Die Spanjaard.

ISBN 978-0-620-69074-4 (e-pub)
ISBN 978-0-620-69075-1 (mobi)

Annette Van Tonder, ‘n onderwyseres van Ellisras, se ego word ernstig geknou deur ‘n sekuriteitswag, Fanie Van Blerk. Sy verafsku hom, veral toe dit ‘n tweede keer gebeur het. Sy braak gal teenoor hom toe hy by die skool ‘n aanbieding kom doen oor helikopters vlieg an lug paramedici. Hy doen hom voor as ‘n Spanjaard, maar sy word nie gebluf nie. Sy aanskou ook hoe hy geld by Chinese renoster stropers ontvang.
Pieter, haar broer, is op ‘n studie besoek aan Spanje, en is omgekrap omdat sy Spaanse vriend, Enrique of Enno, soos hy hom noem, nie daar is is nie. Hy wou hom so graag sien.
Annette is hoogs ontstoke toe sy die einste sekuriteitswag by haar pa se plaas aantref, waar sy ook woon, en sy uitvind hy is in diens van haar pa. Sy laat hom onmiddellik afdank, want hy is daar net om te stroop. Die helikoptervlieënier wat hom vervang is nie so ervare as die Spanjaard nie en hul buffels breek deur die grensdraad en hulle kan nou hul plaas verloor. Pieter is woedend toe hy terugkom vanaf Spanje.
Tydens ‘n helikopter rit by die skool se fees ontmoet Pieter sy vriend Enno en Annette besef iets is drasties verkeerd. Enno en Juan Cortes is dieselfde persoon! Hy is haar broer se beste vriend. Sy het hom met Van Blerk verwar en hom van die familie vervreem. Pieter nooi hom na die dans en hy dans met al die vroue, behalwe met haar. Sy kan hom nie kwalik neem nie. Sy wil so graag met hom vrede maak. Sy erken sy voel meer vir hom as wat sy gedink het.
Toe sy haar been breek in die veld tydens ‘n staptog, is hy die persoon wat haar kom haal en haar been verbind. Sy maak haarself nat van pyn toe hy haar been spalk en hy dra haar drie ure lank na veiligheid terwyl sy weet hy het ook nat geword omdat hy haar dra. Haar been word gered en nou wil sy nog meer om verskoning vra en dankie sê. Hy wil nie ‘n voet op die plaas sit nie.
Hoe gaan sy hom kry om na die plaas te kom dat sy om verskoning kan vra? Sal hy haar vergewe? Die Spanjaard het ‘n sagte plekkie in sy hart vir Michelle die verlamde dogter van Pieter. Sy glo Juan het ‘n ogie op Annette. Is dit moontlik? sy wil self graag vrede maak en hom hê. Hy is die man so na aan haar hart.

Hierdie boek is die skoon romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie. Die gedrukte weergawe is nou ook skoon.

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Johnny Weizmuller (4 Ster).
Die Spanjaard is die klassieke tema van die wildtemmer en die onderwyseres. Johan beeld die plaaslewe uit en die Spanjaard wat die helikopter vlieg wat die wild aanjaag. Hy beskryf die vriendskap tussen Anette se broer en sy Spaanse vriend.
Die leser beleef saam met Anette die renons wat sy het teenoor die sekuriteitswag en nabootser. Die leser voel haar angs wanneer sy besef sy het ‘n baie groot fout begaan. Die skrywer beeld die vriendskap wat die Spanjaard uitbeeld teenoor die gestremde meisie Michelle en sy vergifnis teenoor Anette toe hulle versoen raak.
Hy beskryf sy volwasse gedrag toe sy jaloers raak en die boek het weereens ‘n gelukkige einde nadat die leser eers getwyfel het. Ek het hierdie boek geniet.

Zelda Bussey (5 Ster).
Enjoyed this book very much.

Elsa Naude (4 Ster).
Nog ‘n lekkerlees verhaal uit Johan se pen, met ‘n tema van liefde en ‘n gelukkige einde. Daar is genoeg gebeure en drama. Welgedaan.

Pieter Hougaard (5 Ster).
Lynette Bam (4 Ster).
Elaine Du Preez (4 Ster).
Sonja Hamman (5 Ster).
Christelle Klopper (3 Ster).

Smaswords.com Icon

Smashwords.com resensies:

Elsa Naude on March 08, 2016 (4 Ster).
Nog ‘n lekkerlees verhaal uit Johan se pen, met ‘n tema van liefde en ‘n gelukkige einde. Daar is genoeg gebeure en drama. Welgedaan.

Johnny Weizmuller on Feb. 29, 2016 (4 Ster).
Die Spanjaard is die klassieke tema van die wildtemmer en die onderwyseres. Johan beeld die plaaslewe uit en die Spanjaard wat die helikopter vlieg wat die wild aanjaag. Hy beskryf die vriendskap tussen Anette se broer en sy Spaanse vriend.
Die leser beleef saam met Anette die renons wat sy het teenoor die sekuriteitswag en nabootser. Die leser voel haar angs wanneer sy besef sy het ‘n baie groot fout begaan. Die skrywer beeld die vriendskap wat die Spanjaard uitbeeld teenoor die gestremde meisie Michelle en sy vergifnis teenoor Anette toe hulle versoen raak.
Hy beskryf sy volwasse gedrag toe sy jaloers raak en die boek het weereens ‘n gelukkige einde nadat die leser eers getwyfel het. Ek het hierdie boek geniet.

Sonja Hamman on Feb. 29, 2016 (4 Ster).
Mooi liefdesverhaal.
Ek het nogal dit geniet hoe hardekwas Annette was, om net uit te vind Juan is onskuldig. Toe het sy hom liefgekry.
Dit het ‘n mooi en gelukkige einde.

Elaine Du Preez on Feb. 29, 2016 (3 Ster).
Hierdie is nogal ‘n mooi boek. Die skrywer skep die weerstand tussen die heldin en die Spanjaard, net om dit om te swaai na berou en liefde.
Ek het dit nogal geniet.

Lynette Bam on Feb. 29, 2016 (4 Ster).
Mooi verhaal.

Koop:

Elektronies:

Amazon Icon Spanjaard

Teen $3.41 (mobi weergawe) of $11.99 (Slapband).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

Amazon Icon Spanjaard_CS

$11.99 (Slapband).

EFT is nie vir Createspace moontlik nie.

 

Back