Sonja se sonde.

ISBN 978-0-620-67191-0(epub)
ISBN 978-0-620-67192-7(mobi)

Sonja het die ideale huwelik met die man van haar drome. Hy aanbid spreekwoordelik die grond waarop sy loop en sy kry alles wat haar hartjie begeer. Hy koop vir haar ‘n nuwe huis en hy laat haar ophou werk. Hy ondersteun haar in haar naaldwerk stokperdjie en hy koop alles wat sy wil hê. Hy bemin haar met ‘n passie. Sy sweef letterlik van geluk.
Sonja het egter ‘n geheim. Sy kan nie werklik van haar verlede vlug nie. Haar eerste fout was om te swyg. Sy het nooit vir Jacques vertel nie.
Wanneer sy daaroor afgepers word, en sy vrees dat Jacques haar mag los as hy haar geheim uitvind, swig sy en is sy ontrou. Sy word deur haar man op heterdaad betrap.
Haar hele vesting van huweliksekuriteit verkrummel en is nou slegs ‘n huis van kaarte. Sy smeek om vergifnis en hy jaag haar nie weg nie.
Sonja besef egter hy is gebreek en sy besef haar huwelik hang aan ‘n uiters dun draadjie. Sy vrees hy gaan vertroosting soek in die arms van ‘n ander vrou. Sy kry geen geleentheid om van haar sonde te vergeet nie, want die media, televisie, tydskrifte en rolprente is vol van buite-egtelike verhoudings en ontrouheid en sy word telkemale aan haar verraad herinner.
Hoe gaan sy hieroor kom, sonder om hom van haar verlede te vertel? Hoe gaan sy hom oortuig dat sy nie afleiding gesoek het omdat hy haar nie vervul het nie? Hoe kan sy hom oortuig hy is alles in haar lewe?
Hy glo haar nie. Hy glo hy is ontoereikend. Hy glo sy wil haar brood aan beide kante gebotter hê. Sal ‘n ander vrou hom kan leer? Sal ‘n ander vrou se boesem die seer in sy hart kan verminder? Ontrouheid aan sy kant met ‘n ander vrou uit wraak, is dit nie suiwer onvergewensgesindheid nie? Is Sonja se daad nie maar net werklik haar desperate poging gewees om vir haar huwelik te veg nie?
Lees die stryd van Sonja om haar man en sy vertroue terug te probeer wen.
Hierdie boek bevat tonele van seks.

Interaktief

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Johnny Weizmuller (5 Ster).
Hierdie boek van Johan is ‘n moet-lees vir getroudes. Die leser raak bekend met versoekings en die skrywer beeld die absoluut ideale huwelik uit tussen Sonja en Jacques. Wanneer sy afgepers word en ingee om haar huwelik te red, begin haar stryd toe sy betrap word.
Johan spreek die vrae en stryd aan wat in Jacques woed oor hoekom en waarom. Jacques se gemoed en vrees word uitgebeeld tot werklikheid. Sonja se vrees of Jacques haar gaan los of weerwraak gaan neem in die arms van ander vroue is ook ‘n werklikheid.
Hul stappe om hul huwelik te red word uitgespel, berading, gesprekke, ontrekking en selfs drank. Jacques doen navorsing en lees boeke oor hoekom en hy kan nie vrede kry in sy hart nie. Sonja sien sy stryd en sy is magteloos om iets te doen, want sy kan hom nie die volle waarheid vertel nie, hy sal haar nie glo nie of van haar skei. Haar stryd is nie slegs die stryd van die een sat ontrou was nie, maar die een wat eintlik ‘n slagoffer was.
Hierdie boek het twee witwarm tonele in. Beide is die liefde tussen Sonja en haar man.
Wanneer die leser selfs begin twyfel of dinge ooit heeltemal gaan regkom, bring Johan die boek tot ‘n gelukkige einde. Die leser word verras en is tevrede. Die einde word geensins verwag nie, want hoe kan dit tog moontlik wees? Johan het weereens getoon dat hy ‘n boek kan skryf oor byna enige onderwerp.

Elsa Naudé (5 Ster).
Hierdie verhaal is vir elke vrou. Die heldin Sonja het die ideale huwelik met haar Jakkie, en haar hart begeer niks meer nie, tot sy sondig deur ontrou te wees na sy daartoe afgepers is.
Haar huwelik hang aan ‘n draadjie en sy vrees dat haar man vertroosting gaan soek in die arms van #n ander vrou. Hy glo nie hy is alles in haar lewe nie. Hy glo sy wou net haar brood aan beide kante gebottr hê.
Sonja beleef Jacques se seer en sy stryd om vrede te maak en aan te beweeg. Sy smag na sy aanraking. Sy kry nie kans om te vergeet nie. Sy besef hoe bitter seer sy hom gemaak het.
Selfs ek het later getwyfel of hierdie huwelik ooit gered sal kan word. Die twee partye het beide te seer gekry. Die skrywer verras ons almal deur die onmoontlike geloofwaardig reg te kry. Hou maar die sneesdoekies reg as julle hierdie boekie lees,
Die boek het twee smeulende tonele in tussen Sonja en haar man, maar die liefde wat sy uitstort op haar man word hier mooi uitgebeeld. Ek herhaal weer, hierdie boek is ‘n boekie wat alle vroue gerus kan lees.

Zelda Bussey (5 Ster).
Pieter Hougaard (5 Ster).
Smaswords.com Icon

Smashwords.com resensies:

Sonja Hamman (5 Ster).
Ja, baie beslis. Hierdie boek moet deur alle vroue gelees word.
Die stryd in ‘n huwelik word uitgebeeld na die vrou op heterdaad betrap is na sy afgepers is tot ontrouheid. Haar man het nie vir haar weggejaag nie maar vir sy huwelik geveg.
Hul stryd om vergifnis vir haar en aanvaarding vir hom dryf hulle tot ‘n punt.
Die einde is verrassend en gelukkig en die leser is tevrede.
Die twee tonele het my na my my asem laat snak en my hartjie het woes in my bors geklop. Dit is nogtans mooi gestel en nie vulgêr nie. Die skrywer beskryf haar liefde vir haar man.
Ek het die boek twee keer agtermekaar gelees.

Elaine Du Preez (5 Ster).
Ek stem saam, hierdie is ‘n mooi boek.
Ek het gevoel ek wil in die boek klim en die Deon karakter aan sy keel gryp en hom verwurg.
Ek stem saam met Elsa en Lynette, hierdie hoek moet elke vrou lees.
Sjoe, die bedtonele tussen Sonja en haar man het my asem laat jaag. Dit is so mooi beskryf, sonder enige lelik, maar daar word klem gelê op die emosies.
Die einde is so mooi.

Lynette Bam (5 Ster).
Ek stem saam, elke vrou moet hierdie boek lees.
Stomende tonele.
Puik verhaal.

 

Amazon Icon

Amazon.com resensies:

Flamingcrystal on February 24, 2016 (4 Ster).
Wat sou jy gedoen het indien jy in haar skoene moes wees…?
*I’ve bought this book from Smashwords* Die skrywer plaas sy karakters in moeilike situasies, wat tog in die werklike lewe gebeur, skokkende dinge wat enige standvastige huweliksbootjie wat deur hierdie rowwe golwe seil, kan laat kantel… Hoe herstel ñ mens iets soos vertroue en respek wat gebreek word? Kan mens dit werklik aanmekaar plak soos die skerwe van ñ gebreekte spieël en tussen die krake deur die liefde wat julle vir mekaar het, raaksien? Hierdie boek is ñ boek met twee erotiese tonele. Warm slaapkamer tonele. As jy ñ kloosterkoekie is wat weghol as jy net die woorde ‘seks of 69’ hoor, beter jy nou al ñ u-turn maak en so vinnig as wat jy kan weghol. Ek daag jou egter uit om hierdie boek te lees, dalk leer jy iets waarvan jy nog net gedroom het…

Amazon Customer on January 31, 2016 (5 Ster).
Fantastic I hope all women will read this!!
Fantastic I hope all women will read this!!!

Koop:

Elektronies:


Amazon Icon Sonja

Teen $3.41 (mobi weergawe) of $11.99 (Slapband).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

Amazon Icon Sonja_CS

Teen $11.99 (Slapband).

EFT is nie vir Createspace moontlik nie.

Back