Webblad herstel

Na my webblad vir ‘n tyd lank buite werking was, is dit nou weer werkend.

Na die opdatering van WordPress na weergawe 6, het sommige plugins nie meer gewerk nie. Ek het ook gesukkel om in te kom by my CP Panel, maar nou is alles herstel. My grootste frustrasie was toe ek uitgevind het dat my kommersiƫle knoppiemaker nie meer gewerk het nie. Ek het toe oorgeskakel na MaxButtons, die gratis weergawe en dit werk net so goed.

Ek kan nie meer ‘n prentjie oor die knoppie in MaxButtons plaas nie, maar die program maak voorsiening vir gradiante as agtergrond, in die kleure wat jy self kan kies, en ook die kleure as jy die knoppie indruk. Die teks verander ook van kleur. Wat kan ek meer voor vra? Ek is so tevrede.

Ek het van ContactForm 7 oorgeskakel na WPForms en ek is so tevrede. Jy kan soveel meer doen. Dit wou nie pos stuur nie, maar na en WP Mail SMTP suksesvol opgestel het, loop my pos nou glad deur.

Posted in Skryf / Writing.

Johan Crous