{"id":1701,"date":"2017-08-20T07:38:23","date_gmt":"2017-08-20T05:38:23","guid":{"rendered":"http:\/\/johancrous.co.za\/?p=1701"},"modified":"2017-08-22T17:38:17","modified_gmt":"2017-08-22T15:38:17","slug":"kies-jou-publiseerder-en-drukker","status":"publish","type":"post","link":"http:\/\/johancrous.co.za\/?p=1701","title":{"rendered":"KIES JOU PUBLISEERDER \/ UITGEWER EN DRUKKER."},"content":{"rendered":"<p style=\"text-align: justify;\">Elke skrywer kom een of ander tyd in sy of haar skryfloopbaan, voor die keuse, waar om sy of haar boeke te publiseer en te druk. Die oorgrootte meerderheid van skrywers is nie so gelukkig om &#8216;n borgskap van &#8216;n publiseerder te kry nie en is gevolglik op sy of haar eie genade oorgelaat.<br \/>\nDie maklikste opsie vir so &#8216;n persoon is om self te publiseer; eintlik is dit die enigste opsie wat oorbly. Die meeste skrywers wil nie slegs aanlyn publiseer nie, maar wil graag in druk ook publiseer, om sy of haar eie boek in drukvorm te kan vashou en in &#8216;n versameling te plaas in sy of haar eie boekrak. Die goedkoopste opsie bly natuurlik sagteband. Die koste van hardeband is maklik dubbeld soveel om te druk, en selfs meer.<br \/>\nVerskeie aanlyn publiseerders maak gebruik van die opsie, &#8220;Druk op aanvraag.&#8221; Hier word die skrywer die geleentheid gegun om sy of haar boek te formateer volgens die publiseerder se riglyne en die koper kan die boek aanlyn bestel. Die boek word gewoonlik binne enkele dae gedruk en versend volgens die prysopsie wat die koper kies. Die koper moet vooruit betaal, wat verstaanbaar is. As die drukker duisende boeke moet druk, waar die koper uit die transaksie onttrek, kan hulle nie winsgewend wees nie.<\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Hierdie druk op aanvraag boeke is volgens algemene mening bekend daarvoor om goedkoop te wees en ook van swak gehalte te wees. Die papier is dunner as standaard en die drukwerk skyn deur, wat die lees van die boek bemoeilik. Die omslag is dun papier of dun karton, en krul te maklik om. Die ontwerp van die voorblad is van swak gehalte en doen eerder afbreuk aan die boek as om dit te adverteer. Die hoofrede is omdat die skrywers van die aanlyn omslag ontwerp program gebruik maak, en die opsies beperk is. Ook natuurlik omdat hy of sy onervare is. Die boek se omslag is dikwels nie gelamineer nie. Daar is twee keuses van laminering vir gehalte boeke, glans en mat, met wasagtige afwerking. Die heel swakste opsie het geen laminering nie. Die boeke se bladsye kom los, of die boek breek in stukke, by die rugkante. Daar is oormatig baie spelfoute. Hierdie foute is maar net &#8216;n paar algemene klagtes oor die gehalte van slapband boeke.<br \/>\nGeagte skrywer, wil jy werklik die kans waag om bekend te word daarvoor dat jy swak gehalte boeke verkoop? Of wil jy gekenmerk word dat jou boeke van swak gehalte is? Wil jy onthou word as iemand wat sy lesers &#8220;verneuk&#8221; of &#8220;verkul&#8221; het met swak gehalte? Jy kan hierdie reputasie opdoen of verdien, sonder dat dit enigsins jou voorneme was.<\/p>\n<h2 style=\"text-align: justify;\">Ek kyk na die volgende punte in die gehalte en vereistes van &#8216;n boek, en faktore wat pryse kan be\u00efnvloed:<\/h2>\n<h3>Papier en ink.<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Die minimum dikte van papier wat ek sal aanbeveel is 70 gram per vierkante meter. Ons kry dit nie maklik in Suid-Afrika nie en gevolglik is 60 gram of 80 gram meer geredelik beskikbaar. 60 Gram is te dun en ek beveel dit glad nie aan nie. Ek verkies 80 gram, wit papier, met &#8216;n gladde afwerking. Die papier wat plaaslik beskikbaar is in skryfbehoefte winkels of supermarkte, verpak vir rekenaars, is geskik. Dit is nie net spierwit en 80 gram nie, maar is ook almal ewe dik, ewe groot en baie glad vir gehalte drukwerk. Drukwerk sal nie deurskyn van die agterkant af nie.<br \/>\nWanneer &#8216;n foto album gedruk word, beveel ek dikker en beter gehalte papier aan. Vir digbundels en fiksie is die 80 gram papier ideaal.<br \/>\nDie skrywer moet in ag neem dat papier in standaard groottes verpak word, in pakke van 500 bladsye in die algemeen, in A5, A4 en A3 groottes. Daar is ander groottes te kry, maar dit is nie so algemeen te kry nie.<br \/>\nSommige publiseerders druk op gelerige kleur papier om ou papier na te boots. Dit is nie baie realisties nie, alhoewel sommige mense dit sagter op die o\u00eb mag vind.<br \/>\nDaar is drukkers wat die sogenaamde spotgoedkoop verhale van 50 bladsye uitgee en dit is dikwels op papier gedruk soortgelyk aan koerantpapier, om koste te spaar en die boekies hou nie lank nie. Hierdie opsie het sy plek, want dit is &#8216;n goedkoop kopie vir iemand wat &#8216;n boek net een keer lees en dan sommer weggooi of weggee.<br \/>\nInk wat spuit, trek in die papier in en jy sien die drukwerk aan die ander kant deurskyn. As jy met swetwerige vingers aan die geskrif raak, smeer dit. Die enigste ink wat oorweeg kan word is die laser tipe wat as poeier op die papier vasgebrand word.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-01.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1702\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-01-300x293.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1563\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-01-300x293.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-01-768x750.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-01.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Goeie gehalte ink op 80 gram papier. Daar is geen deurskyning te bespeur nie. Die geskrif is duidelik leesbaar en vertoon netjies.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-02.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1705\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-02-300x274.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1459\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-02-300x274.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-02-768x701.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-02.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Hier is \u2018n ligter tipe ink gebruik, want die papier is 60 gram. Die geskrif is ligter, maar skyn steeds deur. Hierdie boek is \u2018n kommersi\u00eble druk op aanvraag boek wat Internasionaal beskikbaar is. Dit is \u2018n 6 x 9 grootte.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-03.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1707\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-03-300x257.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1372\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-03-300x257.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-03-768x659.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-03.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Hier vergelyk ek die twee met mekaar. Regs is die 80 gram papier en links die 60 gram papier.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-04.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1709\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-04-300x276.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1473\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-04-300x276.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-04-768x707.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-04.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Hier is \u2018n voorbeeld van \u2018n ingevoerde boek, gedruk op lae gehalte papier. Die papier is nie wit nie, maar tog aanvaarbaar. Die geskrif skyn geensins deur nie. Die boek hou steeds al sy blaaie na ongeveer 30 jaar. Ek het hierdie boek tweedehands gekoop en dit reeds drie keer gelees.<\/em><\/p>\n<h3>Grootte.<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">&#8216;n Boek met A4 bladsye is dubbeld so groot as &#8216;n boek van A5 en gevolglik is die papier dubbeld so duur. Die A5 papier egter, vooraf gesny, kos tot soveel as 80% as wat A4 kos. Gevolglik is die gebruik om vier bladsye dwars op A4 te druk en dit dan in die helfte te sny. Dit werk meer ekonomies uit op papier, maar die nadeel is dat daar heelwat meer arbeid betrokke is. Die voordele oortref egter die nadele, want dit is die algemene praktyk.<br \/>\nSuid-Afrika, is wat eenheid betref, \u2018n metriese land, en gevolglik gebruik ons die A-grootte papier. Imperiale lande gebruik duim, waarvan die 6\u201d x 9\u201d die gewildste is. A5 se gelyke is na aan 6\u201d x 8\u201d (in werklikheid 148mm x 210mm). Die 6 x 9 grootte is ook baie gewild soos in menige boekwinkel aangetref word, veral onder ingevoerde boeke. As u egter hierdie grootte verkies in Suid-Afrika, moet van A4 papier gebruik word, en die buitenste gedeeltes word dus weggegooi na dit afgesny is. Heelwat geld word so vermors.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-05.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1713\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-05-300x226.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1208\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-05-300x226.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-05-768x580.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-05.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Hier is die 6 x 9 grootte links en die A5 regs. U kan duidelik die verskil in grootte sien.<\/em><\/p>\n<h3>Rugkant en gom.<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Slapband boeke word gegom aan die rugkant, en dit is die metode om die koste af te bring. Sommige boeke is in klein boekies gevou en aan die rugkant gestik en dan gegom. Dit is heelwat sterker en meer duursaam, maar dit is nie koste-effektief nie. Dit is ongelooflik duur.<br \/>\nDie gom wat gebruik word is gom wat met hitte gesmelt word en dan oor die rugkant aangewend word en die boeke word dan in die gevoude omslag ingevoeg en onder druk toegelaat om af te koel en te set. Baie plaaslike drukkers maak nie die gom warm genoeg nie, wend dit te dun aan of haal die boek te vining uit die pers. Gevolglik val die boek gou uitmekaar of kom van die bladsye los. Dit gebeur nogal algemeen en is die oorsaak dat daar \u2018n stigma kleef aan plaaslik gedrukte slapband boeke.<br \/>\nDie rugkant van die boek is waar die bladsye met hierdie lagie gom aan die omslag vasgegom word en die karton se dikte is van groot belang on te keer dat die papier hier skeur en die boek so uitmekaar val.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-06.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1715\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-06-300x215.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1147\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-06-300x215.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-06-768x551.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-06.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Hier is \u2018n pragvoorbeeld van \u2018n goeie gehalte boek. Die omslag is dik, die hoeke is skerp en die gom in dik. Kyk ook hoe netjies is die boek se kante gesny, eweredig, gelyk en haaks.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-07.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1717 size-full\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-07.jpg\" alt=\"\" width=\"743\" height=\"1068\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-07.jpg 743w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-07-209x300.jpg 209w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-07-712x1024.jpg 712w\" sizes=\"(max-width: 743px) 100vw, 743px\" \/><\/a>Hierdie boekie is ingevoer uit Brittanje en het gou-gou uitmekaar geval. Die bladsye het losgekom. Die boekie is agterna met staal kramme aanmekaar geheg en kon so gered word en is steeds in my versameling.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-08.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1719\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-08-300x126.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"672\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-08-300x126.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-08-768x323.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-08.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a>Die merkies kan gesien word waar die stukke van die boek losgekom het. Ek sal beslis twee keer dink voor ek weer van hierdie drukkery se boeke aankoop. Dit is dalk \u2018n onregverdige stelling wat ek maak, want die bladsye kon losgekom het omdat ek die boek te v\u00ear oopgebuig het. U moet egter onthou dat een so \u2018n geval jou \u2018n reputasie kan gee.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-09.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1721 size-full\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-09.jpg\" alt=\"\" width=\"907\" height=\"1007\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-09.jpg 907w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-09-270x300.jpg 270w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-09-768x853.jpg 768w\" sizes=\"(max-width: 907px) 100vw, 907px\" \/><\/a>Hierdie boek is reeds dertig jaar oud en hou steeds. Die omslag is duursame papier wat die boek aanmekaar hou. Die gom weerstaan die drukking waaraan die boek blootgestel word deurdat dit so dik is, maar geen skade is nog te bespeur nie, al is die papier nie die heel beste gehalte nie.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><em><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-10.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1723 size-full\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-10.jpg\" alt=\"\" width=\"1000\" height=\"1057\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-10.jpg 1000w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-10-284x300.jpg 284w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-10-768x812.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-10-969x1024.jpg 969w\" sizes=\"(max-width: 1000px) 100vw, 1000px\" \/><\/a><\/em><em>Hierdie industri\u00eble katalogus is in A4 grootte met \u2018n goeie kwaliteit karton omslag. Dit was vir langer as twee jaar daagliks gebruik in die Ingeneursverskaffer winkel en dit hou steeds. Die gom is van goeie gehalte en die katalogus is in Suid-Afrika gedruk.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-11.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1725 size-full\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-11.jpg\" alt=\"\" width=\"1521\" height=\"915\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-11.jpg 1521w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-11-300x180.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-11-768x462.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-11-1024x616.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1521px) 100vw, 1521px\" \/><\/a><em>Hier is \u2018n voorbeeld van swak papier en swak gom. Hierdie boek het nie goed verouder nie en val heeltemal uitmekaar.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-12.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1727 size-full\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-12.jpg\" alt=\"\" width=\"1521\" height=\"749\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-12.jpg 1521w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-12-300x148.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-12-768x378.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-12-1024x504.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1521px) 100vw, 1521px\" \/><\/a><em>Nog \u2018n voorbeeld van \u2018n boek wat uitmekaar begin val.<\/em><\/p>\n<h3>Omslag.<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Dit is belangrik dat die omslag ten minste 300 gram papier is. Sommige publiseerders verskil van mening, maar hoe dunner, hoe gouer gaan dit meegee. Die omslag moet gelamineer word. Ek verwys hier na die boek se buitekant, nie die binnekant van die omslag nie.<br \/>\nDaar is twee tipes, die blink en die mat afwerking. Mat afwerking is buitensporig duur. Die blink afwerking is \u2018n dun lagie plastiek wat nie vergeel soos kleefband nie. Dit versterk ook die papier waar dit aan drukking blootgestel word aan die rugkant. Sommige drukkers verskaf slegs 160 gram omslae wat gelamineer is en dit krul nogal gou om en dan lyk die boek klaar naar.<br \/>\nDie gehalte van die omslag prentjie of foto kan jou boek maak of breek. Hier moet jy baie seker wees dat jou drukker goeie keuses maak, as jy hulle die werk laat doen. \u2018n Verbroude omslag kan heelwat minder verkope tot gevolg h\u00ea.<br \/>\nJou opsomming (\u201csynopsis\u2019) moet op die agterkant verskyn, anders gaan jou verkope merkbaar daal. Wie gaan \u2018n boek teen volprys betaal as jy nie kan sien waaroor die boek gaan nie? Die boek se titel moet ook op die rugkant pryk en duidelik leesbaar wees, sodat jy die boek maklik in \u2018n boekrak kan vind. Neem kennis, dat boeke dunner as 6mm, nie van geskrif op die rugkant voorsien kan word nie.<br \/>\nAs jy aan jou drukker jou eie omslag ontwerp voorsien, is die aanbevole grootte 2000 x 3000 pixels teen 300 dpi. 300 Dpi is 300 punte per duim (dots per inch). Minder as 300 dpi verminder die focus van wat op die omslag verskyn.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Wat kan jy van jou drukker verwag?<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek gaan reeds van die veronderstelling uit dat jy boeke wil laat druk om self te bemark en te verkoop.<br \/>\nEk verlang dat my drukker of uitgewer my van eerlike raad en advies sal voorsien. Ek verwag eerlikheid van my publiseerder.<br \/>\nWaar dit by die ISBN nommer se verkryging kom, verwag ek dat die publiseerder die boek in my naam sal registreer aangesien ek net die boek laat druk. Die publiseerder gee nie die boek uit of borg dit nie. Ek verwag die ISBN bewyse terug en ek verwag dat die drukker een boek (waar jy 100 of minder laat druk) by die Staatsbibliotreek sal inhandig as deel van die registrasieproses. Waar dit meer as 100 boeke is, moet die eksemplaar by 5 verskillende staatsbiblioteke ingehandig word. Weinig van die publiseerders of drukkers doen dit vir jou. Van hulle registreer die boek in hul eie name. Vir wat? Jy laat dan net by hulle druk.<br \/>\nEk verwag my volle hoeveelheid eksemplare. As ek 100 boeke laat druk en daarvoor betaal, verwag ek 99 boeke om na my te kom. Die drukker of publiseerder moet mos 1 by die Staatsbiblioteek inhandig. Sommige publiseerders hou verskeie boeke terug. Vir wat? Daar is geen rede daarvoor nie. Jy moet kry waarvoor jy betaal. Ek sal self verkoop, tensy ek &#8216;n ooreenkoms of kontrak het met die publiseerder as hy of sy van my boeke gaan verkoop.<br \/>\nAs ek my boek by \u2018n publiseerder laat voorberei, en ek betaal daarvoor, stofomslag ingesluit, is dit my eiendom, intellektuele eiendom ingesluit, want ek het daarvoor betaal. DIT IS NIE DIE PUBLISEERDER SE EIENDOM NIE! Daar is steeds publiseerders wat so werk. As hulle jou borg is dit egter regverdig dat hulle die intellektuele reg op die omslag mag behou. Ook in gevalle waar betaal word om die foto van \u2018n derde party te mag gebruik. Hier verwys ek na gevalle dat jy vir die gebruik betaal, sonder dat die intellektuele reg joune word.<br \/>\nWaar ek betaal vir redigering en proeflees, verwag ek dat gehalte gelewer word en dat die spelfoute reggestel word. Baie skrywers kla dat sommige publiseerders hulle laat betaal en dan is die spelfoute steeds daar. Waarvoor het jy dan betaal?<br \/>\nBy proeflees wil ek graag die volgende uitwys:<br \/>\nJy mag dalk skryf \u2018n persoon woon in Sewende Straat, maar jou proefleser wys uit dit moet wees Sewendestraat. In ons taalgebruik is daar soms keuses en straat name is hierby ingesluit. Volgens ons Spelwoorde en Taalre\u00ebls kan dit op vier wyses geskryf word, en die skrywer het die keuse: Sewende Straat, Sewendestraat, 7de Straat en 7destraat. Rivierstraat is byvoorbeeld dieselfde, daar is twee wyses van skryf, Rivier Straat en Rivierstraat, maar as daar \u2018n rivier langs die straat loop, is dit altyd twee woorde. So as jy een metode verkies en iemand anders verkies die ander metode, beteken dit nie dat jy \u2018n spelfout gemaak het nie.<br \/>\nEk verwag \u2018n redelike omdraai tydperk. As my boek klaar geredigeer is verwag ek die boek moet binne twee weke gedruk word, nie eers na \u2018n paar maande nie. As die publiseerder vir my \u2018n sperdatum gegee het, verwag ek dat hy of sy daarby hou. Ek het immers daarvoor betaal.<br \/>\nEk verwag dat my boek by my afgelewer sal word as ek dit oor lang afstand bestel. My publiseerder moet my meer as een opsie gee en ek sal self kies. Sommige publiseerders vra ten duurste vir aflewering, maar agterna is dit per gewone pos gestuur wat net \u2018n fraksie van die koste is wat betaal is.<br \/>\nEk kies \u2018n publiseerder met wie ek \u2018n besigheidsverhouding kan handhaaf. Ek wil die vrymoedigheid h\u00ea om versoeke te mag rig, byvoorbeeld, ek wil net 25 boeke druk of 150. En nie net 100 of 1000 nie. Ek wil self my keuses kan maak oor uitleg en nie net oordonder word dat elke keuse my meer geld gaan kos nie.<br \/>\nEk verwag dat ek \u2018n proefboek kan kry as deel van die pakket, sodat ek eers kan kyk of dit reg is volgens uitleg, gehalte, omslag, ensovoorts.<br \/>\nEk verwag dat ek afslag kry waar ek alles self doen ten opsigte van uitleg, redigering, proeflees, omslag onwerp en uitleg.<br \/>\nEk verwag dat my dokument behoorlik soos internasionale standaarde, reg rondom justeer (\u201cJustified\u201d) is.<br \/>\nWanneer ek \u2018n herdruk doen, hoef ek mos nie weer te betaal vir uitleg nie, dit is mos reeds gedoen. Ek verlang daardie afslag. Die meeste publiseerders hef daardie uitgawe weer.<\/p>\n<h3 style=\"text-align: justify;\">Wat verwag die publiseerder van my?<\/h3>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek moet vir die publiseerder volle besonderhede kan gee voor ek \u2018n kwotasie kan verwag. Hieronder is die besonderhede wat ek voorsien, sodat die publiseerder presies kan weet hoeveel bladsye hy of sy voor moet kwoteer:<br \/>\n\u2022 A5 grootte<br \/>\n\u2022 172 bladsye (Ariel skrif teen 12 grootte \u2013 sluit vier bladsye vir aanhef, kopiereg, opsomming en erkenning in).<br \/>\n\u2022 Grense (kante se spasi\u00ebring) is reeds uitgel\u00ea.<br \/>\n\u2022 Omslag sal klaar klaar ontwerp wees (alle fotos sal aangeheg wees)<br \/>\n\u2022 Speltoets reeds gedoen<br \/>\n\u2022 Boek sal in pdf opgestel word sodat die uitleg verseker is.<br \/>\n\u2022 ISBN is reeds verkry of moet verkry word<br \/>\n\u2022 Hoeveelheid verlang<br \/>\n\u2022 Dikte van omslag en hoe gelamineer.<br \/>\n\u2022 Woonadres of waarheen besending versend moet word.<br \/>\nNou sal die publiseerder vir my kan kwoteer. Ek verwag nie addisionele heffing vir speltoets, redigering of omslagontwerp nie. Dit bly ook my intellektuele reg na druk en ek verwag al my kopie\u00eb (minus wat by Staatsbiblioteek ingehandig word).<br \/>\nDit het geen waarde as ek vir my publiseerder s\u00ea en het 80 (45\u00a0000 woorde) bladsye A4 geskryf teen Ariel 12 nie.<br \/>\nDie publiseerder kan nie ruik hoeveel lynspasies, hoeveel paragrawe of dialoog jy gebruik het nie. In die eerste persoon geskryf, kan die boek in A5 dalk 140 bladsye beslaan omdat dit minder dialog beslaan en die paragrawe lank is, of 230 bladsye, omdat die boek in die derde persoon geskryf is met baie paragrawe en heelwat meer dialog. Die drukker kan nie vir jou kwoteer vir 140 bladsye en dan is dit 230 bladsye nie. Wees realisties en doen eers jou huiswerk voor jy pryse vra.<\/p>\n<h2 style=\"text-align: justify;\">HOEKOM MAAK EK MY KEUSE?<\/h2>\n<p>DIe groot vraag.<\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-13.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1729\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-13-275x300.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"1744\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-13-275x300.jpg 275w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-13-768x837.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-13-940x1024.jpg 940w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-13.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a><em>Hierdie boek is die eerste boek wat ek aanskou het, wat gedruk is deur Mar-Leo Publiseerders. Dit voldoen aan al die vereistes wat ek genoem het en ek het onmiddellik besluit ek wil my naam koppel aan hierdie kwaliteit.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: center;\"><a href=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-14.jpg\"><img loading=\"lazy\" class=\"aligncenter wp-image-1731\" src=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-14-300x166.jpg\" alt=\"\" width=\"1600\" height=\"884\" srcset=\"http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-14-300x166.jpg 300w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-14-768x425.jpg 768w, http:\/\/johancrous.co.za\/wp-content\/uploads\/2017\/08\/Druk-14.jpg 1024w\" sizes=\"(max-width: 1600px) 100vw, 1600px\" \/><\/a><em>Hier is my versameling boeke, 19 van die 24 wat tot dusv\u00ear gepubliseer is. Die laaste 7 is by Mar-Leo in druk en ek kan nie meer wag om dit te onvang nie. Die 3 links en die 1 in die middle is A5 en hulle is gedruk by Mar-Leo. Die ander is deur \u2018n groot publiseerder gedruk op druk-op-aanvraag uitleg en is 6 x 9 grootte. Die druk op aanvraag kwaliteit weeg nie op teen Mar-Leo se gehalte nie. Ek wil van nou af al my drukwerk by Mar-Leo laat doen.<\/em><\/p>\n<p style=\"text-align: justify;\">Ek vertrou vir Mari\u00ebtte, wie by Mar-Leo werk. Sy het nog net altyd eerlik met my gewees en sy het my ISBN nommers in my naam aangevra, op haar onkoste. Haar omdraaitydperk met die laaste groot bestelling was slegs een week. Ek herhaal: EEN WEEK. Ek weet van ander skrywers wat al drie maande vir hul drukwerk by ander publiseerders wag.<br \/>\nHaar pryse is uiters billik. By herdruk vra sy my nie weer kostes vir uitleg nie. Mari\u00ebtte gee my ook advies ten opsigte van my boeke en bestellings. Sy adviseur my ook ten opsigte van pryse en dienste van koeriers.<br \/>\n\u2018n Eksemplaar van my boek Vergelding, het ek geskenk aan \u2018n tehuis vir bejaardes se biblioteek. Die boek is nou al deur meer as 40 mense gelees en steeds is nie een bladsy los nie. Dit getuig van die gehalte van Mar-Leo Publiseerders.<br \/>\nEk het nou al met ses persone gepraat wat hul boeke by Mar-Leo laat druk het, en almal is dit eens dat die gehalte onberispelik is en 3 van hulle se boekbekendstellings, het ek bygewoon, wat Mari\u00ebtte gere\u00ebl het.<br \/>\nMari\u00ebtte bemark die boeke ook op haar webblad en vra niks daarvoor nie. Sy gebruik ook ander media vir bemarking. Die meeste van haar kli\u00ebnte laat herdruk oplae doen, want sy bemark haar skrywers se boeke en hulle verkoop.<br \/>\nHaar boekbekendstelling funksies is \u2018n belewenis om by te woon. Sy het die diens, waar sy die omslag aan die skrywer oorhandig, geraam, en dit word nou deur ander uitgewers slaafs gena-aap.<br \/>\nEk hanteer my eie grafiese ontwerpe en ek stel my eie omslae op, maar Mar-Leo Publiseerders kan hierdie diens teen bekostigbare pryse aanbied en ek kan hul diens en prys met die grootste vrymoedigheid aanbeveel. As hulle jou adviseer dat \u2018n uitleg nie gaan werk nie, kan jy dit maar aanvaar. Hulle is kenners op hul gebied, nie mense wat jou uitbuit en jou net sal paai om in jou goeie boekies te bly nie. Hul dienste ten opsigte van proeflees is ook billik en akkuraat.<br \/>\nEk gaan nie maklik na \u2018n ander uitgewer oorskakel nie. My reputasie as skrywer, gaan ek nie blootstel aan swakker gehalte nie. Daar is uitgewers wat reeds bekend is daarvoor dat jy as skrywer nie eers met hulle moet praat nie. Wees versigtig en dink voor jy jou keuse maak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elke skrywer kom een of ander tyd in sy of haar skryfloopbaan, voor die keuse, waar om sy of haar boeke te publiseer en te druk. Die oorgrootte meerderheid van skrywers is nie so gelukkig om &#8216;n borgskap van &#8216;n publiseerder te kry nie en is gevolglik op sy of haar eie genade oorgelaat. Die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_links_to":"","_links_to_target":""},"categories":[4],"tags":[81,80,79,78,6,77,67,72,76,71],"_links":{"self":[{"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1701"}],"collection":[{"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=1701"}],"version-history":[{"count":21,"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1701\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1738,"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/1701\/revisions\/1738"}],"wp:attachment":[{"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=1701"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=1701"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"http:\/\/johancrous.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=1701"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}