Paula.

ISBN 978-0-620-69944-0 (e-pub)

ISBN 978-0-620-70194-5 (mobi)

Toe Paula Van As se dogtertjie in ‘n motorongeluk sterf en sy vermink word, skei haar man haar omdat sy nie meer mooi is nie. Haar lewe kom tot stilstand en sy onttrek haar van die samelewing. Wie wil tog met ‘n geskende vrou sosialiseer?
Marius en Yolanda Van der Sandt bly haar vriende en sy word steeds na hul weeklikse byeenkomste genooi.
Werner Brits, ‘n wees, word by sy werk afgedank na sy meisie hom afgesê het omdat hy ‘n dromer is en net droom oor sy besigheid. Werner gaan studeer in Frankryk en bring sy eie besigheid op die been.
Toe Werner se oom hom inlig hy het nog een familielid oor, Marius Van der Sandt, gaan hy besoek aflê. Werner ontmoet ook vir Paula, dertien jaar ouer as hy. Hy raak op die plek verlief op haar…..

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

 

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Elaine Du Preez (4 Ster).
Uitstekende boek. elke vrou se fantasie om deur ‘n jonger man bewonder te word, word hierin uitgebeeld. Die boek is die verhaal waar die verwerpte vrou, met die geskende gesig weer nommer een in iemand se lewe word, ‘n jonger man. Die leser word geskok toe sy vliegtuig val…. So ‘n mooi boek. Johan Crous het my nie teleur gestel nie.

Lynette Bam (4 Ster).
Hierdie boek, oor die liefde tussen ‘n ouer vrou en ‘n jonger man is regtig nie maklik om neer te sit voor jy nie klaar gelees het nie.

Sonja Hamman (5 Ster).
Pragtige verhaal van tweede kans liefde.

Johnny Weizmuller (4 Ster).

Koop:

Elektronies:

Amazon Icon Paula 2

Teen $2.27 (mobi weergawe) of $9.99 (slapband gedrukte weergawe).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

amazon-icon-paula-2_cs

Teen $9.99 (slapband gedrukte weergawe).

EFT is nie vir Createspace moontlik nie.

 

Back