Verwronge Wraak

ISBN 978-0-620-71281-1 (epub)
ISBN 978-0-620-71282-8 (mobi)
ISBN 978-0-620-71283-5 (pdf)

Die strate van Kaapstad word geterroriseer deur ‘n reeksmoordenaar wat jong vrouens vermoor en hul liggame nakend laat. Elkeen het ‘n koeëlwond in die kop. Die Polisie besluit om daadwerklike ondersoek te doen en nader kaptein Wouter Malan, ‘n ervare reeksmoord speurder van Boland.

Na Wouter sy vrou uitvang op video na sy drie dae agtermekaar vir hom gelieg het en met sy vroend geslaap het, skei hy van haar en aanvaar ‘n verplasing na Kaapstad. Hy wil nou niks met vrouens te doen hê nie.

Hy word as ‘n span indgedeel met adjudant-offisier Ivanka Pool, ‘n beeldskone vrou wat op haar beurt niks met mans te doen wil hê nie, want sy het ‘n liefdesteleurstelling gehad.

Van die eerste dag af behandel Wouter haar as sy gelyke. Sy moet self besluite neem en sy moet selfs hul motor bestuur. Wouter kom vir haar op by sy seniors en dring aan daarop dat hy vir haar as sy assistent wil hê. Onder sy leiding maak sy ook ‘n paar deurbrake in die ondersoek.

Wanneer hulle op pad is na ‘n slagoffer se huis, hoor Ivanka sy gesprek met sy eks vrou en besef hy het net so seer gekry as sy. Sy is nie al een wat die seer ken nie. In hul ondersoek na die moordenaar leer hulle mekaar respekteer en word vriende.

Daar is ‘n lang pad om die moordenaar op te spoor…..

 

Hierdie boek is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Johnny Weizmuller (5 Ster)
Hierdie speurverhaal, die eerste een vir hierdie skrywer, was beslis een van sy puik boeke.
Die skrywer gebruik die skryfstyl waar die leser weet maar nie die speurders nie.
Tot op ‘n punt, dan weet niemand meer nie.
Die skrywer is vermoedelik self in die polisie gewees, want hy gee ‘n goeie weergawe hoe hulle werk. Hy weergee ook nie die polisie weer as mense wat onnodiglik suip of vuil taal gebruik nie.
Die boek het elemente van romanse ook in met ‘n mooi en gelukkige einde.
Die leser kan kies of hy of sy die boek met of sonder seks wil lees.

Die boek word met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.

Smaswords.com Icon

Smashwords.com resensies:

Flamingcrystal (5 Ster)
Johan Crous ek kan met eerlikheid sê dat Verwronge Wraak vir my interessant was. Ek hou van speurverhale waar daar ñ goeie storielyn is en die storie nie net bestaan uit ñ gevroetel tussen die lakens en matras gimnastiek nie. Jy het die moordenaar op so wyse beskryf dat mens in sy gedagtes kon inklim en kon verstaan waarom hy die moorde gepleeg het. Hier kan ek nou die spreekwoord verander en sê “hell has way less fury than a sex-hungry man scorned.” Ek hoop regtig dat jy meer sulke interaktiewe speurverhale waar lesers kan kies tussen die skoon weergawe wat net ñ tikkie romanse bevat soos hierdie een, of die vuurwarm weergawe vir ons gaan skryf. Ek’t die skoon weergawe gekies. Ek wil nie van my stoel afgly nie *bloos*

Koop:

Elektronies:

Amazon Icon Wraak

Teen $3.41 (Mobi weergawe) en $10.99 (slapband gedrukte weergawe).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

amazon-icon-wraak_cs

Teen $10.99 (slapband gedrukte weergawe).

EFT is nie vir Createspace moontlik nie.

 

Back