Ons het van kleins af die gesegde gehoor dat die pen magtiger is as die swaard. Ons krywers skryf nie meer met die pen as wapen nie maar met meer gesofistikeerde toerusting. Ek is al hoeveel keer gevra wat ek gebruik as Indieskrywer. Ek gee hier die minimum wat ek die meeste gebruik. Ek gee nie voor ek gebruik die heel beste nie, maar vir my werk dit.
Tablet en sagteware:
Daar is vele tablette op die mark en die een is stadiger as die ander.
Ek het belê in die Samsung Galaxy Tab S2


Soos u kan sien, my model het 32GB spasie en my SD kaart bevat ook 32GB spasie.
Die RAM is 3GB. Die batterry hou so 10 uur van lees of 6 uur van skryf. Die geheue is genoeg om nie te sukkel nie. Ek het die tablet se OS opgegradeer na Android 6 en ek ondervind nie enige probleme nie.
Op die foon het ek Mobisystems se Premium Office op gelaai. Dit was maar $19.99 en beslis die moeite werd, want dit is een honderd persent aanpasbaar met die tafelweergawe van PC se Microsoft Office. Ek kan ook dokumente van nuuts af skep.

Ek skuif net my boek na my skootrekenaar as ek klaar is en omgekeer.
Ek gebruik dieselfde mense se speltoetser

Quickspell integreer met Mobi Office en ek sien onmiddellik as die program dink iets is verkeerd gespel. Die akkuraatheid is aanvaarbaar vir die rowwe weergawe van my boek.
Skootrekenaar en sagteware:
Ek gebruik ‘n Lenovo X220 skootrekenaar met 8GB RAM, 500 GB HDD en Windows 7 64bit Professional. Die ding is nou vier en ‘n half jaar oud en dit is steeds vinniger as die algemene intree skootrekenaar van vandag. Koop reg en jy is nooit spyt nie.
Microsoft Office is my keuse van die program waarmee ek my boek finaal opstel vir druk.

Jy het nie die nuutste Office pakket nodig nie. Vir diegene wat dit nie kan bekostig nie, kan Open Office gratis aflaai en dit werk net so goed.
Ek gebruik Skryfgoed 5 as die speltoetser en dit is die akkurraatste beskibaar.

Ek ontwerp my eie omslae as ‘n reël, alhoewel ‘n paar deur iemand anders gemaak is. Ek besit Photoshop CS6, maar ek verkiet Paintshop Pro, want dit is effens meer gebruikersvriendelik en natuurlik baie goedkoper. Photoshop kan nie meer gekoop word nie, maar slegs teen maandellikse fooi gebruik word.

Paintshop Pro X9 is tans die nuutste. Ek gradeer so elke vyf jaar op.

Paintshop Pro funksioneer soortgelyk soos Photoshop. Dit ondersteun ook layers en psd formate. U kan regs sien, die tutorials is ingebou.
Ek gebruik Barillo om die strepieskode vir die agterblad te genereer. Dit is gratis beskikbaar.


Die programmetjie is maklik om te gebruik en dit stoor as jpg of as png.
Ek gebruik ook PixLR, ‘n aanlyn foto manipuleerder en dit kos niks.

Ek verwerk self my boeke na eboeke, maar u hoef dit nie self te doen nie. Al die groot publiseerders sal self die Word manuskrip na eboek verwerk, teen geen koste nie.
Ultimate eBook Creator is na my mening die beste en ek sukkel geensins nie.

Dit is effens duur, maar ek kyk nie een dag terug as ek kyk hoe maklik dit werk nie. Ek gebruik ook hierdie program om my skakels in my boeke in te bou.
Ek gebruik Calibre om my eboeke op my skootrekenaar te lees en na ander formate om te skakel.

Dit is gratis beskikbaar.
Publiseerder:
Daar is net een publiseerder by wie ek my boeke laat druk. Hul diens is ongelooflik en hulle het my soveel keer bygestaan met raad en hulp. Hul pryse is die heel beste. Hul omdraai tydperk is gemiddeld tien dae.

Terugvoer:
Ons skrywers leef van terugvoer. jy kan die boek gradeer of beoordeel waar jy dit gekoop het of oor die algemeen by Goodreads.com.

Amazon.com

Goodreads.com.
Enige persoon wat enige boek wil lees, kan eers by Goodreads.com gaan kyk wat lesers van die boek dink voor jy dalk jou geld mors.
Naslaan:
Ek gebruik woordeboeke ook.

[fbcommentssync]