Mar-Leo Publiseerders se laatsomer pryse

Die span van Mar-Leo Publiseerders het weereens die nuutste pryse beding, met alle kostes ingesluit.

Lees artikel Hier.

  • Share on Tumblr
  •  

Marleo se boekbekendstelling op 10 Maart 2018

Lees gerus die artikel hier.

  • Share on Tumblr
  •  

Gelukkig / Happy

So lyk ‘n gelukkige vrou / This is the look of a happy lady.

Sy is dit eens dat Marleo Publiseerders se boeke net van die heel beste gehalte is. Dit is die rede waarom sy eerder die dik omnibusse verkies het/ Sy weet hulle gaan hou. She knows that the quality of the books of Marleo Publishers are the best. That is the reason she chose the thicker omnibus versions. She knows the pages will not come apart.

  • Share on Tumblr
  •  

Eerste

My eerste boek in Engels het verskyn! Dit is die vertaling van Daardie Nag en heet Fatal Night. Hier is ‘n gelukkige kliënt wat haar eksemplaar by amazon.com of smashwords.com aangeskaf het. Jy kan ook. Kyk op my blad by Engelse boeke. Vir EFT kan u ons by die kontakblad kontak.

My first book in English is published! It is the translation into English of Daardie Nag. Here is a happy customer who purchased her copy from amazon.com or smashwords.com. You can too. Look on my page of English books. To purchase via EFT, contact us via the contact page.

  • Share on Tumblr
  •  

My broer se Vrou is uit net voor Kersfees!

Die lang verwagte boek, My broer se Vrou,  is uit, net voor Kersfees. Beide die slapband en elektroniese weergawe is plaaslik beskikbaar. Diegene wat van kredietkaarte gebruik maak, kan deur amazon.com of smashwords.com koop. Kontak ons deur die kontakblad. Die boek is gedruk deur Marleo Publiseerders in hul gebruiklike top gehalte.

The long expected bok, My broer se Vrou, is out, just before X-mas. Both the paperback and electronic versions are locally available. Those who wish to purchase per credit card, can do so via amazon.com or smashwords.com. Contact us through our contact page. The book is published by Marleo Publishers, in their usual best of quality.

  • Share on Tumblr
  •  

Waarmaker

En Mar-Leo doen dit steeds. Die eerste nege maande van die jaar is pas verby en Mar-Leo het reeds meer as 100 nuwe publikasies gepubluseer. Die publikasies wissel van minimum bestellings, tot selfs bestellings van 1 000 boeke op ‘n keer.

Menige skrywer en digter se drome en ideale is reeds hierdie jaar deur Mariëtte waar gemaak met haar diens, produkte, goeie pryse en eerlike diens. Dit klink na baie boeke, maar tog is die omkeertyd gemiddeld slegs twee weke. Skrywers wag nie maande soos by sommige ander drukkers of uitgewers nie, maar slegs so kort. Jy kry eers jou proef boek om te verifieër voor die finale oplaag gedruk word. Verskeie van hierdie gedrukte boeke is al by hul tweede en derde oplaag. Verkope loop goed, want by Mar-Leo word die skrywers nie aan hul lot oorgelaat nie, maar hul boeke word ook bemark.

Skrywers het ook gemoedsrus want die boeke is van die beste gehalte. Geen kortpad word gevat ten opsigte van gehalte nie. Jy weet ook jou boek is in jou naam geregistreer en nie soos by sommige ander drukkers of publiseerders in hul eie name nie.

Veels geluk Mariëtte. Ek het reeds my keuse gemaak om my boeke by Mar-Leo te publiseer. Kyk hier om die artikel te lees.

Ek het reeds by betroubare bronne gehoor dat Mar-Leo Publiseerders nog hierdie jaar nuwe winskopies gaan uitbring, waar jy boeke teen spesiale afslagpryse kan laat druk. Ons wag in spanning.

Van gemoedsrus gepraat, jy kan gerus navraag doen by die Staatsbibliiteek of jou boek geregistreer is en in wie se naam. Kontak vir Me. Magret Kibido per vonkpos by Magret.Kibido@nlsa.ac.za, of skryf na die Staatsbiblioteek by Posbus 397, Pretoria 0001, of skakel haar by Tel. +27 (0)12) 401 9718 en Faks: +27 (0)12) 325 5984.

  • Share on Tumblr
  •