Pryse van boeke.
Pas na die publisering van my boek, Lekkerlees 1, het iemand by my navraag gedoen oor wat om te vra vir boeke.
As skrywer, wie al ‘n hele paar boeke gepubliseer het, word ek dikwels deur ander skrywers genader om hulp, raad of net om mee te gesels oor ons gemeenskaplike belangstelling, skryf.
‘n Vraag wat heel dikwels opkom, is, hoeveel vra jy vir jou boeke?
Tipes skrywers:
Daar is basies drie soorte skrywers, diegene wat geborg word deur groot publiseerders en dan selfpubliseerders, wie ek opbreek in diegene wat dit teen betaling verkoop, en diegene wat hul boeke kosteloos vrystel.
Geborgde persoon:
Hierdie skrywer dien sy manuskrip in by een van die groot publiseerders en as sy boek aanvaar word, word ‘n kontrak met hom aangegaan en die ISBN nommer word oorgedra aan die publiseerder. Soms is dit permanent, en sommige publiseerders doen dit vir ‘n vooraf vasgestelde tydperk. (Daar mag ander reëlings ook wees).
Die publiseerder publiseer die boek, druk dit, bind dit, bemark dit en die skrywer kry sy gedeelte van die verkoopprys. Drie grootste gedeelte van die verkoopprys per boek gaan na die publiseerder. Hulle het oorhoofse kostes soos akkomodasie, papier, ink, bemarkingskoste, arbeid, belasting, ens.
Die skrywer kry sy vyf of tien boeke, waarmee hy kan maak wat hy wil, maar as hy meer wil hê moet hy dit koop.
Selfpubliseerder, kostelose vrystelling:
Hierdie skrywer dra sy eie onkoste en stel die boek vry teen geen koste vir die leser nie, maar die boek bly die skrywer se intellektuele eiendom.
Selfpubliseerder, teen verkope van sy boeke:
Hierdie skrywer skryf sy boek en publiseer self sy boek, aanlyn en deur plaaslike druk van boeke. Hy is self verantwoordelik om sy boeke te bemark en te verkoop.
Aanlyn verkope en bemarking:
Die boek word by enige een van die groter aanlyn boekhuise geregistreer en verkoop as selfpubliseerder. Dit bly die skrywer se intellektuele eiendom. Die boek word volgens voorskrifte opgestel en dan geformateer tot ‘n eboek met digitale regte. Die stelsel doen dit outomaties vir jou na jy dit opgelaai het.
Jy kan kies wat jou prys is.
Amazon.com, seker die grootste van almal, het twee prysklasse. Jy kan 30% of 70% van die inkomste kry.
30%
Jy kan jou boek prys teen $0.99 – bokant $30.00. Amazon hou 70% terug en die res (30%) word aan jou as skrywer betaal.
70%
Jy kan jou boek prys tussen $0.99 – $9.99. Amazon hou 30% en die skrywer kry 70%.
Amazon, en sommige van die ander, het ook die druk op aanvraag opsie. Jy as skrywer moet jou boek en buiteblaaie volgens hul voorskryfte formateer en oplaai. Wanneer iemand die boek in gedrukte formaat bestel, druk hulle dit binne vier dae na verkoop en versend per pos of lugvrag na die koper. Amazon het hul minimum koste wat hulle vra en die res is jou as skrywer se wins. Die gehalte is en diens is goed. Onthou dit raak duurder omdat daar posgeld betrokke is. Amazon het tans drie pakhuise in Suid-Afrika in aanbou en ek verwag dat dit ietwat goedkoper sal uitwerk in die toekoms.
Plaaslike druk:
Die skrywer kan sy boek by enige plaaslike publiseerder laat druk. Elke publiseerder het sy eie pryse, voorwaardes en gehalte. Sommige vereis kontrakte.
Ek verkies Mar-Leo Publiseerders. Hulle sal jou boek registreer, sonder om jou ‘n sent daarvoor te vra. Jy druk jou boek in die hoeveelheid soos ooreengekom en jy betaal vir die boeke en koerier onkoste. Speltoets word ingesluit by die prys. Jy kan dan jou boeke verkoop vir soveel jy wil en as almal uitverkoop is, kan jy weer ‘n oplaag bestel, wat goedkoper gaan wees, want jy betaal nie weer vir speltoets en uitleg nie.
Wees op die uitkyk vir publiseerders wat winskopies bemarlk, want dit kan jou as skrywer net baat. Besin voor jy kontrakte teken waar jy vir ‘n tydperk maandeliks moet betaal, somtyds tot so lank as twee jaar. Jy is nie altyd verseker dat hulle suksesvol gaan wees om jou boek te bemark nie. Sommige publiseerders laat jou betaal vir die ISBN nommer. Sommige publiseerders laat jou vir die druk van ‘n hoeveelheid boeke betaal, maar jy kry nie alles wat jy bestel het nie. Hulle hou ‘n gedeelte terug om self te bemark. Dit kan jou dalk duur uitwerk.
By Mar-Leo kry ek gehalte, want hul boeke word deur Jotha drukkers gedruk. Ek betaal argumentsonthalwe R80.00 per boek. Ek kan dit maklik teen R140.00 per boek verkoop en R60.00 wins is myne. Jy kan dit duurder maak en meer verdien, maar hoe duurder, hoe minder kopers. By hulle is daar geen verborge kostes nie.
Stof tot nadenke:
Die meeste mense kan net ‘n sekere bedrag per maand op boeke spandeer. Kom ons kyk eers na eboeke. Vir die doel van die voorbeeld werk ek met Doller / Rand teen R17.00 per Doller.
Ek verkoop my boeke teen $4.99 (ongeveer R84.83) Ek verdien dus R59.38. As my boek in die koper se oë ‘n swak boek was verloor hy net R84.83. Dit is nie ‘n groot verlies nie. Dit gaan eendag gebeur want alle boeke is nie ewe goed in almal se smaak nie.
As my boek egter $9.99 was verloor hy R169.83, en ek verkoop heelwat minder boeke.
Kom ons gaan terug na my voorbeeld van die gedrukte boek. Hierdie skrywer verdien dieselfde bedrag, maar die leser hou ‘n boek in sy hand vas wat die elektroniese koper nie kan doen nie.
Die persoon wat sy prys lig, gaan al hoe minder verkoop namate die pryse lig, tot ‘n punt waar die deursnee persoon die boek nie gaan aankoop nie. Ek het in die begin min boeke verkoop, want ek was onbekend. Ek moes ‘n bars hou bemark voor ek sukses begin behaal het. Ek maak soms ‘n boek vir twee dae verniet. ‘n Leser wat daarvan hou sal maklik nog van my boeke koop as die prys bekostigbaar is. Hull gaan verby hou as ek te veel vra.
Die koper gaan nie my boek in gedrukte formaat koop as die afwerking swak is of die omslag lelik is nie. Mar-Leo se gehalte is puik en die koper sal nie huiwer nie. Hulle het hul voorskrifte ten opsigte van riglyne en dan sal die boek optimaal vertoon.
Kom ons vat weer twee vergelykings by Amazon.com. Beide boeke is ewe groot.
Jan vra $19.99 (R339.83). Hy kry 30% (R101.95) per boek.
Koos vra $4.99. (R84.83). Hy kry 70% (R59.38) per boek.
Teen R84.83 per boek gaan Jan baie, baie meer as Koos verkoop teen R339.83 per boek. Dit gaan oor waarde vir geld. Jou reputasie gaan later ‘n verskil maak. As iemand van een van jou boeke hou en die prys is reg, gaan hulle weer koop, veral as dit goedkoop is.
Koos vra net 25% vand Jan se prys. So ek kan sê dat hy dus vier keer meer sal verkoop as Jan. Kom ons sê hy verkoop 100 boeke. Hy sal dus R5938.00 verdien. Jan, wie 25 boeke verkoop, sal net R2548.75 verdien. Al verkoop Koos net twee keer soveel as Jan, verdien hy steeds R2969.00, wat steeds meer is as Jan. Koos gaan dus ‘n baie beter kans hê om geld te maak as Jan!
Laastens wil ek terug gaan na die gedrukte boeke. Baie skrywers vra te duur en lesers moet dikwels R200.00 of R300.00 per boek betaal. Die skrywers kry soms selfs minder as R20.00 per boek. By Mar-Leo gaan die skrywers drasties meer kry, want die boeke kos goedkoper en daar is geen verskuilde koste nie. Jy weet vooraf vir hoeveel jy betaal en hoeveel jy gaan kry. Jy kan dus meer verkoop, omdat jou pryse goekoper is.
Sommige skrywers prys hulself uit die mark omdat hulle te duur is. Ek weet van ‘n skrywer wat vir homself ‘n motor kontant gekoop het omdat hy genoeg eksemplare van ‘n enkele boek verkoop het. Sy prys en bemarking was reg.
Jy kan ook so suksesvol wees as jy reg bemark en jou prys reg is.