Marianne

Marianne is so pas deur die redigeringstadium en sal binnekort lewendig wees vir lees.

Eben Le Roux, die suksesvolle ingenieur en sanger staan ‘n onderhoud toe aan die hoogs suksesvolle redaktrise van ‘n vroue tydskrif, Marianne Van Heerden. Sy vind Eben en sy vrou die volmaakte paartjie. Hy gee haar alles wat haar hart begeer. Wanneer Chantal haar geluk in die arms van ‘n veel jonger man soek, is hy gebreek en wanneer hul paadjies skei, glo hy hy gaan alleen loop.
Marianne se huweluk is gesond en haar man Tommy maak al haar drome waar. Wanneer hy na al die jare instem dat hulle na die Kaap kan verhuis, ken haar geluk geen perke nie. Eben, as huisvriend, help hulle om fabriekspasie vir hul drukkery te kry. Wanneer haar man in ‘n ongeluk sterf, tuimel haar geluk inmekaar. Sy wil nie getroos word nie. Tommy was haar alles.
Gaan twee gebroke siele mekaar kan troos? Sal hulle weer geluk kan ervaar?

Eerste terugvoer:

Jolandie S:
More Johan, baie dankie vir Marianne, dis was sooo mooi storie. Ek het vanoggend tot 2-uur gelees omdat ek nie die boek wou neersit nie.
Vir my onthalwe kon die boek nog 200 blaaie gehad het… Dankie vir jou stories.
Lekker skryf.

Elzette S:
Môre, dit was nog jou beste.
Wil nie gehad het dit moet eindig nie.
3-uur vanoggeng klaar gelees…………..
Puik puik.
Jou skryfstyl is iets uit ‘n ander wêreld.
Moenie ophou nie.
God gawe talent, of jy het ‘n goeie verbeelding.

LW:
Hierdie boek gaan oor ‘n liefdesdriehoek en die gepaardgaande hartseer en seerkry. Daar is verskeie verwysings na seks en wat gebeur. Die drie beskrywende tonele het ek die beskrywende seks verwyder in die romantiese deel. Dit is daar, maar ek beskryf dit nie in detail nie. Tydens die ontrouheid verwys ek na wat gebeur, maar ek gee nie ‘n beskrywing in detail nie.
Die leser kan kies of hy of sy die boek met of sonder die drie beskrywende tonele van seks wil lees.

Liandi Joubert se debuut digbundel op pad

Dit is met groot opwinding dat ek Liandi Joubert se debuut digbundel aan my lesers en vriende bekendstel. Ek was die bevoorregte posisie gegun om die boek te kon lees as ‘n “ARC” leser (Advance Reader Copy).

Die digbundel in Engels het my stoutste verwagtinge oortref. Ek kon nie my belofte nakom om die boek na ‘n eBoek te verwerk nie, want ek moes dit eers klaar gelees het. Die eerste gedig het my totaal en al gevang.

Dames lesers gaan na hul asems snak. Dit is ‘n bundel van erotiese gedigte wat die liefde, hunkering, en ervaring sensueel uitbeeld. Die skrywer slaag daarin om met ‘n paar woorde die hele beeld voor die leser se oog te laat afspeel.

Welgedaan Liandi. Jy verdien ‘n 5 uit 5 met jou eerste boek. Sodra in druk, gaan ek vir my versameling ook een aanskaf.

Ek plaas die skakels sodra dit beskikbaar is.

Opdatering:

Kry dit hier.

Sien Goodreads.com se resensie deur my hier.

My broer se Vrou is uit net voor Kersfees!

Die lang verwagte boek, My broer se Vrou,  is uit, net voor Kersfees. Beide die slapband en elektroniese weergawe is plaaslik beskikbaar. Diegene wat van kredietkaarte gebruik maak, kan deur amazon.com of smashwords.com koop. Kontak ons deur die kontakblad. Die boek is gedruk deur Marleo Publiseerders in hul gebruiklike top gehalte.

The long expected bok, My broer se Vrou, is out, just before X-mas. Both the paperback and electronic versions are locally available. Those who wish to purchase per credit card, can do so via amazon.com or smashwords.com. Contact us through our contact page. The book is published by Marleo Publishers, in their usual best of quality.

[fbcommentssync]

4 Op ranglys / 4 on ranking list

Collage_01

 

Vier van my boekies was vandag op amazon.com se 100 top verkopers.
Verwronge wraak – #7
Die Spanjaard – #44
Omnibus 2 – #53
Pauline vind geluk – #56
Ek is maar nog ‘n beginner. Het eers in Julie verlede jaar my eerste boek gepubliseer.

Kry dit by amazon.com:

Verwronge wraak : kliek hier  om af te laai.

Die Spanjaard : kliek hier om af te laai.

Omnibus 2 : kliek hier om af te laai.

Pauline vind geluk : kliek hier om af te laai.

 

[fbcommentssync]