Omnibus 1.

Hierdie omnibus bestaan uit vier boeke:

Dit bevat die oorspronklike omslae. Dit beslaan na aan 1000 bladsye.

Paula 3D IconTanja 3D IconPieter 3D IconAndries 3D Icon

 

ISBN 978-0-620-68367-8(e-pub)
ISBN 978-0-620-68368-5(mobi)

Paula (73 456 woordee):
Toe Paula Van As se dogtertjie in ‘n motorongeluk sterf en sy vermink word, skei haar man haar omdat sy nie meer mooi is nie. Haar lewe kom tot stilstand en sy onttrek haar van die samelewing. Wie wil met ‘n geskende vrou sosialiseer?
Marius en Yolanda Van der Sandt bly haar vriende en sy word steeds na hul weeklikse byeenkomste genooi.
Werner Brits, ‘n wees, word by sy werk afgedank na sy meisie hom afgesê het omdat hy ‘n dromer is en net droom oor sy besigheid. Werner gaan studeer in Frankryk en bring sy eie besigheid op die been.
Toe Werner se oom hom inlig hy het nog een familielid oor, Marius Van der Sandt, gaan hy besoek aflê. Werner ontmoet ook vir Paula, dertien jaar ouer as hy. Hy raak op die plek verlief op haar…..

Tanya se tweede keer(64 341 woorde):
Tanya se jeugliefde en eggenoot, Jaco,  behandel haar sleg en lig sy hande vir haar. Na hy sy derde keer ontrou was skei sy van hom ten opsigte van tafel en bed.
Sy neem haar voor om nooit weer na ‘n jong man te kyk as sy weer sou trou nie. Sy ontmoet ‘n ouer man op sosiale media, wie dieselfde stokperdjie as sy het. Na Jaco haar pimpel en per geslaan het, skei sy van hom.
Jaco ontsnak uit die tronk en wil op haar wraak neem, maar Meyer red haar en neem haar na sy plaas. Tanja raak mettertyd verlief op Meyer en hulle verklaar hul liefde en trou.
Jaco ontsnap weer en sal nie rus voor bloed gevloei het nie.

Pieter Bring haar terug (51 003 woorde):
Na Santie se man sterf moet sy hul drie kinders alleen grootmaak as weduwee. Pieter Verloor sy vrou en dogter aan die groot griep en koors en leef alleen as swerweling op soek na ‘n nuwe tuiste.
Pieter red die lewe van Santie se dogtertjie toe sy by haar oupa kuier en Santie sien die bebloede verbande en sien hom aan as ‘n rondloper. Sy jaag hom weg.
Wanneer Santie hom weer onregverdig verneder vat hy die pad en sy besef sy het hom, haar aanstaande buurman, onregverdig behandel. Sy kan hom nie om verskoning vra nie want hy is weg.
Wanneer haar dogter ontvoer word vra sy hom om hulp.

Driesman kom tot rus (53 518 woorde):
Andries Dreyer, wees, optelkind en wewenaar, begin swerf na sy aanneem ouers uitgesterf het. Sy aanneem moeder het hom die waarheid vertel dat sy nie sy eie moeder is nie. Hy soek orals na sy werklike ma.
Hy raak na twee jaar moeg en koop vir hom ‘n plaas. Hy ontmoet die kwaai buurvrou, Martie, ‘n kinderlose buurvrou. Sy staan hom by is die soektog na sy eie ma. Wat hy ontdek verstom hulle.

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Elsa Naudé (4 Ster).
Hierdie boek het vier verhale en is baie lank. Dit is meer as ‘n duisend blaaie. Die eerste twee is bekende karakters, Paula van Yolanda se beurt wat weer geluk vind na sy geskend is in ‘n ongeluk en haar man haar verwerp. Die jonger Werner skop haar voete onder haar uit.
Die tweede boekie is van Tanya, Leoni se suster wat met ‘n ouer man trou na haar man haar geslaan het en nooit vervul het nie. Die skrywer beskryf hoe sy te werk gaan om sy hart te wen. Hy beskryf haar vervulling en hoe sy haar aan haar man onderwerp. Die geluk van die jong vrou word fisies meegemaak. Haar man aanbid die grond waarop sy loop. Hul lewe word steeds bedreig vanuit die tronk toe haar eks man vir Meyer wil dood. Die boek het wereens ‘n gelukkige einde.
Die derde verhaal, Pieter bring haar terug is ‘n ou Kaapse verhaal wat in Grahamstad se omgewing plaasvind. Pieter, ‘n wewenaar, word deur ‘n weduwee weggejaag, maar sy vind uit hy het haar dogter gered. Hy raak geheg aan haar kinders en wanneer haar kind gesteel word vra sy hom om haar terug te bring na haar. Hierdie boek is werklik mooi.
Die laaste boek, Andries se soektog, is die verhaal van ‘n swerwende grensboer wat na sy moeder soek. Hy besluit om te rus en koop ‘n plaas en vind ‘n vrou. Hy neem haar skoonmoeder in sy sorg en wanneer hy verwond word deur ‘n luiperd, maar hy ‘n skokkende ontdekking.
Hierdie bundel is ‘n leesgenot vir ‘n hele paar dae.

Johnny Weizmuller (4 Ster).
Mar 01, 2016
Johnny Weizmuller rated it really liked it
Hierdie is ‘n bundel van vier boeke, waarvan twee bekende karakters bevat. Ek het ure se genot hieruut geput. JW.

Zelda Bussey (4 Ster).
Pieter Hougaard (5 Ster).
Lynette Bam (4 Ster).
Elaine Du Preez (4 Ster).
Sonja Hamman (4 Ster).

Koop:

Elektronies:


Amazon Icon Omnibus

Teen $5.69 (mobi weergawe) of $19.99 (slapband weergawe).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

Teen $19.99 (Slapband weergawe).

EFT is nie vir Createspace moontlik nie.

 

Back