Gratis aanlyn foto manipuleerders

Ek word dikwels gevra watter sagteware ek gebruik om my boeke se omslae te ontwerp. Dit is algemeen dat Photoshop wêreldwyd beskou word as die top sagteware om fotos te verwerk, maar ook dat dit die duurste is en dat jy slegs dit kan gebruik deur ‘n jaarlikse inskrywing, deurdat Photoshop CS6 die laaste weergawe was wat as enkele lisensie verkoop was.

Ek gebruik Photoshop CS6, Corel Paintshop Pro X8 Ultimate en Pixlr (gratis aanlyn sagteware). Ek gebruik die laë (layer) finksie wanneer ek een foto maak uit verskeie ander.

Hier vol ‘n webartikel van die top 10 gratis aanlyn sagteware. U hoef dus nie enige sent uit te gee nie, buiten bandwydte vir data gebruik.

Ek gebruik ook Pixlr.

Lees artikel hier.

[fbcommentssync]

Marleo loop die ekstra myl.

Ek het Saterdag, die 21ste Oktober, die voorreg gesmaak om Petro Greeff se boekbekendstelling by te woon, by die museum in Wellington. Sy het haar boek, Borsies en Boudjies, bekend gestel. Die boek is deur Mar-Leo Publiseerders gedruk en is van die hoogste gehalte.

Tydens die verrigtinge is daar ook uittreksels uit die boek voorgelees en ek is oortuig dat die inhoud ook net van die beste gehalte is. Ek het self ook ‘n eksemplaar aangeskaf en ek is nie verkeerd bewys nie. Petro se debuut boek is net die beste gehalte en genot om te lees.

Mariëtte Van Dyk het spesiaal van Pretoria af gevlieg na Kaapstad om die boekbekendstelling by te woon en te help met die reëlings, die bewys dat sy die ekstra myl stap vir haar skrywers. Ek kan met trots sê dat ek ook ‘n skrywer is van Mar-Leo Publiseerders.

Heerlike versnapperinge is voorgesit aan die gaste.

Heerlike koffie en tee was bedien, asook koeldrank.

Petro se debuut boek. Dit is beslis die eerste van vele meer. Petro mag maar skryf.

 

Petro doen die bedankings.

Haar jongste dogter was ook aan die woord. Sy het haar trots in haar moeder uitgespreek.

Petro se oudste dogter doen ‘n voorlesing uit die boek. Die trots kon in haar stem gehoor word.

Gys, haar man het ook voorgelees en sy trots was ook opmerklik.

Petro het elke eksemplaar persoonlik geteken.

Petro onderteken my, Johan Crous, se eksemplaar.

Mariëtte Van Dyk saam met Petro en haar gesin.

Daar was verskeie ander skrywers ook by die geleentheid:

Mariëtte Van Dyk, Johan Crous en Olga Basson.

Mariëtte Van Dyk en Johan Crous.

Olga Basson en Alte Cloete.

Johan Crous, Mariëtte Van Dyk en Pierre Rossouw.

En nou moet hierdie plakkaat van skrywers aangepas word. Petro moet nou bygevoeg word.

Sy het gedoen wat baie mense net van kon droom. Sy het begin skryf en dit tot die einde deurgevoer. Petro is ook gerus, want sy weet sy is in goeie hande in haar keuse van publiseerders. Haar boek is in haar naam geregistreer.

Welgedaan.

[fbcommentssync]

Waarmaker

En Mar-Leo doen dit steeds. Die eerste nege maande van die jaar is pas verby en Mar-Leo het reeds meer as 100 nuwe publikasies gepubluseer. Die publikasies wissel van minimum bestellings, tot selfs bestellings van 1 000 boeke op ‘n keer.

Menige skrywer en digter se drome en ideale is reeds hierdie jaar deur Mariëtte waar gemaak met haar diens, produkte, goeie pryse en eerlike diens. Dit klink na baie boeke, maar tog is die omkeertyd gemiddeld slegs twee weke. Skrywers wag nie maande soos by sommige ander drukkers of uitgewers nie, maar slegs so kort. Jy kry eers jou proef boek om te verifieër voor die finale oplaag gedruk word. Verskeie van hierdie gedrukte boeke is al by hul tweede en derde oplaag. Verkope loop goed, want by Mar-Leo word die skrywers nie aan hul lot oorgelaat nie, maar hul boeke word ook bemark.

Skrywers het ook gemoedsrus want die boeke is van die beste gehalte. Geen kortpad word gevat ten opsigte van gehalte nie. Jy weet ook jou boek is in jou naam geregistreer en nie soos by sommige ander drukkers of publiseerders in hul eie name nie.

Veels geluk Mariëtte. Ek het reeds my keuse gemaak om my boeke by Mar-Leo te publiseer. Kyk hier om die artikel te lees.

Ek het reeds by betroubare bronne gehoor dat Mar-Leo Publiseerders nog hierdie jaar nuwe winskopies gaan uitbring, waar jy boeke teen spesiale afslagpryse kan laat druk. Ons wag in spanning.

Van gemoedsrus gepraat, jy kan gerus navraag doen by die Staatsbibliiteek of jou boek geregistreer is en in wie se naam. Kontak vir Me. Magret Kibido per vonkpos by Magret.Kibido@nlsa.ac.za, of skryf na die Staatsbiblioteek by Posbus 397, Pretoria 0001, of skakel haar by Tel. +27 (0)12) 401 9718 en Faks: +27 (0)12) 325 5984.