Elmien

ISBN 978-1-370-36293-6

André De Lange verlaat sy ouerhuis op twee-en-twintigjarige ouderdom toe hy besef hy is ‘n optelkind en sy broers beskou hom as ‘n indringer.
Hy neem sy oorlede moeder se van, Rossouw, aan en neem hom voor om sy gewese familie te wys hy is nie ‘n nikswerd nie. Hy verbreek ook sy verhouding met Hannelie toe hy besef slegs besittings en status is vir haar belangrik.
Hy gaan op see om ‘n jong meisie van die lewe as haremslaaf te red en ontmoet die smeulende Angelique Pletkin, ‘n Russiese skeepskaptein. Sy leer hom om ‘n vrou te eer en hoe om haar te bemin.
Hy keer terug as ‘n ryk man en koop die plaas onder ‘n weduwee, Elmien Du Toit, uit. Hy stem saam met die eiendomsagent. Nie eers al gebruik hy sy verbeelding kan hy dink sy is mooi nie. Tog bekoor sy hom…… Hy onthou wat Angelique gesê het, in elke vrou skuil iets moois.
‘n Ou Kaapse verhaal op sy beste.

 

Interaktief

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Elsa Naude (5 Sterre)

Ek het die laaste boek van Johan Crous, Elmien, baie geniet. Dit was die skrywer se eerste boek, geskryf in die eerste persoon, uit ‘n man se oogpunt. Dit het my baie geïntriseer om te lees hoe die jong man dink en die respek wat hy teenoor vrouens openbaar. Die skrywer het die tipiese situasie uitgebeeld van die jong man, wie se lewe voor hom oop gelê het en wie ‘n onaantreklike, ouer vrou ontmoet.

Ek het saam met hom beleef hoe hy verby die uiterlike kyk en die innerlike vrou raaksien en haar begin raaksien as nie sy werker nie, maar as ‘n vrou, ‘n volbloed vrou, wat die man in hom wakker maak.

Ek het ook saam met haar die opwinding beleef van om die aandag van ‘n jonger man te geniet en die passie en hartstog en liefde te ervaar toe sy hom liefkry.

Ek het altyd saam gepraat as mense sê mans verstaan nie vrouens nie, maar hierdie jonger man verstaan vrouens en vrouwees. Hy weet vrouens is die swakker geslag, nie omdat hulle swakker is as mans nie, maar omdat hulle soveel seerder kan kry. Volpunte vir Johan Crous!

Lynette Bam (5 Sterre)

Wat ‘n interessante boek, anders as die tradisionele mooi vrou met die perfekte perdeby lyfie. Hierdie vroulike hoofkarakter was lelik in die jonger man se oë, soveel dat hy nie eers sy verbeelding kon gebruik omhaar mooi voor te stel nie, maar hy raak nogtans op haar verlief. Dit is baie realisties uitgebeeld soos ons alledaags ervaar.

Die paar intieme tonele is sensieël en smaakvol beskryf, en het my ook na my asem laat snak. Die skrywer mag maar ‘n liefdesverhaal skryf.

Johnny Weizmuller (4 Sterre)

Nog ‘n lekkerlees verhaal uit Johan se pen.

Johan het afgewyk van die tradisionele deurdat die vroulike hoofkarakter ‘n lelike vrou was.

Ek het saam met die manlike hoofkaraker, wie jonger is as sy, beleef hoe sy al hoe mooier in sy oë word.

Ek het hierdie boek ook geniet, om te sien hoe hy teen sy omstandighede veg en ‘n sukses van sy lewe maak. Ek het die seerkry, liefde en geluk saam met hom beleef, ook die hartstog.

Lees dit gerus.

Mischelle Lewis (4 Sterre)

Nog ‘n verhaal wat ek baie geniet het en deurnag gelees het om uit te vind wat gebeur het. Die tradisionele resep is deur Johan Crous verander na die lelike vrou en mooi man kombinasie. Dit is beslis ‘n boek wat ek sal aanbeveel.

As ek nie geweet het hy is ‘n man nie, sou ek gewonder het of hy nie ‘n vrou is wat onder ‘n skuilnaam skryf nie. Die skrywer het die storie baie realisties uitgebeeld en dit is nie verregaande nie.

Ek het die sekstonele geniet. Dit het my vrouwees aangeraak. Die jong man weet hoe om ‘n vrou aan te raak tot in haar siel. Hy weet ook hoe om ‘n vrou te respekteer en haar belange te alle tye bo sy eie te stel. Mooi so.

Zelda Bussey (5 Sterre)

Koop:

Elektronies:

Teen $3.41 (mobi weergawe).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

(Teen ($9.99).

Createspace is nie op EFT beskikbaar nie.