Liandi Joubert se debuut digbundel op pad

Dit is met groot opwinding dat ek Liandi Joubert se debuut digbundel aan my lesers en vriende bekendstel. Ek was die bevoorregte posisie gegun om die boek te kon lees as ‘n “ARC” leser (Advance Reader Copy).

Die digbundel in Engels het my stoutste verwagtinge oortref. Ek kon nie my belofte nakom om die boek na ‘n eBoek te verwerk nie, want ek moes dit eers klaar gelees het. Die eerste gedig het my totaal en al gevang.

Dames lesers gaan na hul asems snak. Dit is ‘n bundel van erotiese gedigte wat die liefde, hunkering, en ervaring sensueel uitbeeld. Die skrywer slaag daarin om met ‘n paar woorde die hele beeld voor die leser se oog te laat afspeel.

Welgedaan Liandi. Jy verdien ‘n 5 uit 5 met jou eerste boek. Sodra in druk, gaan ek vir my versameling ook een aanskaf.

Ek plaas die skakels sodra dit beskikbaar is.

Opdatering:

Kry dit hier.

Sien Goodreads.com se resensie deur my hier.

Mar-Leo Publiseerders

Ek kan Marleo Publiseerders met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. Hulle stap nie net die ekstra myl met jou saam nie, maar ek kry net die heel beste uit hulle uit:

• Vinnige diens
• Raad en bystand
• Bekostigbare pryse
• ISBN nommer
• proeflees
• Uitstekende gehalte drukwerk.
• En nog meer