Resensie

Farao se Seun is my tweede boek oor antieke Egipte en spog nou reeds met ‘n 5 gemiddelde gradering. Ek weet nie wat ek anders gedoen het in hierdie boek nie.

Webblad herstel

Na my webblad vir ‘n tyd lank buite werking was, is dit nou weer werkend.

Na die opdatering van WordPress na weergawe 6, het sommige plugins nie meer gewerk nie. Ek het ook gesukkel om in te kom by my CP Panel, maar nou is alles herstel. My grootste frustrasie was toe ek uitgevind het dat my kommersiële knoppiemaker nie meer gewerk het nie. Ek het toe oorgeskakel na MaxButtons, die gratis weergawe en dit werk net so goed.

Ek kan nie meer ‘n prentjie oor die knoppie in MaxButtons plaas nie, maar die program maak voorsiening vir gradiante as agtergrond, in die kleure wat jy self kan kies, en ook die kleure as jy die knoppie indruk. Die teks verander ook van kleur. Wat kan ek meer voor vra? Ek is so tevrede.

Ek het van ContactForm 7 oorgeskakel na WPForms en ek is so tevrede. Jy kan soveel meer doen. Dit wou nie pos stuur nie, maar na en WP Mail SMTP suksesvol opgestel het, loop my pos nou glad deur.

Marianne

Marianne is so pas deur die redigeringstadium en sal binnekort lewendig wees vir lees.

Eben Le Roux, die suksesvolle ingenieur en sanger staan ‘n onderhoud toe aan die hoogs suksesvolle redaktrise van ‘n vroue tydskrif, Marianne Van Heerden. Sy vind Eben en sy vrou die volmaakte paartjie. Hy gee haar alles wat haar hart begeer. Wanneer Chantal haar geluk in die arms van ‘n veel jonger man soek, is hy gebreek en wanneer hul paadjies skei, glo hy hy gaan alleen loop.
Marianne se huweluk is gesond en haar man Tommy maak al haar drome waar. Wanneer hy na al die jare instem dat hulle na die Kaap kan verhuis, ken haar geluk geen perke nie. Eben, as huisvriend, help hulle om fabriekspasie vir hul drukkery te kry. Wanneer haar man in ‘n ongeluk sterf, tuimel haar geluk inmekaar. Sy wil nie getroos word nie. Tommy was haar alles.
Gaan twee gebroke siele mekaar kan troos? Sal hulle weer geluk kan ervaar?

Eerste terugvoer:

Jolandie S:
More Johan, baie dankie vir Marianne, dis was sooo mooi storie. Ek het vanoggend tot 2-uur gelees omdat ek nie die boek wou neersit nie.
Vir my onthalwe kon die boek nog 200 blaaie gehad het… Dankie vir jou stories.
Lekker skryf.

Elzette S:
Môre, dit was nog jou beste.
Wil nie gehad het dit moet eindig nie.
3-uur vanoggeng klaar gelees…………..
Puik puik.
Jou skryfstyl is iets uit ‘n ander wêreld.
Moenie ophou nie.
God gawe talent, of jy het ‘n goeie verbeelding.

LW:
Hierdie boek gaan oor ‘n liefdesdriehoek en die gepaardgaande hartseer en seerkry. Daar is verskeie verwysings na seks en wat gebeur. Die drie beskrywende tonele het ek die beskrywende seks verwyder in die romantiese deel. Dit is daar, maar ek beskryf dit nie in detail nie. Tydens die ontrouheid verwys ek na wat gebeur, maar ek gee nie ‘n beskrywing in detail nie.
Die leser kan kies of hy of sy die boek met of sonder die drie beskrywende tonele van seks wil lees.

Lekkerlees 2 beskikbaar

Lekkerlees 2, met twee splinternuwe liefdesverhale is nou beskikbaar. Die boek is interaktief en die leser kan met die kies van ‘n skakel kies of hulle met of sonder seks wil lees.