Die koekieboek

‘n Hele boek oor ‘n vrou se koekie!

 Lees die volle artikel hier.
’n Unieke boek vol intieme feite en fabels

Hierdie klein wonderwerk – die vagina, is heeltemal te lank in geheimhouding gehul en skromelik verwaarloos. Nie meer nie! Die Koekieboek is ’n kunstig saamgestelde gebruikershandleiding wat hierdie taboe uit die weg wil ruim en vroulike selfbemagtiging bevorder. Die boek, met meer as 100 smaakvolle kleurfoto’s en illustrasies, bied ’n verfrissende perspektief op dié verborge skat.

Ontdek fassinerende feite, geniet seldsame en interessante historiese brokkies soos die bisarre geskiedenis van voorbehoeding, eksperimenteer met boskasiedekorasie, leer meer oor dogtertjies se dingetjies, puberteit, die maagdevlies en die G-kol en kry die jongste wenke oor intieme gesondheid en sorg.

Die Koekieboek is informatief, lighartig en op die vrou af. Dit is gebaseer op goed nagevorsde mediese inligting en dus iets wat vroue met hul dogters, kleindogters en geliefdes kan deel. Gebruik dit as jou intieme gids en metgesel op die lewensreis – vanaf kindsbeen tot en met die menopouse, en daarna …

[fbcommentssync]

The First Page by Linda, the Daily Druid

The importance of the impression made on the reader by the first page of every book.

Read the original article here.

The thing is, when a reader picks up your book, your first page carries the very heavy responsibility of grabbing their interest and not letting go for anything – every line must make the reader want to read the next, or it doesn’t belong there. When I’m sampling a book, I generally read until I don’t want to any more. If I’ve made it to the end of the first page and I’m still interested, I’ll buy the book, or at least add it to my reading list. If I lose interest somewhere before that, I put the book back and move on. And we all know it, I’m not the only one who samples books in a similar manner.

Your first page should:

  • Hook the reader.
  • Introduce your protagonist.
  • Make your readers care.
  • Hint at conflict.

[fbcommentssync]

Dejavu & Destiny resensie deur Elsa Naudé.

Na die onlangse vrystelling van Flamingcrystal se vlagskip van boeke, haar treffer bundel, Dejavu & Destiny, begin die resensies inkom namate meer mense die boek lees. Hier is die resensie van Elsa Naudé op goodreads.com.
After the recent release by Flamingcrystal of her anthology of two books, Dejavu & Destiny, her flagship, the reviews are coming in as more readers are reading the book. Here is the reviewe on goodreads.com.

Die oorspronklike artikel kan hier gelees word.

The original article can be read here.

Ek het hierdie boek aangeskaf omdat ek ‘n ander skrywer se resensie gelees het. Fantasieverhale was nog nooit my idee van boeke nie. Flamingcrystal het my verras. Ek het binne die eerste tien persent van die boek geweet ek sal nie in staat wees om op te hou voor ek dit nie klaar gelees het nie.
Die tema van ewige liefde wat eeue span is werklik aan my opgedis en ek het dit ook baie geniet. Die onwerklike element van fantasie het sy as ‘n werklikheid aan my voorgelê. Ek het ook ‘n traan in beide boeke moes afvee. Die skrywer moet ‘n liefdevolle mens wees om die liefde so mooi te projekteer. Sy het my nie een keer verveel nie. Die hoofstukke wat nie nommers het nie maar name is nogal mooi en dinge maak meer sin as wat nommers sou doen. Hierdie boek sal ek beslis op my hardeskyf bewaar om weer ‘n keer te lees. Ek sal graag so liefgehê wil word soos wat Angela en Beryl liefgehad is.
Ek het hierdie boeke be-oordeel met ‘n punt van 4.6 en derhalwe moet ek dit ‘n volle vyf gee. Ek beveel hierdie boek aan vir lesers wat soos ek nie juis aan fantasie glo nie. Nou het sy my oorreed om nog fantasie boeke aan te durf. Die komende winter gaan ek my lang eensame aande met fantasie deurbring. Ek wag geduldig vir haar volgende boek.

[fbcommentssync]