Diep Roetes – Velma Barnard

fb_img_1481441183352

Ek is bevoorreg om deur die skryfster, Velma Barnard vereer te word met ‘n kopie van haar digbundel.
Sjoe! Ek is regtig beïndruk. Sy raak die leser se siel aan met haar woorde. Sy kry reg wat ek nie kan doen nie. Sy spreek boekdele met ‘n enkele gedig. Sy doen dit met elke gedig wat sy in hierdie bundel saamgevoeg het. ‘n Enkele sinsnede plaas die hele beeld helder in my oë asof ek dit voor my sien.
Ek beveel hierdie boek met die grootste vrymoedigheid aan. Dit is ‘n boek wat my beelwat plesier verskaf en een van daardie boeke wat ek weer en weer gaan lees.
Velma, jy mag maar dig en ek is geëerd om jou as deel van my vriendekring te hê.

[fbcommentssync]