Christelle se Sprokie

ISBN: 9780463432983

ASIN: B08BWBPZ8F

Christelle Meyer ken die diepere betekenis van die woord eensaamheid. Sy is so alleen, stoksielalleen, sielsalleen eensaam. Al wat haar nog aan die gang hou is haar dogtertjie. Sy beeld haar eensaamheid uit in haar digkuns. Trane het sy nie meer nie. Haar man werk vir ‘n olieraffinadery en is weke lank nie tuis nie. As hy wel kom, sien hy haar nie raak nie. Sy is werkloos en voer ‘n sukkelbestaan.
James se vrou het hom geskei omdat sy van mening is hy het nie ambisie nie. Hy kan nie graag sy planne ten uitvoer bring nie, want hy moet sorg dat sy die nuutste motor en selfoon het, haar menige klere rekeninge betaal en sy wil in ‘n luukse huis bly. Hy sukkel om haar leefstyl te onderhou. Na hy van hul egskeiding uitvind, kan hy weer op die been kom. Hy is nou egter ‘n man wat vrouens wantrou.
Hy ontmoet die digterteres Christelle op sosiale media en verslind haar pennevrug, want sy beeld sy gemoedtoestand so juis uit. Wanneer hy ‘n finansiële deurbraak maak, begin hy sy droom uitleef.
Hy ontmoet eendag vir Christelle, toe beide dit die heel minste verwag, en die vonke spat. Beide weet hulle is ernstig tot mekaar aangetrokke, maar sy is getroud…..
Die lewe maak soms snaakse draaie voor ‘n mens geluk binne jou bereik sien. Is jy nie geregtig om dit met twee hande aan te gryp as dit kom nie?

 

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

$4.59 (Ongeveer R70.00)

Die slapband weergawe is nog nie by amazon.com beskikbaar nie.

Back

  • Share on Tumblr
  •