Fatal Fantasy deur Flamingcrystal.

tmp_18102-dae6915eca9635dcbb4309e42af7abf71e622b27-thumb533348936

Fatal Fantasy, uit die pennevrug van Flamingcrystal, is ‘n liefdesverhaal wat afspeel in die hedendaagse tyd van elektroniese aanlyn tegnologie. Die skryfster het nie net vir my as ‘n manlike leser binne die eerste hoofstuk geboei nie, maar ek was ongeduldig om die boek klaar te lees. Elke onderbreking het my omgekrap. Ek was vasgenael tot op die laaste blad en toe het ek tevrede met my dag voortgegaan.
Die boek is goed afgewerk ten opsigte van taalgebruik, leestekens en die skryfster praat die taal wat deur ons volksmond gebruik word. Haar beskrywing van aanlyntegnologie is puik. Die karakters is elkeen beskryf met sy eie voorkoms en karakter. Die boek het ‘n pragtige liefdesstorie en ‘n goeie ketting van gebeurtenisse. Die leser word nie een keer verveel nie. Jy moet net elke bladsy verder lees om te sien wat volgende gebeur. Die spanning bou op om te sien of Sonja en Marius bymekaar gaan uitkom. Die skryfster se humorsin is puik en getuig van goeie smaak.
Hierdie boek is die boek met ‘n gelukkige einde. Beide mans en vrouens kan hierdie boek geniet, en glo my, julle sal. Die twee hoofkarakters se keuse oor hul ideale lewensmaat, maak hierdie boek ‘n storie waarin jy jouself kan uitleef. Die einde het dalk ‘n traan tot gevolg.
Ek het die elektroniese weergawe op my selfoon gelees en die vertoon op die klein skerm was sonder enige probleme. Hierdie boek is goed, so dat dit op my selfoon bly, sodat ek dit weer kan lees in daardie situasies waar jy iewers moet wag of vertraag is. Ek sal dit beslis weer lees.
Ek is nie in staat om enige negatiewe punte uit te wys nie, want daar is nie. Flamingcrystal mag maar ‘n boek skryf.


  • Share on Tumblr
  •  
Posted in Skryf / Writing and tagged , , .

Johan Crous

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *