René vorder goed.

Vriende en vriendinne, ek het vêr genoeg gevorder om die voorblad van my komende ou Kaapse verhaal ten toon te stel. Hierdie boek nader ook sy einde.

Vier jaar is baie lank, lewenslank, om ‘n galeislaaf te wees. René se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrmpel en as galeislaaf verkoop op die aand wat René vir Willemien Van der Toorn wou vra om met haar te trou. Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help onsnap, neem oom Andréhom aan as sy seun en word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om terug te keer en sy eiendom terug te kry en Pawels en sy trawante te laat boet.

Willemien kan nie van René vergeet nie en besef later dat die lewe voortgaan. Sy raak na drie en ‘n halwe jaar aan Gerhardt verloof, want sy wil graag kinders hê. Gerhardt weet sy het steeds vir René lief. Hulle gaan op ‘n ooreenkoms trou.

Willemien is onmiddellik aangetrokke tot die jong graaf Moreau. Hy herrinner haar so baie aan René en krap haar gemoed om. Hy soen net soos René en hy dans net soos hy. Wanneer hy haar verlei, weet sy, sy wil eerder met hom trou.

Wanneer die jong graaf en Gerhardt bots, kom baie na die swaardgeveg kyk. Daar maak Willemien ‘n skokkende ontdekking en weet René is nou vir haar verlore. Hoekom is die lewe so wreed?

Sal hulle ooit bymekaar kan kom? Hoe gaan sy hom oortuig sy het hom lief, nie vir Gerhardt nie?

  • Share on Tumblr
  •  
Posted in Skryf / Writing.

Johan Crous

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *