My persoonlike mening oor die iPad Pro 10.5

Ek het ‘n Samsung Galaxy Note 1 10.1 gebruik, op kontrak, en na twee jaar opgegradeer na die A2. Eersgenoemde het 16GB spasie gehad en laasgenoemde 32GB. Ek kon dit aanvul met ‘n SSD van 64GB.

Ek het die tablet gebruik vir skryf op Mobisystem se Office en ek het dinge soos my korrespondensie gedoen en geswerf op Internet en af en toe videos gekyk.
Beide Samsungs was Android stelsels en ek was gefrustreerd omdat ek daagliks ernstig moes bestuur ten opsigte van spasie. Android het miljoene programme, maar dit is te beperk vir wat ek wil doen. Ek moes verskeie programme koop of gratis aflaai om een taak te voltooi.

Toe breek die hond my tablet!

Na twee jaar is die beskikbare tablette op kontrak, met presies dieselfde geheue en vrek duur. Ek kon nie ‘n Windows tablet bekostig wat bo intreevlak was nie.
Toe loop ek die iPad Pro 10.5 (2017) raak. Die spesifikasies: 3GB RAM, 512GB spasie, geen SSD.

Ek het dit aangeskaf, met geen idee wat om te verwag nie. Ek het geen ondervinding van iOs nie. Die groot spasie het my gelok, en die vermoë om Affinity Photo te hanteer. Dit was ‘n steil leerkurwe. Dit lyk effens na Android, ek dink beide iOs en Android is op Linex gebasseer.

Ek was eers bitterlik teleurgesteld, maar het na ‘n maand reggekom. Ek sal nou die iPad bo ‘n Android verkies weens die vermoë om groter programme te hanteer, maar ek sal nooit weer ‘n iOs of Mac aankoop of enigsins aanbeveel nie.

Die iPad Pro kan Affinity Photo en Affinity Designer hanteer. Android kan nie, of moontlik is dit net nie daarvoor geskryf nie. Dit is nie baba programmetjies nie, maar die volle weergawes. Dit kan alles doen wat die toonbank PC of Mac kan doen, maar is net beperk tot een foto op ‘n keer, waar die toonbank PC of Mac natuurlik meer fotos op ‘n keer in verskillende “tabs” kan oopmaak. Affinity Foto is die oposisie fan Photoshop en ek verkies dit. Daar is geen maandelikse subskripsie nie.

Ek kan my buiteblaaie volkome op my iPad ontwerp en afhandel. Die projekte is volkome uitruilbaar en ondersteun lae volledig. Op die Android tablet kon ek nie.
Ek kan ook my Mobisystem Office gebruik teen ‘n eenmalige koste. Dit het dan nie die pdf “editor” nie, daarvoor het jy ‘n jaarlikse inskrywingsfooi nodig, en ek verpes dit met ‘n passie!

Die standaard epos program is puik en ondersteun foto handtekeninge, terwyl Outlook en Bluemail nog nie.

Die iPad het net 3GB RAM, maar iOs is so geskryf dat dit voldoende is vir wat jy hanteer. Ek kan nie hieroor kla nie. IOs is hewig gesteld op sekuriteit.

My een groot frustrasie is dat jy slegs by die Apple store programme kan koop. Ek hou nie daarvan nie, maar ek kan dit nie verander nie. Die programme dateer gereeld op en as jy dit opgedateer het, hoef jy nie die programme na SSD te skuif om meer geheue oop te maak nie. Alles bly glad verloop.

“File Management” frustreer my eindeloos. Android is iOs hier ligjare voor. Jy kan nie jou “files” met die standaard iOs bestuur nie. As jy ‘n foto of video op die iPad wil plaas moet jy dit deur die Itunes program op die Windows PC doen. Dit behoort maklik vanaf die iPhone of Macbook of Mac te wees. As jy na die foto soek, sal die program, Photos, dit sien. Jy weet nie waar dit lê nie. As dit in die gallery bly lê (later word dit baie groot en hanteer moeilik), kan jy dit maklik sien, maar as jy dit skuif kan slegs die derde party program, of ander met sy hulp, dit raaksien, as ‘n “file,” maar nie as ‘n “icon” of foto nie. Dieselfde met flieks of klank.

Die program “Files” kan slegs soek en nie bestuur nie. Ek het Documents geïnstalleer, en nou kan ek dit bestuur soos in Windows. Jy is uiters beperk, want jy kan die program nie tweekeer laai soos in Windows nie en meestal kan jy slegs deel na iets anders. Ek wil direk kopieër, maar iOs wil net deel. Die stappe om iets te deel vat langer, maar ek kom oor die weg.

Ek het ‘n geheue stokkie van 64GB gekoop met die Apple konneksie aan die een kant en ek kan so tussen my foon en PC of ander PCs uitruil. Jy kan nie ‘n “directory” met klomp “files” en “subdirectories” deel nie. Jy moet die files los deel. Dit frustreer my effens. Op iTunes kan jy, maar jy kan nie op die iPad vanaf die iTunes program binne ‘n “directory” sien nie. Dit werk egter redelik glad.

Jy kan nie “bluetooth” konekteer met ‘n Android of you PC nie. Daar is egter programme wat beweer jy kan met ‘n PC deur WiFi, maar ek kan dit nog nie doen nie.

Ek het die Apple pen gekoop en gebruik dit met vrug. Dit is die Andoid stylus ligjare vooruit. Dit is net duur, maar maak my werk akkuraat in Affinity Photo. Ek kan pdf dokumente oopmaak en met die pen my handtekening maak en terugstuur en ek het dit met vrug gebruik.

Die battery hou vier keer langer as die Android teblette wat ek gehad het. Dit help my om beweeglik te kan wees. Beweeglikheid is die doel van ‘n tablet.

“Multitasking” is daar, maar ek verkies die metodes van Windows. Ek is te beperk op die iPad.

Die Internet blaai programme op die iPad is net so beperk as op die Android. Ek verkies Windows weergawe.

Die iPad het ‘n sim kaart, maar dit weier dat ek enige sms kan stuur.

Ek sal tans die iPad bo die Android weergawes aanbeveel, weens die programme wat ek verkies.

Daar is tans Windows 2-in-1 skootrekenaars, vrek duur, wat naby aan die Microsoft Surface Go en Pro beweeg, maar goedkoper.
Ek sal graag eendag die volgende stelsel wil hê (Net ‘n droom, want dit kos R25 000.00):
Lenovo Yoga 730 (Daar is goedkoper weergawes ook beskikbaar, met kleiner geheue).
13″ skerm, in plat, dun raam wat 12’ grootte is. Die skerm is groot vir die klein totale grootte van die rekenaar. Dit is dun.
16GB DDR 4 RAM
4GB kleur kaart
1TB Solid State HDD
Raakskerm
Active Pen (nie stylus nie)
Windows 10 Pro.

Die rekenaar kan in totaal veerkeerd-om oopmaak en dan het jy ‘n tablet. Jy kan die sleutelbord uitskakel met ‘n knoppie. Op hierdie skootrekenaar/tablet hibried, het jy alles wat jy nodig het. Jy kan al jou Windows programme loop, sonder enige beperkings, jy het genoeg spasie en jy kan addisionele skerms, geheue stokkies, projektors, luidsprekers en hardeskywe inprop, sonder dat die toestel probeer keer. Dit bevat egter nie ‘n simkaart nie.

Jy kan met hierdie model jou hele kantoor saam met jou dra. Daar is geen beperkings op jou nie, slegs die skerm grootte. My Ultimate eBook Creator, ViaCad Pro, Photoshop CS 6, Paintshop Pro, “Desktop” weergawes met meer vermoëns van Affinity Photo, Designer en Publisher, groter weergawe van Scrivener, Skryfgoed 5, Blender 2.8, Photoshop “plugins” en vele meer werk nie op die iPad nie.

Slot: om ‘n tablet te koop om beweeglik te wees, hang af van jou finansies en benodigdhede. Daar is goedkoop toestelle beskikbaar, maar jy sal spyt wees dat jy jou geld gemors het. As jy slegs wil skryf, kan dit deeglik werk.

Hierdie is my persoonlike mening. Ek verkies die vryheid wat Windows my bied, bo die beperkings wat iOs gee, maar iOs loop gladder as wat Android geloop het. Op Windows 10, is die blou skerms uiters raar. Ek weet nie van iemand wat dit al gekry het nie.

Laastens, die Macbook Pro skootrekenaar wat dun is, kos R31 000.00. Vir my is dit nie ‘n opsie wat ek sal oorweeg nie. Jou PC skootrekenaar kan jy self ook opgradeer of orals laat regmaak. Jou iPad en Macbook moet jy by geakkrediteerde plekke inhandig, ten duurste. As jy met ‘n skootrekenaar oor die weg kan kom en tablet “mode” is nie ‘n vereiste nie, kan jy vir onder R20 000.00 ‘n top model koop wat jou ook volkome beweeglikheid gee.

Kuberkrakers weer bedrywing

Ek het hierdie naweek al weer 255 pogings gestuit om op my blad in te meng.

Die totale hoeveelheid trek nou by 259 693.

Die meeste gaan oor Viagr@. Is dit al waarmee hulle hulself nou kan besig hou? WP Ban werk goed.

(Ek het die spelling doelbewus verander om soektogenjins te keer).