Geesteportaal deur Flamingcrystal.

tmp_18102-5ea0fc95b35e0331019a9826c34a8992c0543390-thumb66738918

Geestesportaal deur Flamingcrystal, is ‘n boek wat ek met die grootste vrymoedigheid sal aanbeveel aan enige leser, jonk of oud. Dit is nie my gewoonlike tipe keuse nie, maar ek het dit uit nuuskierigheid gelees na ek ‘n ander boek deur dieselfde skrywer gelees het.

Wat ‘n wonderlike leesgenot. Die skrywer het my van die begin af geboei en vasgevang in die verhaal. Sy mag maar ‘n boek skryf. Haar borrelende persoonlikheid spoel oor in die boek en sy is vlymskerp met haar humor. Haar uitbeelding van die verskillende karakters is baie goed.

Hierdie is ‘n fantasie verhaal met elemente wat tog nie moontlik is nie. Sy maak alles werklik voor die leser se oë en jy geniet wat gebeur. Jy geniet die straf wat Vicky op ‘n mooi en regverdige manier uitdeel. Die leser kry lekker oor die bordjies wat verhang word. Die situasies in haar boek speel in die werklike lewe ook voor ons oë af.

Die boek verveel die leser nie een keer nie. Die taalgebruik is uitstekend en die humor is puik. Ek kan hierdie boek met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Dit is tone krul lekkerkry plesier uit haar pennevrug. Ek wag in spanning vir haar volgende boek.


  • Share on Tumblr
  •  

Fatal Fantasy deur Flamingcrystal.

tmp_18102-dae6915eca9635dcbb4309e42af7abf71e622b27-thumb533348936

Fatal Fantasy, uit die pennevrug van Flamingcrystal, is ‘n liefdesverhaal wat afspeel in die hedendaagse tyd van elektroniese aanlyn tegnologie. Die skryfster het nie net vir my as ‘n manlike leser binne die eerste hoofstuk geboei nie, maar ek was ongeduldig om die boek klaar te lees. Elke onderbreking het my omgekrap. Ek was vasgenael tot op die laaste blad en toe het ek tevrede met my dag voortgegaan.
Die boek is goed afgewerk ten opsigte van taalgebruik, leestekens en die skryfster praat die taal wat deur ons volksmond gebruik word. Haar beskrywing van aanlyntegnologie is puik. Die karakters is elkeen beskryf met sy eie voorkoms en karakter. Die boek het ‘n pragtige liefdesstorie en ‘n goeie ketting van gebeurtenisse. Die leser word nie een keer verveel nie. Jy moet net elke bladsy verder lees om te sien wat volgende gebeur. Die spanning bou op om te sien of Sonja en Marius bymekaar gaan uitkom. Die skryfster se humorsin is puik en getuig van goeie smaak.
Hierdie boek is die boek met ‘n gelukkige einde. Beide mans en vrouens kan hierdie boek geniet, en glo my, julle sal. Die twee hoofkarakters se keuse oor hul ideale lewensmaat, maak hierdie boek ‘n storie waarin jy jouself kan uitleef. Die einde het dalk ‘n traan tot gevolg.
Ek het die elektroniese weergawe op my selfoon gelees en die vertoon op die klein skerm was sonder enige probleme. Hierdie boek is goed, so dat dit op my selfoon bly, sodat ek dit weer kan lees in daardie situasies waar jy iewers moet wag of vertraag is. Ek sal dit beslis weer lees.
Ek is nie in staat om enige negatiewe punte uit te wys nie, want daar is nie. Flamingcrystal mag maar ‘n boek skryf.


  • Share on Tumblr
  •  

Vier Resensies deur Flamingcrystal

Flamingcrystal Softly Whisper het vir my vier resensies gedoen. Lees self die artikel.

(Kliek hier.)

  • Share on Tumblr
  •  

The Power of Free: How to Sell more E-Books

Giving away e-books can boost sales for indie authors.

(Check article here.)

  • Share on Tumblr
  •  

Flamingcrystal Softly Whisper

FSWHierdie is my eerste artikel oor ‘n ander skrywer, vir wie ek as skrywer groot respek gekry het.

Flamingcrystal Softly Whisper.

Besoek gerus haar blad by (kliek hier).

Sy het op haar blad ‘n paar boeke wat gerus afgelaai en gelees kan word vir ure en ure se leesgenot. Ek is nou met haar laaste boek besig en ek kan dit moeilik neersit.

Die skrywer maak seker dat sy jou as leser bind, al is die boek dalk nie jou onderwerp van keuse nie. Sy slaag daarin met elke boek. Die leser word van die begin af geboei en vermaak tot die einde toe. Haar boeke het almal gelukkige eindes. Sy versorg haar boeke tegnies goed. Dit is waarde aangesien jy die boeke gratis kan aflaai. Sy is bekend in skrywerskringe.

Ek gaan haar boeke se resensies wat ek gedoen het volgende op my blad publiseer.

  • Share on Tumblr
  •  

Fantasieë / Fantasies.

Ek het dikwels gewonder oor fantasieë. Is fantasieë werklike begeertes of is dit net ontvlugting vanuit die realiteit?
Ek het met my boek Ilse 28 vrouens gevra oor hul siening van ‘n verhouding of huwelik tussen ‘n ouer vrou en ‘n jonger man. 24 Het dit ten sterkste afgekeeur. Ek verwys na hul antwoord. Ek het die indruk gekry hulle vind dit totaal en al onaanvaarbaar. Tog het my boek Ilse, redelik goed gedoen. Ek wonder nou of dit nuuskierigheid is en of dit dalk ‘n gekoesterde fantasie is. Wie sal weet? My soorgelyke verhale, Paula en Pauline vind geluk, vaar ook baie goed.

I have often wondered about fantasies . Is fantasies real desires or is it just an escape from reality? I asked before writing my book Ilse, 28 women about their view of a relationship or marriage between an older woman and a younger man . 24 Expressed a strong no. I refer to their answer. I got the impression they find it totally unacceptable. But my book Ilse , did quite well. I wonder now if it was curiosity and whether it might be a cherished fantasy. Who knows? My similar stories , Paula and Pauline found happiness, performed well .

  • Share on Tumblr
  •