ISBN nommers, wat is die bohaai?

ISBN nommers, wat is die bohaai? Deur Johan Crous.

Ek is al by verskeie geleenthede uitgevra oor ISBN nommers en wat dit beteken. Ek het heelwat navrae daaroor gedoen en baie van die vrae word beantwoord deur ISBN.org se FAQ bladsy. Kyk by

ISBN.org

Wat is ‘n ISBN nommer? Dit is die afkorting vir International Standard Book Number, wat sedert 1970 ingestel is. Aanvanklik was dit 10 syfers en sedert 2007 is dit 13 syfers.
Wanneer ‘n skrywer ‘n boek skryf, vra hy self, as selfpubliseerder, of sy publiseerder, die ISBN nommer van een van ongeveer 160 wêreldwye, gemagtigde kantore aan. Elke land het sy eie unieke voorvoegsel in nommer. Die skrywer / publiseerder moet die nommer in strepieskode op die voorgeskrewe formaat agter op die boek aanbring. Verskeie formate is in omloop wat niksseggend is en nie die skrywer se boek, ten opsigte van kopiereg beskerm nie, want dit is in foutiewe formaat. Die voorgeskrewe formaat lyk so:

Om die nommer te verkry en op die boek aan te bring beteken absoluut niks. Die skrywer het geen beskerming nie. Die skrywer / publiseerder moet een kopie by die Staatsbiblioteek in SA inhandig, sodat die boek geregistreer kan word. Die Staatsbiblioteek, die registrasie-owerheid in SA, registreer daarna die boek by die wêreldwye owerheid, www.bowkerlink.com. Dan eers is die boek geregistreer.

Skrywers is steeds nie verseker van hul eie boeke nie. ‘n Skrywer het my onlangs gekontak, hoogs ontstelt, toe hy agtergekom het sy publiseerder, wie sy boeke by amazon.com gepubliseer het, verdwyn het. Die publiseerder het die wagwoord, en het die skrywer se boeke op sy eie naam (publiseerder) geplaas. Hy kry steeds die eienaarsregte en die skrywer kry niks want hy is weg, sonder om kontaknommers te laat. Dit gebeur daagliks en baie skrywers weet nie daarvan nie.

Skrywers, kom ek verduidelik waaroor dit gaan. Jou boek is in omloop en op ‘n dag kom jy agter jou werk is deur iemand anders as sy eie gesteel. Jy kan maar hof toe gaan, want jy het nooit geweet dat jou boek nie by die Staatsbiblioteek ingegee is nie en dus nie by die wêreldowerheid geregistreer is nie. Jou boek het dus nie enige kopiereg wat in ‘n hof gaan staan nie. Die dief het jou werk op die voorgeskrewe wyse geregistreer en jy gaan verloor en die hofonkoste ook moet betaal en dit kan jou finansieël ruineer.
Jy moet jouself vergewis dat jou publiseerder die boek in jou naam registreer en die bewys aan jou stuur. Dan het jy gemoedsrus. Jy kan by die volgende drie skakels gaan kyk of jou boek geregistreer is.

worldcat.org
www.sapnet.co.za
www.bowkerlink.com

Wanneer jy jou boek deur iemand anders laat publiseer, maak baie seker dat die boek deur ‘n kontrak gerugsteun word. Sommige skrywers het hulle boeke laat druk, en die publiseerder bied as deel van die diens die verkryging van die ISBN nommer in. Die skrywer ontvang sy boeke, net om later uit te vind die publiseerder is bankrot of dood en sy boek is nou deel van die boedel. Iemand anders mag dalk as deel van die betaling jou intellektuele reg verdien. Maak seker dit is in jou naam.
Skrywers wat eboeke wil publiseer, maak seker dat jy die reg het tot jou eie boeke. As iemand anders die boek by amazon.com of enige ander aanlyn boekhandelaar publiseer, het hy/sy die wagwoord om die boek te onttrek of die prys te verander. Jy het geen seggenskap nie. As hy verdwyn soos ek vroeër gemeld het, waarheen gaan jou geld? Maak seker jy word nie gevang nie.
Verskeie boeke word in SA gedruk vir skrywers en ek sien die boeke bevat geen ISBN nommer nie. Dit is nie onwettig nie, en die die boeke is werklik mooi. Enige Jan Rap en sy maat kan egter die inhoud as sy eie elders gebruik en jy as skrywer het geen verweer of reg nie, want jy het dit onwetend toegelaat. Die weglating van die ISBN is die aanduiding dat die boek se inhoud vry van kopiereg is.
Ek as skrywer, het al my boeke geregistrer of laat registreer op die voorgeskrewe wyse en nou het ek volkome gemoedsrus. Ek is deur eerbare mense geadviseer en gehelp. Kyk maar op my persoonlike profiel.

En Marleo doen dit weer!

Die Phalaborwa Harold van 21 Julie 2017 het die berig geplaas wat wys dat Mariëtte Van Dyk van Marleo Publiseerders dit weer gedoen het. Mejuffrou Caitlin Beetge, woonagtig in Phalaborwa het haar debuut boek, Down to Earth, bekend gestel op 15 Julie 2017, tydens ‘n spoggeleentheid in Phalaborwa. Marleo Publiseerders het die boek gedruk en gepubliseer in haar naam. Die skryfster is trots op haar pennevrug en die uitstekende gehalte van die drukwerk. Mariëtte het van Pretoria af gereis om die bekendstelling te behartig. Tien uit tien vir Mariëtte, wie die ekstra myl stap vir haar skrywers.