ISBN 978-0-620-67361-7 (e-pub)
ISBN 978-0-620-67360-0 (mobi)
Die verhaal van ‘n ouer vrou wat liefde gevind het by ‘n jonger man.
Ilse word summier by die nuwe hotel weens oneerlikheid ontslaan, maar haar baas gooi haar saak uit en bevorder haar tot direkteur, sonder dat sy hom ontmoet het, en dit slegs op die aanbeveling van haar kantoor hoof.
Ilse skaad die veel jonger Bart Winterbach se ego wanneer sy hom verkeerd opvryf. Hy nooi haar egter na sy daknatmaak braai en haar suster dwing haar om te gaan. Hulle twee kom tot versoening en dit is liefde met die eerste oogopslag.
Wanneer haar nuwe baas Maandag by die werk voorgestel word, besef sy Bart en Ben Winterbach is dieselfde persoon. Hy het haar steeds aangestel, al het sy hom verkeerd opgevryf. Hul liefde bloei en spoedig besef sy die jonger Bart is die een vir haar.
Wanneer hy haar in die arms van ‘n man betrap, toe hy juis besig is om te beplan hoe om haar om haar hand te vra, en hoor sy vertel hom sy het hom lief, vat hy die pad. Hoe moes hy weet dit is haar stiefbroer wat sy vyf jaar laas gesien het?
Hoe gaan sy hom terug wen? Hoe gaan sy hom oortuig dit is net haar stiefbroer as hy weg is?
Hierdie boek bevat tonele van seks en is nie geskik vir lesers onder sestien nie.
Goodreads.com resensies:
Bart se seerkry en sy emosies word ook goed uitgebeeld. Die leser sien die mooi vrou uit sy oë en sy is so mooi beskryf en haar karakter word mooi gestel vir die jong man om te bewonder.
Daar is ook bedtonele in die boek, nader aan die einde, en na ek dit gelees het, verstaan ek nog meer die diepte van hul liefde vir mekaar. Ilse, ‘n vrou wat nog nooi vervulling ervaar het nie, word deur Bart opgewek en haar vervulling is volmaak toe hulle een geword het in die slaapkamer.
Hierdie verhaal sal menige vrou se harte bekoor en jou fantasie opwek. Die bedtonele is nie vulgêr of afstootlik beskryf nie, maar pas goed by die storie. Johan verdien ‘n 5 vir hierdie verhaal. Johhny Weizmuller (4 Ster)
Die verhouding tussen die twee is mooi en oop. Hy lê klem op eerlikheid, kommunikasie en respek. Die boek het sy verrassings en sy beskrywing van die realistiese sy van die lewe. Die korporatiewe werklikheid is ook mooi beskryf.
Die bedtonele is smaakvol uitgebeeld.
Ek hou van die skrywer se gebruik van dieselfde karakters vanuit Yolanda se Beurt. Dit voel so bekend. Welgedaan.
Koop:
Elektronies:
Teen $6.99 (mobi weergawe) of $10.99 (slapband.
EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).
Slapband:
$10.99 by Createspace (slapband).