Hierdie is my eerste artikel oor ‘n ander skrywer, vir wie ek as skrywer groot respek gekry het.
Flamingcrystal Softly Whisper.
Besoek gerus haar blad by (kliek hier).
Sy het op haar blad ‘n paar boeke wat gerus afgelaai en gelees kan word vir ure en ure se leesgenot. Ek is nou met haar laaste boek besig en ek kan dit moeilik neersit.
Die skrywer maak seker dat sy jou as leser bind, al is die boek dalk nie jou onderwerp van keuse nie. Sy slaag daarin met elke boek. Die leser word van die begin af geboei en vermaak tot die einde toe. Haar boeke het almal gelukkige eindes. Sy versorg haar boeke tegnies goed. Dit is waarde aangesien jy die boeke gratis kan aflaai. Sy is bekend in skrywerskringe.
Ek gaan haar boeke se resensies wat ek gedoen het volgende op my blad publiseer.
[fbcommentssync]