ISBN 978-0-620-67794-3 epub
ISBN 978-0-620-67795-0 mobi
Wessel Bruwer verbreek sy verhouding met sy liefde, Mandie, toe sy nie met hom wil trou nie en sy ‘n oop verhouding wil hê. Hy verhuis terug na Suid-Afrika en werk as vlieënier by Meyer Industries in George.
Pauline Niemand Marx, die suksesvolle eiendomsagent se lewe kom tot stilstand toe haar man haar los vir ‘n jong kind. Haar hart is gebreek.
Na ‘n suksesvolle noodlanding, wat sy vanuit haar vriendin se kantoor aanskou het, ontmoet Pauline vir Wessel en daar is onmiddellik ‘n vonk tussen die twee. Wessel slaan haar voete onder haar uit en hulle weet vroeg hulle wil mekaar hê, ongeag die ouderdomsverskil. Wessel vra haar om met hom te trou en hulle raak verloof.
Net daarna loop alles skeef. Pauline gee hom die trekpas. Wessel verloor sy werk en word gearresteer. Pauline ontdek dat sy swanger is…
Die elektroniese weergawe is die skoon en romantiese weergawe. Seks word nie in detail beskryf nie.
Goodreads.com resensies:
Lynette Bam (5 Ster).
Nog ‘n pragstuk oor die liefde tussen ‘n ouer vrou en jonger man. Enige vrou kan haarself volkome in hierdie verhaal inleef. Daar is volop aksie en avontuur in hierdie verhaal. Die bedtonele is warm, maar geensin vulgêr nie. Hierdie boek kon ek nie neersit nie.
Johnny Weizmuller (5 Ster).
Pauline is ‘n lekker dik boek wat jou lank gaan besig hou. Johan het hierdie boek ingeweef met aksie en ander gebeure. Die element van liefde is in hierdie boek teenwoordig. Pauline wat deur haar man gelos word vir ‘n jong kind en Wessel wat ongelukkig is. Die elektrisiteit vloei tussen die twee van die eerste ontmoeting, al is sy ouer as hy.
Gesamentlik is daar die gebeure van die dwelmkartel in Kolombie en die Federale Buro se stryd teen die misdadigers, wat oorspoel tot in Afrika. Wessel word ongewens hierby betrek. Hy moet selfs veg vir sy lewe. Hy maak ‘n draai in die wildernis van Kolombië en Zimbabwe.
Wessel en Pauline se liefde word getoets tot die uiterste. Hy word as misdadiger behandel deur die gereg, en hy verloor sy werk en aansien. Die leser kry net so seer soos Wessel en Pauline, en beleef hul pyn tot in die fynste besonderhede. Chrizelle se liefde bloei en dra nie juis tot die atmosfeer by nie.
Die boek se einde is wat die leser gelukkig maak en die boek kan neersit met ‘n tevrede glimlag en lus maak om die volgende boek van die skrywer te lees.
Die boek het vanweë sy dikte drie tonele in wat in die slaapkamer afspeel en dit is baie smaakvol, tog stomend geskryf. Die leser beleef die liefde wat Paulene tot die jonger man voel. Haar emosies word ontbloot tydens hierdie tonele. Pauline en Wessel se verhouding het gegroei van aantrekkingskrag, tot hul eerste soen en later tot liefde.
Hierdie werk is een van die skrywer se bestes
Elsa Naude (5 Ster).
Ek was mal oor hierdie boek. Die liefde bly maar mooi en word baie mooi in hierdie boek beskryf. Die boek is ook propvol aksie en drama. Die liefde van Pauline en Wessie word tot die uiterste beproef.
Die lelik van die dwelmhandel en die gepaardgaande mag van dwelmbase is lelik en kom hier na vore. Die hofproses, wat soms maar stadig is, laat die ongeregtigheid uiteindelik boet.
Die versoening tussen Pauline en Wessel roer my hartsnare. Hierdie verhaal het weer my verbeelding aangegryp, want Wessel is jonger as Pauline. Hy het verby haar ouderdom gekyk en die vrou liefgekry.
Ten spyte van voldoende avontuur en aksie, word die prag en praal van die liefde uitgebeeld tussen die ouer vrou en die jonger man.
Elaine Du Preez (5 Ster).
‘n Lekker lang verhaal wat mooi uitbeeld hoe volmaak die liefde kan wees. Beide Wessel en Pauline vind volmaakte liefde, maar enige liefde kom soms voor groot toetse. Hierdie boek het sy regverdige deel van aksie, drama, liefde, hartseer en laastens geluk. Die gelukkige einde is nie beskryfbaar nie. Hou die sneesdoekies byderhand. Die asems hyg ook.
Sonja Hamman (5 Ster).
Liefde bly maar mooi. Pragtige boek met liefde tussen ‘n ouer vrou en haar jong man word meesterlik beskryf. Hierdie ou het die skoot hoog deur vir haar. sy gee haar hart volkome aan hom, maar dan kom hulle voor ‘n groot toets te staan. Drie hygende tonele, genoeg aksie.
Flamingcrystal (4 Ster).
Zelda Bussey (5 Ster).
Loraine Eckley (5 Ster).
Pieter Hougaard (5 Ster).
Louise Lategan (3 Ster).
Smashwords.com resensies:
Flamingcrystal (4 Ster).
* I received an ARC for reviewing purposes*
Lesers sal hou van Johan se boeke omdat hy glo in ‘happily ever after’ stories waar sy uiters romantiese manlike karakter die grond aanbid waarop die vrou van sy hart loop.
Die soort man van wie enige vrou droom: ñ man wat goeie maniere het, nog die kar se deur vir haar oopmaak, haar gerief altyd eerste stel (selfs in die slaapkamer) en niks is ooit te veel moeite vir hom om haar gelukkig te maak nie.
Die klein dingetjies wat die meeste tel, vir haar doen, sonder om sy pond vleis daarvoor te wil eis. (Pssst jy weet wat ek bedoel…)
Die held en heldin word in situasies geplaas waar hulle liefde vir mekaar tot die uiterste beproef word.
[fblike]
Koop:
Elektronies:
Teen $3.41 (mobi weergawe) en $12.99 (slapband gedrukte weergawe).
EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).
Slapband:
Teen $12.99 (slapband gedrukte weergawe).
EFT is nie vir Createspace moontlik nie.