Leoni word groot.

ISBN 978-0-620-67448-5 (e-pub)
ISBN 978-0-620-67449-2 (mobi)

As skooldogter bewonder Leoni du Plessis haar sportheld, die Springbok rugbyspeler, Altus Van Tonder, alias Blits Van Tonder. Sy is ook op sosiale media met hom bevriend.

Wanneer ‘n motorongeluk sy bene eis moet hy ophou speel en sy verloofde, die model, los hom summier. Blits verdwyn van die samelewing en Altie die kreupel wrak verskyn. Leoni spoor hom op op sosiale media en hulle bly vriende. Hy verwerp wat geneeshere sê en begin homself rehabiliteer.

Hy wyk na die platteland en word Leoni se buurman. Hy oefen bedags op Marius se grasvelde, omdat dit sagter is om op gras te val en makliker om teen die heinings op te staan, dit is natuurlik dat Marius hom na sy naweek braai sal nooi. Leoni maak die deur oop en is geskok om haar held by die deur te sien.

Sy raak lief vir Altie die mens. Sy gebrek pla haar nie, en hy onderrig haar in wiskunde. Leoni het hom aanvaar soos hy is, maar hy wil nie aanvaar wees nie, hy wil gekies wees. ‘n Misverstand skei hulle van mekaar en dit breek Leoni se hart. Sy besef sy het te vêr gegaan en hom veroordeel sonder dat hy homself kon verdedig. Sy het ‘n aanname gemaak en verkeerd geoordeel. Leoni begeer hom met haar hele hart, sy hoop so hulle kom weer bymekaar en dat hy haar sy vrou sal maak.

Interaktief

Die elektroniese weergawe is interaktief. U as leser kan met die kies van ‘n skakel kies of u die erotiese of romantiese weergawe wil lees, met ander woorde, u kan kies of u die boek met of sonder beskrywende seks wil lees.

Goodreads.com

Goodreads.com resensies:

Johnny Weizmuller (4 Ster).

Hierdie boek gaan oor klein Leoni van Yolanda se beurt faam. Sy is op hoërskool en ontluik in ‘n vrou.
Die skrywer skryf nogal akkuraat oor haar lewe as tiener om op sosiale media ‘n held te hê. Hy gee ook die beskrywing akkuraat as sy hom ontmoet. Sy beskrywing is redelik akkuraat oor die stryd wat Altus het om weer te kan loop. Ek lei af dat sy eie omstandighede hom daaraan laat dink het.
Dit is logies dat namate hul verhouding groei, die twee die behoefte sal ontwikkel om seks te hê, maar hul besluit om te wag word beproef. Leoni se liefde word mooi beskryf en die skrywer maak dat die leser haar liefkry.
Die misverstand wat tot die breuk lei word goed geprojekteer. Die leser voel hoe sy dink, en tog is die leser ook jammer vir die onskuldige Altus.
Die skrywer beskryf die hereniging baie goed en ook die herstel en die vordering wat hy maak. Die res van die boek is soos die leser dit wil hê, die groot vraag en wanneer hulle die eerste keer intiem word na hy haar eers gevra het om met hom te trou en hulle verloof geraak het. Haar verhouding met haar moeder word goed beskryf en die leser word verras na Altus sy eerste keer en sy laaste keer vir sy Leoni gelieg het. Haar aankondiging na hul laaste bakleiery in die boek bring weer ‘n knop in die keel.
Die gebruik van die karakters van Yolanda se beurt, maak hierdie boek soveel lekkerder om te lees. Ek is geensins teleurgesteld in hierdie boek nie. Ek het reeds my volgende een aangeskaf

Elsa Naudé (4 Ster).

‘n Pragtige verhaal van ‘n jong vrou wat van skoolbanke af groei tot ‘n volwasse vrou. Hul verhouding gaan ook deur hul probleempies. Hul liefde is so mooi en staan deur die storm. Die versoekings is maar daar, maar hulle hou by hul besluite.
Die skrywer gee weer sy verrassing op die einde en laat die boek besonders mooi eindig. Elsa

Koop:

Elektronies:


Amazon Icon Leoni
Teen $3.41 (mobi weergawe) of $10.99 (slapband).

EFT kopers, kontak my deur die kontakblad (Amazon.com se slapband weergawe uitgesluit).

Slapband:

Amazon Icon Leoni_CS

Teen $10.99 (Slapband).

EFT is nie vir Createspace moontlik nie.

 

Back

  • Share on Tumblr
  •