ISBN 978-1-370-36846-4 (epub)
ISBN 978-1-928-40103-2 (Slapband) – gedruk in Suid-Afrika.
Na ‘n paar sluipmoorde stel die Polisie, baasspeurder, Luitenant-kolonel Riaan Els, aan om die ondersoek te hanteer. Hy word bygestaan deur Sersant Lienkie Delport.
Lyke word oral in die strate van Kaapstad gevind en almal het iets in gemeen. Hulle is almal Rastafariërs en Jamaikane. Die verdagte is genadeloos en baie effektief, maar enige misdadiger maak een of ander tyd ‘n fout. Riaan en Lienkie moet net hul oë oophou en die fout identifiseer om hom aan te keer.
Riaan is baie effektief en Lienkie is bang vir hom. Sy het gehoor hoe streng hy is. Hy behandel haar egter soos ‘n vrou van die eerste dag af.
Die misdadiger ken die denkwyse van die Polisie. Dit is ook nie net misdadigers alleen wat foute maak nie.
Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.
Goodreads.com resensies:
Elsa Naude (5 Sterre)
Nog beter as Verwronge wraak. Jy wonder tot baie laat in die boek wie die moordenaar kan wees. Die boek is nie deursaai met onmoontlike en verregaande aksie soos sommige boeke het nie, maar polisie ondersoek op sy beste. Die skrywer verveel jou nie met onbenullighede nie, maar steek leidrade weg om jou te laat wonder.
Mischelle Lewis (5 Sterre)
Nog ‘n speurverhaal wat in die strate en tussen die nagklubs van Kaapstad afspeel. Die nagklubs waar al die onheil uitbroei.
Die verhaal beeld die wraak tot op die einde af waar die dwelmhandelaars een na die ander vermoor word. Die polisie span moet hom identifiseer en arresteer.
Die boek bevat ook my gunsteling, die liefde wat ontwikkel tussen twee van die speurders. Die sekstonele is sensueel en smaakvol.
Wat hierdie skrywer se boeke so uitstaande maak is dat hy al sy boeke aanbied dat u as leser kan kies of jy met of sonder seks wil lees. Ek het dit een keer uit nuuskierigheid gelees, en hy bied dit so mooi aan dat dit my hele vrouwees aanraak. Hy weet hoe om die balans te handhaaf.
Johnny Weizmuller (4 Sterre)
Die tweede speurverhaal van hierdie skrywer. Hy het met hierdie verhaal ‘n plot daar gestel wat jou laat wonder wie die mooreenaar is. Jy ervaar die jagtersinstink saam met die speurders. Hul opwinding is aansteeklik.
Die bietjie liefde tussen die speurders maak die boek werklik.
Die liefde tussen die speurders is ook net genoeg om die boek mooi af te rond.
Zelda Bussey (5 Sterre)
Koop:
Elektronies:
(Teen $3.41)
EFT kopers, kontak my deur die kontakblad.
Slapband:
(Teen $9.99).
Die Suid-Afrikaanse gedrukte weergawe (290 bladsye) is nou beskikbaar teen R 120.00 per eksemplaar + posgeld. Kapenaars kan dit by my direk kom afhaal of ek ek kan dit weeksdae Kaapstad toe bring. EFT kopers, kontak my vir besonderhede. Dit is die romantiese weergawe, Ek gee gratis daarby vir u die kode om die erotiese weergawe te kan aflaai by www.smashwords.com.
[btnsx id=”1565″]