ISBN: 978-0-463-01440-0(epub)
Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.
ISBN: 978-0-463-54502-7(epub)
Hierdie weergawe is die Romantiese weergawe (skoon). Dit bevat nie beskrywende seks nie.
Dit is al ‘n paar jaar wat vrede heers in Egipte na die invallers, die Hyksos se juk afgegooi en hulle uit die land verdryf is. Jong Zasor, die koninklike skriba, en opvoeder in die skryfkuns van die drie koninklike prinsesse, word onverwags deur die Farao met ‘n senior militêre rang beloon.
Kort daarna begin die rampe die koningshuis te tref. Zasor begin gevoelens ontwikkel vir die jongste prinses, maar weet dat hy haar nooit sal kan kry nie, want hy is ‘n wees en lid van die burgerstand, terwyl sy ‘n koninklike is.
Zasor se twee leermeesters is verstom oor die vordering wat hy maak om die Sin aan te leer. Sy vermoë word byna daagliks sterker. Wanneer sy leermeesters ook vermoor word, weet Zasor sy dae is getel. Die voortbestaan van die koningshuis rus op sy skouers.
Wanneer die koning se opvolger die troon bestyg, gebeur iets verskrikliks, die ondenkbare en Zasor sal enige iets doen om dit te verander. Hy besef nou sy tyd is uiters beperk en sy teenstander het geen genade hoegenaamd nie.
Hierdie boek is ‘n fantasieverhaal en ek het die hele storie suiwer uit my duim gesuig. Hierdie boek is hoofsaaklik ‘n fantasie, maar ek het romanse ook ingesluit om dit ‘n meer gebalanseerde verhaal te maak.
Koop:
Interaktiewe Weergawe (Erotiese en Romantiese weergawe in een) Seks word in die Erotiese Weergawe beskryf, maar nie in die skoon weergawe nie. U kan met die druk van ‘n skakel u keuse maak].
$4.59 (ongeveer R60.00)
Romantiese Weergawe (Skoon) [Seks word nie in detail beskryf nie].