René

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

ISBN 978-0-463-03375-3

Vier jaar is baie lank, lewenslank, om ‘n galeislaaf te wees. René Durant se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrmpel en as galeislaaf verkoop op die aand wat René vir Willemien Van der Toorn wou vra om met haar te trou. Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help ontsnap, neem oom André hom aan as sy seun en sodoende word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om terug te keer en sy eiendom terug te kry en Pawels en sy trawante te laat boet.

Willemien kan nie van René vergeet nie en besef later dat die lewe voortgaan. Sy raak na drie en ‘n halwe jaar aan Gerhardt verloof, want sy wil graag kinders hê. Gerhardt weet sy het steeds vir René lief. Hulle gaan op ‘n ooreenkoms trou.

Willemien is onmiddellik aangetrokke tot die jong graaf Moreau. Hy herrinner haar so baie aan René en krap haar gemoed om. Hy soen net soos René en hy dans net soos hy. Wanneer hy haar verlei, weet sy, sy wil eerder met hom trou.

Wanneer die jong graaf en Gerhardt bots, kom baie na die swaardgeveg kyk. Daar maak Willemien ‘n skokkende ontdekking en weet René is nou vir haar verlore. Hoekom is die lewe so ongenadiglik wreed?

Sal hulle ooit bymekaar kan kom? Hoe gaan sy hom oortuig sy het hom lief, nie vir Gerhardt nie?

Hierdie verhaal het heelwat aksie. Daar is swaardgevegte, seegevegte en selfs ‘n tipe van ‘n tweegeveg in die vorm van ‘n dobbelspel met kaarte en volop geld. Hierdie boek sal jou die ou Kaapse tyd laat herleef.

Interaktief

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

Koop:

Elektronies:

 

$4.59 (Ongeveer R60.00)

Die boek sal binnekort in druk ook beskikbaar wees.

Back