. Gelukkig het dit nie my vinger onder die lem laat beland nie. Toe praat ek vlot Frans.

 

Ek gaan hierdie nael verloor.

 

Ek het die aluminium versterk waar die handvatsel geheg word. Die laai gaan swaar wees as dit vol is.

 

Dit is ‘n primitiewe trommel handvatsel, maar dit is sterk en nie in die pad van die deur nie.

 

Die vleiskratte se posisies word vasgemaak dat hulle nie kan gly nie.

 

Beartkrag bly my lewe versondig.

 

Voor ek die laai kan installeer, moet ek eers hierdie twee lading stroke heg vir die gas kanne.

 

Linkerkant, onder die kombuis. Die versterkings van die kombuis se vloer is sigbaar.

 

Gaskan houer. Ek moes maar self vir my 7kg houers maak.

 

Die gaskan houer en bottel is gemonteer. Die kop het ‘n gat in sodat die houer gebruik kan word terwyl dit gesluit is. Maak nie saak wat wie mompel nie, maar diefstal is ‘n werklikheid.

 

Vooraansig van bottel.

 

Vordering tot dusver.

 

So gaan die deure lyk van buite. Die sluitmeganismes is nog nie geheg nie.

 

Die vleiskratte is gelaai. Daar is vyf van hulle in ‘n 1370 x 1025 mm laai. Daar is dus baie pakplek. Dit kry ‘n rekbelaaide seil bo-oor en dus kan bottels regop staan.

 

Hier kan die laai met kratte in perspektief gesien word. Dit is ruim. Ek sal later voor iets prakseer.

 

Groot koeldrankbottels kan regop staan. Hierdie vyf kratte is gelyk aan 9 ammunisie kratte, die verhoogde tipe. Dit dra makliker en pak makliker weens die groter ruimte.

 

My nael moes toe getrek word. Dit het gehaak en los geskeur.


2020-05-16
Tydens my rusdae het ek die deur gebou. Ek verrig tans COVID-19 dienste op skofte.

Ek het eers die deurraam gebou en gesorg dat dit behoorlik gesweis is. Ek het aan die regterkant drie regop vierkant gebruik, waardeur die skaniere se boute moet gaan en links twee, waardeur die hegplate se boute moet kom.

 

Die deurraam word in die son droog. Ek het dit eers teen roes behandel.

 

Die plaat was eers met Sudaflex vasgeplak op die raam.

 

Na ek die aluminium hoek geheg het vir afronding, het ek dit met klinknaels geheg. Dit is ook met mildelike Sudaflex geheg.

 

Die Sudaflex peul uit. Ek sal dit later netjies wegsny.

 

Die deur is voorlopig op sy plek.

 

Die hegplate (daar is 3) word ook met Sudaflex geheg voor dit vasgebout word.

 

Die deur is geheg en die nommerplaat en chevron is geheg.

 

Die wiel se klamp kort nog. Dit hang net aan die dwars assie om perspektief te gee. Die wiel sal lig as dit finaal geheg is.


2020-09-10

Tydens die verslapte grendeltyd het ek weer gevorder.

 


Ek het my hier misgis. Ek het tydens my beplanning vergeet dat die deurflap, die blad wat ook dien as deur, aan die bokant van die skarnier se rotasiepunt gaan wees. Die gevolg is dat die broodblik nie in die bestemde spasie pas nie. Eh die broodblik links neergesit en ‘n messelaai gemonteer in die bestemde spasie. om die hoogte korrek te hou, het ek ‘n bedekte holte gemaak, waarin ek items berg wat ek nie elke dag nodig sal kry nie. Ek moet nog die linkerkant verf. Ek moes spasie los vir die hegblokkies aan die binnekant. Die laai beweeg vry oor die blad.

 

Ek het ‘n papierhanddoek houer gemaak wat bokant die broodblik geheg is. Terloops, ek het die broodblik gekoop, omdat brood geweldig vinnig uitddroog en dan minder smaaklik is. Vanaf die papierhanddoekhouer se basis, sal ek later die rekke heg wat die broodblik in sy plek sal hou.

 

Die geheelbeeld is hier sigbaar. Ek het plastiekstrokies oor die messe se snykante geplaas en nou sal die snykant beskerm wees en nie so gou stomp raak nie.

 

Ek het die neuskas se eerste deurraam aanmekaar geheg met behulp van die hegblokkies. Hulle is verbasend sterk en stewig.Hulle is ook volkome haaks. Die Sudaflex seëllaar kan op die foto gesien word.

 

Wanneer die plaat neergelê word versprei dit wyer en peul uit. Die klinknaels verhoog die druk.

 

Hier is ek onderbreuk en kon eers die volgende dag aangaan. ek moes dus gewigte plaas om die plaat onder druk te hou tot die gom droog is. dit neem so vier ure.

 

Die hoekaluminium is geheg, met gom en klinknaels. die skarniere is ook in plek. Die deurhandvatsel is ook geheg.

 

Die neuskas se eerste deur is in plek. Die deurrubbers kom eers later op.

 

So lyk die deur as dit toe is. Onthou, ek gaan die uitpeulende seëllaar eers later afrond. Die skarniere is net mooi die korrekte grootte.

 

So lyk die toe deur aan die binnekant. Die gapings is net mooi korrek vir die deurrubbers se vereiste gapings.

 

Ek het oorgeskakel na ‘n hoekslyper om die aluminium plaat te sny. Dit werk vinniger as die die nutsagie, maar dit moet opgeruim word. My Black-&-Decker 115mm model, wat ek van ‘n 125mm skerm voorsien het, het net mooi na 15 jaar die gees gegee. Ek het nou ‘n 125 mm Ingco gekoop van 950 W. Hy sny nou vir jou lekker.

 

Sommige deure is groot en verg heelwat gom en klinknaels. Die plaat word volkome haaks gesny en dan heg ek die raam ook daarvolgens.

 

Hier is die deure van die yskas kompartement en neuskas saam gesien.

 

U sal onthou van die twee sae wat ek by my broer gekry het. Ek het hierdie een ook gekry, tesame met ‘n “biscuit joiner grinder.” Ek kan dit heel handig gebruik.

 

Aan die linkerkant is al die deure op. die agterste een is ook die werksblad van die kombuis.

 

En beurtkrag versuur ook my lewe.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tussen-in eet ek te lekker aan hierdie lekkernye.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die voorste deur van die neuskas kan nie baie wyd oopmaak as die handrem op is nie.

 

Die neuskas is nou op. Ek bind dit tydelik toe met ‘n toutjie totdat die grendels gemaak is.

 

Die deur se hoeke word soortgelyk aan die kombuisdeur geheg.

 

Die skroewe word ook geseël.

 

Die kabels se hegpunte bo.

 

Aan die binnekant geheg.

 

Die kabel is onder geheg, net soos by die kombuis ook.

 

Die kabel is bo geheg. Dit sal nie aan die deurrubber raak nie.

 

Die deur hang nou reg. Dit raak nie aan die knop as dit na vore wys nie. Die handrem is na vore om die deur ten volle op te maak soos nou. Die klei sydeure sal meeste van die tyd gebruik word.

 

Ek het hier begin met die toetse van die battery. Die metertjie sak terwyl die yskas loop, maar gaan terug na 100% as dit afskakel. My 240Ah AGM/Gel Hybrid battery gaan beslis lank hou. Dit het 24 uur lank net vanaf die battery geloop en is gestel vir -10 grade.

 

Die laaier skop in op 12.5 A, wat wys dat ek nie veel krag gebruik het nie.

 

Die battery monitor van Victron is nou in werking gestel en ek monitor die aktiwiteite op my selfoon. Dit laai nog hier.

 

Die battery is nou vol gelaai.

 

Die monitor kan ook wys hoe vol die battery is. Dit is amper vol hier. Die LED mondel wys ook wat aangaan.

 

Die sonlaaier het ook nou sy eie “VE Victron Direct Smark Bluetooth dongle.” Dit wys net links onder die laaier.

 

Ek het vandag die sonpanele begin toets. Ek het slegs die twee 80W panele wat saam as ‘n eenheid gemonteer is met skarniere, gekoppel in serie, gekoppel. Mens kan sien die 100/30 Victron MPPT laaier wys hier dat dit 40.21V stoot. Dit gebruik slegs 6W om die battery se vol status te onderhou.

 

Hier het die yskas ingeskop. Die paneel stel voer nou 39W in en die yskas loop, sonder dat die battery enige krag verloor. Dit bly vol en op Float. Ek is hoogs tevrede met die werksverrigting. ek het nog ‘n tweede stel om te koppel as dit nodig sou word. Ek kyk hier na gevalle as dit bewolk raak of wanneer ons die battery getap het deur die nag met selfone en skootrekenaars. Ek voel die panele raak nogal warm. Ek skat so 40 grade.

Ek is nie spyt dat ek so ‘n groot battery kapasiteit gekies het nie. As ek hom net met 60A dreineer, is dit slegs 25% en op 80A slegs 33.3&%. Die battery gee dus vir my ‘n lang lewensverwagting. Ek beplan nie om enige iets vanaf die inverter te loop nie, maar dit is beskikbaar vir die noodgeval. As ons by ‘n kampterrein kom waar daar 220V krag beskikbaar is, gaan ek dit gebruik, maar as daar nie is nie, is ek gerat.



Hier is die neuskas se deur. Ek maak soveel as moontlik gebruik van klaar gemaakte onderdele om tyd te spaar. Dit werk nie so duur uit nie en kan later maklik vervang word.

 

 

Die dele word vooraf geseël met Soudaflex en sodra droog, kan ek dit wat uitpeul verwyder vir ‘n netjiese afronding.

 

Vooraf vervaardigde onderdele. Ek dink dit is bedoel vir hegting van sonpanele.

 

Die kabels kan later verwyder word of aangepas word met lengte indien nodig. Die flap kan ook uitgehaak word indien nodig. Die deure en flappe se rame is lig weens aluminium gebruik, met kits konneksie blokkies. Lig en duursaam.

 

Die neuskas se raam word voltooi. Hier is die seëlaar nog nie in die spasies ingespuit nie. Die Elektriese paneel kan ook in die agtergrond gesien word. My yskas bly al loop.

 

Uitsig vanuit die neuskas. Die blink dak is die aluminium plaat wat glad is. U kan die staal raam van die sleepwa se raam sien. Ek het dit behandel om roes te keer. Die deurrubber is nog nie geheg nie.

 


Die hele elektriese paneel kan hier in die neuskas van voor gesien word. Die deur se rubbers moet nog geheg word. As u die foto nader trek kan u sien die bluetooth toestelletjies (swart blokkies) van die battery monitor en die sonlaaiers is ook geheg, Hier is nou orde. Daar is ook ‘n lig in die neuskas.

 


Nog ‘n nader aansig. Die deurtjie links is toe. Die rubber is nog nie geheg nie. Die drade moet nog opgeruim word.

 

Die sy kas (oorspronklik bedoel vir klerekas, maar nou is dit vir ander goed) se deur maak nog te veel toe. Wanneer die rubber in die raam geheg is, sal die deur perfek pas.

 

Die sykas is oop. Die deur hang ook aan kabels. Daar is ook ‘n lig in die kas.

 

Sy aansig. Bo-op die dak kan die versterkte dakrak gesien word waarop die tent femonteer gaan word. Die deur maak oop op dieselfde plek waar daar ‘n ooprits paneel is in die tent.

 

Die Victron Batterymonitor. Onder hom kan die smart-met-blou-liggie boksie gesien word van die bluetooth module. Die monitor kan ook op bote gebruik word, want die kabel is lewenslank. Daar is ook ‘n goedkoop LED battery monitor as bystand. Ek het die Adendorf 25A batterylaaier op aanbeveling van die 4×4 Gemeenskapsforum gekoop en ek is nie ‘n enkele dag spyt nie. Dit laai my 240Ah Gel battery maklik.

 

Een van my twee stelle sonpanele. Hierdie twee 80W 12V panele is met skaniere geheg en vou toe. Hulle is in parallel gekoppel. Ek het nog so ‘n stel en hulle is ook in parallel gekoppel. Die twee stelle word in serie gekoppe (kan ook in parallel) en ek kry bietjie meer prestasie in terme van Amps as ek laai.

 

Hier is my Pioneer Plastics 60L watertenk. Dit is v oedselgraad en ek het nog geensins plastiek kon proe nie. Jy moet net voedselgraad pype koop. MOENIE die goedkoop silikoon pype koop waarop die woorde, voedselgraad, ontbreek nie, want dan GAAN jy plastiek proe.

 

Hier is ek besig om ‘n bak te buig van gegalvaniseerde plaat om onder die watertenk te plaas dat klippe nie kan opspad en dit beskadig nie. Die tenk kom onder die sleepwa.

 

Hier is die tenk in sy beskerming. Voor is ook ‘n plaat. Die grys ring is ‘n seël om te keer dat water die sleepwa se bak binnedring. Die twee sywaartse koppelstukke is waar ek die tenk vul met water.

 

Sy aansig. Klippe gaan hom nie ligtelik beskadig nie. 60 liter water is heelwat.

 

Die L-vormige koppelstuk onder, is met ‘n reguit een vevang.

 

Hier begin ek die staal bande buig wat die watertenk moet dra.

 

Die bande moet almal ewe groot en presies gebuig word.

 

Drie stelle bande word gebruik.

 

Die tenk word bo geplak met sagte rubber om dit vas te laat rus en om wrywing teen bak te verhoed. Die karton is ‘n matrys om te weet waar om die gat in die vloer te sny.

 

Die tenk is nou in plek. Die tenk se onderkant is net-net hoër bokant die grond as die as. So daar is genoeg plek. Met bietjie moeite kan ek nog een voor hom inpas. Ek het hom juis so agter as moontlik geplaas om as teenwig te dien sodat die gewig op die trekstang nie te swaar is nie.

 

Skuins aansig. Die plaat onder bestaan uit twee dele en skuif in mekaar. Ek het ‘n V gesny om plek te maak vir die waterpyp. Die V se randte word gevoer met rubber.

 

Van agter af gesien.

 

Boks vir waterpomp, pype en koppelstukke. Ek kan by enoge kraan my tenk volmaak. So lyk voedselgraad pyp. MOENIE die silikoon pyp koop wat vir motors bedoel is nie. Jy kan ook die swart klas 3 waterpyp vir besproeiing gebruik.

 

Waterpomp in die boksie. My water is onder druk. As ek die kraan oopdraai, vloei die water. Dit is so ongeveer 1 bar. Die pomp loop te kort om jou battery te dreineer. Bokant die pomp kom ‘n los vloer en die los pype en koppelstukke kom bo-op dit.

 

Die pompboksie is voorlopig gehang.

 

Hier is my stel pype en koppelstukke.

 

Alles in een plek.

 

Ek gebruik standaard Garda koppelstukke aan my pype. Ek spuit by een koppelstuk in en as dit oorloop, is die tek vol.

 

Hier is my waterkraan. Ek het later ‘n ander een hoër op gemonteer dat die dames nie hoef te buk nie.

 

Die eerste kompartement. Die battery is onder. Hy weeg 62 kg. Dit is ‘n Omnipower AGM Gel hybrid van 240Ah. Dit is genoeg krag. Die 80 L yskas is agter dit en skuif uit na die ander kant. Hier is die yskas gekoppel aan 220V. Onder die prop boksie is die Brad Harrisson konneksie vir 12V. Ek maak gebruik van gewone bedlampie skakelaars en ek kan dit langs my kampplek herstel of vervang. Al my bedrading is so geanker en sigbaar. Ek weet presies waar alles is. Die swart boksie het plek vir nog twee Hella proppe. Die deurraam is nou swart, maar die rubbers is nog uitstaande.

 

Hier is die eerste rubber sigbaar by die neuskas.

 

Die neuskas se rubbers is nou geïnstalleer en die raam is binne-in geverf. Ek het ‘n multisok onder geïnstaleer sodat daar genoeg kragpunte is indien nodig. Die kinders gaan kamp soms saam en sommige kampplekke voorsien net een kragpunt.

 

Die flappie links is vir die 220V kragkabel en die prop regs is vir die sonpanele se Brad Harrison sok.

 

Die onderdele van my deur se sluit meganismes is gegalvaniseer.

 

Die sluit meganisme in plek. Al die klinknaels hier is van vlekvrye staal. Aluminium sal nie hou nie. Hierdie meganiek is soortgelyk aan verskeie kommersiële tipes.

 

Naby aansig van die meganiek. Die deure word met ‘n plaatjie beskerm teen die twee stukke wat daarteen druk.

 

Afronding.

 

Die seëlaar wat uitpeul word netjies afgesny en verwyder.

 

Hierdie Duitse gom kos vrek duur en word binne ‘n paar dae hard as jy dit by die proppie oopmaak. Ek knip die hoekie weg agter en rol dit op en knyp so vas. Dan hou dit langer as ses maande.

 

Alles word behoorlik geseël.

 

Die noodwiel is op die agterste deur gemonteer. Ek het die wit nylon passtuk self gemaak.

 

Ek het twee van hierdie 7kg gasbottels. Ek wou dit oorspronklik in sy kaste toebou, maar dit is onwettig en dit sou net onnodig duur wees.

 

Ek het vooraf op hierdie tent besluit, met die aanrits afdak (awning”) daarby. Ek het nie die opsie van die ekstra kamer geneem nie. Ek moes die tent vooruit betaal en het na twee weke gekry. Ek is baie tevrede met Tentco se produk. Ek het hoegenaamd geen klagtes nie.

 

Hy pas nogal sonder dat ek iets hoef aan te pas. Ek het dit vorentoe gemonteer sodat die deure binne die tent kan oopmaak (neuskas uitgesluit).

Ek het maar net hul instruksies gevolg.

 

Hier is die tent gemonteer as ‘n pakket. Ek het dit later 200 mm na die voorkant geskuif. Die tentsak het plek vir heelwat meer bybehore soos kampstoele en addisionele tente en grondseile.

 

 

Eerste toets opslaan.

 

Die kombuis se afdak strek 1.4 meter verby die sleepwa se sy.”Die afdak (Äwning”) strek 2m na die kameraman en sluit die kombuis en sykante in. Dit kan oop gelos word of toegerits word.

 


Vooraansig van tent.

 

Kombuis. Hierdie kombuis maak hierdie sleepwa. Almal kuier rondom hierdie kombuis en ons sukkel glad nie. Alles is basies, maar ons kan alles doen. Die deur is ook ‘n tafel en die blad is vlekvrye staal.

 

Besig om die kombuis se rekkies te installeer.

 

Agterkant. Die laai is gebou en op kommersiële glystukke gemonteer. Daar is koeëllaars geplaas waarop die laai gly. Die laai het staal band onder wat daaroor gly, sodat die laai nie hol buig onder die vrag nie.

Die laai is groot (1.4 x 1.1m). Die blokkies keer dat die kratte skuif. Daar is voldoende hakies reg rondom sodat die net bo-oor vasgehaak word want die kratte is oop (doelbewus). Die deur is versterk om swaardien skaniere te dra en die noodwiel.

 

Die kratte kan baie kruideniersware hanteer. 2L koeldrankbottels staan regop en die laai gaan steeds toe. Aan die kameraman se kant kan nog ‘n hele ry koeldrankbottels geberg word.

 

Alles vasgehaak en niks val uit nie.

 

Die sonpanele is in die groen seil houer.

 

Hierdie opvoubare skottelgoed rak haak aan die neuskas.

 

In plek en ingehaak teen die neuskas.

 

Hierdie vlekvrye staal tafel kan opvou.

 

Ek het my eie grondseile gemaak deur afsny stukke by Allnet te koop. Ek het die koste sesvoudig verlaag. Daar is drie grondseile en ek het twee van hulle gemerk op die hoeke met ‘gekleurde verfkol om tussen hulle te onderskei.

 

Hierdie gids het ek netjies uitgedruk op rekenaar en gelamineer in viervoud. Nou weet ek hoe om die sleepwa te parkeer en die grondseile uit te gooi, voor ek begin opslaan. Dit werk foutloos.

 

 

 

 

 

Ek het die hele sleepwa geverf met Ecorubber en dit so geseël. Die afwerking is heel aanvaarbaar.

 

Sy-aansig.

 

Ek het hierdie tenk later op die oop spasie agter die tek opgestel. Dit gee addisioneel vir ons 55L water. Nou kan ons skottelgoed ook was.

 

 

Ek het drie kraan geskuif en nou hoef mens nie meer so laag te buk nie.

Vlekvrye opvou braai en klein pizza-oond. Mens wil nie elke aand braai nie.

 

Braai opgeslaan.

 

Pizza-oondjie bo-op die opslaan braai en die pizza spaan. Die kole maak die klei teël warm. Ek gooi so ‘n teelepel meel op die teël en wag tot dit verkleur voor ek die pizza inskuif. Dan het dit die as smaak van regte pizza oonde. Dit hanteer een 23cm pizza op ‘n slag en neem 7 minute as die kole lekker warm is.

 

Kampfoto’s:

Van voor gesien. Kombuis en agterkant se kante is oopgelos.

 

Linker aansig. Kante oop. Ons gebruik die langlewe Coleman koelboks as yskas en die ander een as vrieskas. Ek vries twee 5L waterkanne voor die tyd en dit hou ‘n naweek. Daarna koop ons twee sakkies ys.

 

Agterkant.

 

Regs. Die agterkant is 2m wyd en amper 6m lank. As die kante op is, is daar vir heelwat meer mense slaapplek. Normaalweg vat ons ekstra tente saam.

 

Hier is die kante op, weens wind. Daar was ook bobbejane.

 

Die bed is ruim skat dit is ‘n 3/4 bed. Die leertjie is bo-op om die kleintjies weg te hou.

 

Aan die anderkant van die tent is plek vir een van die klein kinders.

 

Die kombuis is helder genoeg verlig. Die kante is nie hier opgelsaan nie.

 

Die Yskas (80L) is op sy skuiflaai vasgeheg. Bokant dit is die pottelaai en links is die sonpanele.

 

Hier word regte boerekoffie gemaak. Die wind waai nie die vlamme dood nie. Die addisionele tafel is ‘n pluspunt en die uitleg is so dat alles op een plek is. Jy sukkel nie. Ons maak moerkoffie op die gasstoof en daar is ook ;n ketel met ‘n fluit. Die kombuis het ook ‘n elektriese ketel wat die gemaklikste is as daar krag is.

 

Al die groot goed kom in die pottelaai. Daar is selfs ‘n braai mat as ons baie mense is. Die een kant is vlakker om in te pas onder die tafels se gleuf.

 

Die laai is gerieflik en word meestal half oop gelos.

 

Nou word ontbyt voorberei.

 

Kamp ontbyt is onvolledig sonder roosterbrood.

 

Skottelgoed was is nie ‘n straf nie.

 

Die manne maak ontbyt. Die kombuis is ‘n gewilde kuierplek en daar is volop ruimte, al is die kante toe.

 

Bestandele reg vir Pizza maak.

 

Hierdie pizza is nou net in.

 

Algehele Indrukke:

Ons geniet nou ons kamp en sukkel glad nie. Die tent het ‘n wolkbreuk en sterk wind deurstaan. Die uitleg het ek beplan na ek lank na verskeie ander kampsleepwaentjies gekyk het. Almal kuier om die gerieflike kombuis. Na elke kamp verander ek iets wat nie optimaal is nie.

Ek beweer nie my uitlegf is die beste nie, maar ons geniet dit. Die sleepwa sleep lekker en loop stil agter die motor. Dip hop nie rond nie. Ek reken die skokbrekers het ‘n invloed.