Die koekieboek

‘n Hele boek oor ‘n vrou se koekie!

 Lees die volle artikel hier.
’n Unieke boek vol intieme feite en fabels

Hierdie klein wonderwerk – die vagina, is heeltemal te lank in geheimhouding gehul en skromelik verwaarloos. Nie meer nie! Die Koekieboek is ’n kunstig saamgestelde gebruikershandleiding wat hierdie taboe uit die weg wil ruim en vroulike selfbemagtiging bevorder. Die boek, met meer as 100 smaakvolle kleurfoto’s en illustrasies, bied ’n verfrissende perspektief op dié verborge skat.

Ontdek fassinerende feite, geniet seldsame en interessante historiese brokkies soos die bisarre geskiedenis van voorbehoeding, eksperimenteer met boskasiedekorasie, leer meer oor dogtertjies se dingetjies, puberteit, die maagdevlies en die G-kol en kry die jongste wenke oor intieme gesondheid en sorg.

Die Koekieboek is informatief, lighartig en op die vrou af. Dit is gebaseer op goed nagevorsde mediese inligting en dus iets wat vroue met hul dogters, kleindogters en geliefdes kan deel. Gebruik dit as jou intieme gids en metgesel op die lewensreis – vanaf kindsbeen tot en met die menopouse, en daarna …

[fbcommentssync]

Posted in Skryf / Writing.

Johan Crous