Flamingcrystal Softly Whisper

FSWHierdie is my eerste artikel oor ‘n ander skrywer, vir wie ek as skrywer groot respek gekry het.

Flamingcrystal Softly Whisper.

Besoek gerus haar blad by (kliek hier).

Sy het op haar blad ‘n paar boeke wat gerus afgelaai en gelees kan word vir ure en ure se leesgenot. Ek is nou met haar laaste boek besig en ek kan dit moeilik neersit.

Die skrywer maak seker dat sy jou as leser bind, al is die boek dalk nie jou onderwerp van keuse nie. Sy slaag daarin met elke boek. Die leser word van die begin af geboei en vermaak tot die einde toe. Haar boeke het almal gelukkige eindes. Sy versorg haar boeke tegnies goed. Dit is waarde aangesien jy die boeke gratis kan aflaai. Sy is bekend in skrywerskringe.

Ek gaan haar boeke se resensies wat ek gedoen het volgende op my blad publiseer.

[fbcommentssync]

Fantasieë / Fantasies.

Ek het dikwels gewonder oor fantasieë. Is fantasieë werklike begeertes of is dit net ontvlugting vanuit die realiteit?
Ek het met my boek Ilse 28 vrouens gevra oor hul siening van ‘n verhouding of huwelik tussen ‘n ouer vrou en ‘n jonger man. 24 Het dit ten sterkste afgekeeur. Ek verwys na hul antwoord. Ek het die indruk gekry hulle vind dit totaal en al onaanvaarbaar. Tog het my boek Ilse, redelik goed gedoen. Ek wonder nou of dit nuuskierigheid is en of dit dalk ‘n gekoesterde fantasie is. Wie sal weet? My soorgelyke verhale, Paula en Pauline vind geluk, vaar ook baie goed.

I have often wondered about fantasies . Is fantasies real desires or is it just an escape from reality? I asked before writing my book Ilse, 28 women about their view of a relationship or marriage between an older woman and a younger man . 24 Expressed a strong no. I refer to their answer. I got the impression they find it totally unacceptable. But my book Ilse , did quite well. I wonder now if it was curiosity and whether it might be a cherished fantasy. Who knows? My similar stories , Paula and Pauline found happiness, performed well .

[fbcommentssync]

Webblad in werking / Website running.

Tweetalige / Bilingual.

Na ‘n groot gesukkel met WordPress is hierdie blad, steeds baie basies, in werking. Ek het WordPress glad nie geken nie en die hele proses is maar een groot proses van verkenning. Ek het heelwat frustrasies gehad, maar ook pret. Daar is nog heelwat meer om te doen voor ek tevrede sal wees.

After a process of hassles with WordPress, this website, although very basic, is running. I did not know WordPress and the whole process is one of discovery. I had a lot of frustrations, but also some fun. There is several more to do before I will be satisfied.

[fbcommentssync]