Flamingcrystal se resensie oor Awakening

Flamingcrystal se resensie oor Awakening deur Jeremy Laszlo

Die resensie oor Jeremy Laszlo se boek Awakening (Childrens of the After, #1).

  • Share on Tumblr
  •  

Kort, losstaande verhale / Short single stories.

Kliek hier / Click here – The case for very short stories (an article).

  • Share on Tumblr
  •  

Dejavu & Destiny resensie deur Elsa Naudé.

Na die onlangse vrystelling van Flamingcrystal se vlagskip van boeke, haar treffer bundel, Dejavu & Destiny, begin die resensies inkom namate meer mense die boek lees. Hier is die resensie van Elsa Naudé op goodreads.com.
After the recent release by Flamingcrystal of her anthology of two books, Dejavu & Destiny, her flagship, the reviews are coming in as more readers are reading the book. Here is the reviewe on goodreads.com.

Die oorspronklike artikel kan hier gelees word.

The original article can be read here.

Ek het hierdie boek aangeskaf omdat ek ‘n ander skrywer se resensie gelees het. Fantasieverhale was nog nooit my idee van boeke nie. Flamingcrystal het my verras. Ek het binne die eerste tien persent van die boek geweet ek sal nie in staat wees om op te hou voor ek dit nie klaar gelees het nie.
Die tema van ewige liefde wat eeue span is werklik aan my opgedis en ek het dit ook baie geniet. Die onwerklike element van fantasie het sy as ‘n werklikheid aan my voorgelê. Ek het ook ‘n traan in beide boeke moes afvee. Die skrywer moet ‘n liefdevolle mens wees om die liefde so mooi te projekteer. Sy het my nie een keer verveel nie. Die hoofstukke wat nie nommers het nie maar name is nogal mooi en dinge maak meer sin as wat nommers sou doen. Hierdie boek sal ek beslis op my hardeskyf bewaar om weer ‘n keer te lees. Ek sal graag so liefgehê wil word soos wat Angela en Beryl liefgehad is.
Ek het hierdie boeke be-oordeel met ‘n punt van 4.6 en derhalwe moet ek dit ‘n volle vyf gee. Ek beveel hierdie boek aan vir lesers wat soos ek nie juis aan fantasie glo nie. Nou het sy my oorreed om nog fantasie boeke aan te durf. Die komende winter gaan ek my lang eensame aande met fantasie deurbring. Ek wag geduldig vir haar volgende boek.

  • Share on Tumblr
  •  

How to open, read and review your eBook files before publishing online.

Lees gerus hierdie artikel op myebook. Dit is nogal van toepassing op indie skrywers soos ek.

Read this article on myebook. This is quite relevant on indie authors like me.

Kliek hier / Click here

  • Share on Tumblr
  •  

Resensie: Dejavu en Destiny deur FSW

3D-Book-Template_DejavuDestiny

(5 Ster).

Destiny en Dejavu, is ‘n bundel van twee liefdesverhale, vanuit die pen van Flamingcrystal Softly Whisper. Dit is gebasseer op die fantasie genre.
Die verhaal bied die leser die liefde tussen twee mense wat oor verskeie eeue strek en waar die twee voor verskeie struikelblokke te staan kom. Hulle reïnkardineer om mekaar weer te kan liefhê.
Die boek spring vinnig weg en beweeg vinnig van land tot land en situasie na situasie. Die skryfster maak nie gebruik van tradisionele hoofstukname nie, maar elke hoofstuk gee ‘n beskrywing wat ‘n opskrif het en die boeke verstaanbaar en sin laat maak.
Die plotte van beide boeke is meesterlik uitgedruk. Die skryfster moes baie moeite gedoen het om ‘n plot aan die leser oor te dra wat nie net sin maak nie maar interessant en boeiend is. Van boeiend gepraat, beide boeke boei die leser baie vroeg in die verhaal en dan kan die boek nie neergesit word voor jy die laaste blad nie eers klaar gelees het nie. Die boek is lankal klaar gelees terwyl die verhaal steeds in kop bly maal en jy hoop en bid die skrywer bring nog ‘n boek uit oor hierdie twee se liefde.
Fantasieverhale kry dikwels kritiek by gebrek aan die vermoeë om die fantasie gedeelde geloofwaardig uit te beeld. Hierdie skrywer slaag een honderd persent daarin. Ek is self ‘n skrywer en het al my skryfwerk eenkant geskuif om eers hierdie boek te geniet.
Die boek is goed versorg en die verhaal vloei goed. Die karakters word baie deeglik geprojekteer. Hierdie verhaal is weereens een van daardie verhale wat jy nie lees wat gebeur nie, die skryfster plaas jou daar. Jy beleef alles self, uit jou eie oë.
Welgedaan FSW. Ek hoop van harte jy gaan ‘n derde boek in hierdie reeks uitbring. Hierdie twee boeke kan afsonderlik ook gelees word. Ek beveel dit met die grootste vrymoedigheid aan. Enige kritiek teen die boek? Ja, daar is nie nog nie!

Kry dit gratis hier:


  • Share on Tumblr
  •  

Twitter Tweet

Gisteraand op Twitter ontvang.
@neverforgetElsa
Geskryf aan
@johancrous1
One of the reasons I’m happy I know how to read Afrikaans is because of the stories by this author…
5:01pm – 2 Apr 16

https://mobile.twitter.com/neverforgetElsa/status/716279382696919041?s=04

  • Share on Tumblr
  •