René vorder goed.

Vriende en vriendinne, ek het vêr genoeg gevorder om die voorblad van my komende ou Kaapse verhaal ten toon te stel. Hierdie boek nader ook sy einde.

Vier jaar is baie lank, lewenslank, om ‘n galeislaaf te wees. René se beste vriend, Gerhardt Pawels het hom oorrmpel en as galeislaaf verkoop op die aand wat René vir Willemien Van der Toorn wou vra om met haar te trou. Na hy suksesvol ontsnap en oom André, die graaf Moreau, ook help onsnap, neem oom Andréhom aan as sy seun en word hy die jong graaf Alphonso Moreau. Dit is die ideale vermomming om terug te keer en sy eiendom terug te kry en Pawels en sy trawante te laat boet.

Willemien kan nie van René vergeet nie en besef later dat die lewe voortgaan. Sy raak na drie en ‘n halwe jaar aan Gerhardt verloof, want sy wil graag kinders hê. Gerhardt weet sy het steeds vir René lief. Hulle gaan op ‘n ooreenkoms trou.

Willemien is onmiddellik aangetrokke tot die jong graaf Moreau. Hy herrinner haar so baie aan René en krap haar gemoed om. Hy soen net soos René en hy dans net soos hy. Wanneer hy haar verlei, weet sy, sy wil eerder met hom trou.

Wanneer die jong graaf en Gerhardt bots, kom baie na die swaardgeveg kyk. Daar maak Willemien ‘n skokkende ontdekking en weet René is nou vir haar verlore. Hoekom is die lewe so wreed?

Sal hulle ooit bymekaar kan kom? Hoe gaan sy hom oortuig sy het hom lief, nie vir Gerhardt nie?

Vergelding 2 nader sy voltooiing

Vriende en vriendinne, ek is maar stil, maar ek kan met trots aankondig dat my volgende boek, Vergelding 2, binnekort vrygestel sal word. Dit gaan oor slawerny en mensehandel:

Kaptein Lizette Jonker is uit haar nate toe sy gekies word om die motordiefstal sindikaat te ondersoek wat net 4×4 nutsvoertuie steel. Sy kry ‘n finominale span bymekaar en begin vroeg vordering maak in die saak. Sy is trots op wat sy sovêr bereik het en ook daarop dat sy menige geharde misdadiger weggebêre het om hul lewens in die tronk te slyt.
Dit is ‘n baie groot skok toe sy ontdek dat sy uit onkunde vir De Hartog, die veroordeelde verkragter, onskuldig tronk toe gestuur het. Hy is verbitterd toe hy uit die tronk kom, want hy het alles verloor, en besluit om sy lewe daaraan te wy om slawerny teen te werk.
Lizette begin ‘n reeks ontvoerings ondersoek, min wetende dat JJ De Hartog dit ook ondersoek. Sy kom te naby aan die skurk vir sy gemak en hy laat haar en haar vriendin, Lienkie, ook ontvoer. Haar enigste hoop is dat JJ haar sal kry.

Wenner: SMS kompetisie nr. 3

Baie geluk aan Anne-Marie Nagel, die wenner van ons derde SMS kompetisie. Sy is getrek uit 169 inskrywings.

Die eksemplaar van “My broer se vrou” volg eersdaags in die pos.

Hou hierdie spasie dop vir die volgende kompetisie vir ‘n eksemplaar van “Vergelding.”

Kokomo Radio – die beter radiostasie!


Vriende, Kokomo radio is die radiostasie wat ek regtigwaar kan aanbeveel. Jacquelene Louwrens en Anell Fourie speel nie net die heel beste musiek nie, maar hulle ondersteun ook plaaslike kunstenaars en gebeurtenisse. Selfs ons skrywers word ondersteun. Kokomo radiostasie het al twee onderhoude met my gevoer. Baie dankie julle. Hulle speel ook dikwels my versoeke vir gunsteling liedjies. Dit is die radiostasie wat jou nooit sal verveel nie.

Besoek hulle aanlyn  hier, waar u ook na hulle kan luister.

Luister na hulle op tunein hier.

Of besoek hulle op facebook hier.

[fbcommentssync]